AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Raak kalanders en kewers so

Die bestryding van kalanders en kewers - van die ernstigste probleme vir wingerdboere - kos jaarliks derduisende rande. Omdat die wynbedryf die IPW (die skema vir die geïntegreerde produksie van wyn) onderskryf, word plaagbestrydingsopsies deur IPW-riglyne bepaal.

Die mees algemene kalander (snuitkewer) by wyndruiwe is die gebande vrugtekalander (Phlyctinus callosus) wat elke wingerdboer so goed ken. Maar hier hou hul probleme nie op nie. Verskeie ander soorte, soos Eremnus cerealis (WP-graanwurm), E. setulosus (grys snuitkewer) en Bustomus setulosus (wingerdkalander) gee ook vir boere baie probleme.

Kalanders val botsels en jong groei vroeg in die groeiseisoen aan, en later word jong korrels, trosstingels en blare ook gevreet, sê me. Elleunorah Allsopp van die LNR Infruitec-Nietvoorbij se Instituut vir Vrugte, Wingerd en Wyn op Stellenbosch.

Kalanders kan op verskeie maniere in wingerde oorleef. Hulle lê hul eiers op verskeie onkruide wat algemeen in wingerde voorkom. Die kalanders se larwes ontwikkel en teer op die wortels van die onkruid.

Die gebande vrugtekalander verkies om sy eiers in onkruid soos Italiaanse raaigras (Lolium multiflorum), smal weëblaar (Plantago lanceolata), harige skaapslaai (Hypochoeris radicata) en Paspalumgras (Paspalum dilatatum) te lê. Eiers word ook gevind in hol wortels van kikoejoegras en die hol stingels van witklawer (Trifolium repens ). In die wortels en stamme is die eiers goed beskerm teen ongunstige omgewingsfaktore en moontlike bespuitings met insekdoders.

Eiers word hoofsaaklik in die vroeë lente (September tot Oktober), somer (November tot Januarie), en herfs (Maart tot Mei) gelê. Die eiers word in die lente gelê deur volwasse kalanders wat in die winter op die onkruid oorleef het.

Sodra die eiers uitbroei, beweeg die jong larwes in die grond in en vreet aan die plantwortels. Papievorming vind in die grond plaas en die jong volwasse kalanders kruip dan later na die grondoppervlak om bogronds aan plante te vreet.

Volwasse kalanders is snags bedrywig en skuil bedags onder los bas, in trosse, in die deklaag van blare en net onder die grondoppervlak. Hulle kan nie vlieg nie en kan net by die wingerdloof uitkom deur op te kruip teen die wingerdstam, ander plantegroei, pype, draad of prieëlpale.

Kalanders kom deur die hele jaar in wingerde voor, maar hulle verlaat die wingerdstokke sodra die blare afgeval het om dan op 'n onkruid, soos smal weëblaar - 'n baie gesogte gasheerplant - te teer.

Me. Allsopp sê vreetskade aan botsels word gewoonlik toegeskryf aan die botselvreter-kalander (Tanyrhynchus carinatus ). In die laaste twee tot drie seisoene het produsente in die omgewing van die Agter-Paarl, Durbanville en in die Swartland egter probleme ondervind met ander kewertjies wat aan botsels van wingerd vreet.

Die afdeling Biosistematiek van die LNR se Navorsingsinstituut vir Plantbeskerming (LNR-NIPB) het dié kewertjies geïdentifiseer as 'n Gasterantrodes-spesie, wat behoort tot die familie Chrysomelidae , beter bekend as blaarkewers.

Min is oor die lewensiklus van dié kewertjies bekend. Werk word nou gedoen om die identiteit van dié spesie te bepaal en meer oor die lewensiklus van dié kewer in wingerde uit te vind, sê sy.

Die volwasse kewertjies kom gewoonlik van September of Oktober af in wingerde voor. Dit lyk of hulle bedags tussen dooie blare op die grond, of net onder die grondoppervlak, skuil. Party skuil skynbaar ook onder los bas in ou stokke.

Die kewertjies is snags bedrywig en vreet botsels en jong blaartjies wat besig is om te ontvou. Hulle is al saans op verskeie onkruide opgemerk, maar dit is onbekend of hulle wel op dié onkruid teer.

In gebiede en wingerde waar dié kewertjies al probleme veroorsaak het, bepaal die riglyne vir bestryding volgens die IPW dat die wingerde, veral tydens September en Oktober, gereeld (weekliks) gemonitor moet word - ook vir vreetskade. Geen chemiese bestrydingsmiddel is egter teen dié plaag geregistreer nie.

Waar getalle hoog is en die gevaar bestaan dat ál die ogies van stokke uitgevreet kan word, kan besmette stokke of besmette kolle in wingerde behandel word met 'n middel wat vir kalanderbestryding geregistreer is. Botsels moet goed bedek word.

Me. Allsopp sê die inheemse gasheerplante van dié kewertjies is nog onbekend, maar soos in die geval van kalanders, sal goeie onkruidbestryding en deklaagbewerking waarskynlik help om die voorkoms van dié plaag te verminder.

Bestryding in wingerd

Enige bestryding van kalanders moet volgens riglyne van die IPW (die skema vir die geïntegreerde produksie van wyn) gedoen word, sê me. Elleunorah Allsopp, van die LNR Infruitec-Nietvoorbij.

Dié skema beveel byvoorbeeld nie dekbespuitings met sintetiese piretroïede aan nie. Dié middels het 'n baie wye spektrum van aktiwiteit wat baie skadelik vir wingerdplae se natuurlike vyande is, en dit kan lei tot die uitbreek van sekondêre plae soos rooispinmyte.

Besmette kolle moet liefs behandel word.

Die belangrikste vereiste vir geïntegreerde plaagbestryding is monitering, want dit vorm die basis waarop besluitneming oor bestryding berus. Wanneer monitering aandui dat bestryding nodig is, moet die aanwendingsmetode en middels met inagneming van IPW-kodering gekies word sodat die impak op die omgewing en die punte vir die spuitprogram so laag moontlik gehou word.

Goeie onkruidbestryding en deklaagbewerking kan help om die voorkoms van kalanders en Gasterantrodes-kewertjies te verminder.

Onkruidgashere wat gesog is vir die lê van eiers en wat ook as voedingsbronne dien, moet bestry word. Deur dekgewasse te vestig wat nie gasheerplante vir kalanders is nie, kan die voorkoms van kalanders in die wingerd verder verminder word, meen me. Allsopp.

Dekgewasbewerking hou heelwat voordele in, waaronder die verminderde gebruik van onkruiddoders, die verbetering van grondstruktuur, die voorkoming van grondverdigting, beter waterindringing sowel as verminderde waterafloop en gronderosie. Dit verskaf ook skuilplek en alternatiewe voedselbronne aan wingerdplae se natuurlike vyande gedurende die winter.

Dekgewasse soos hawer, rog of korog moet in die werkry geplant word. Onkruiddoders moet gebruik word om die bankies vry van onkruid te hou, veral in die herfs en winter. Bankies kan ook met 'n strooideklaag onkruidvry gehou word.

Me. Allsopp sê IPW-riglyne bepaal dat wingerde van middel September of begin Oktober (voor 'n lootlengte van 100 mm) weekliks vir tekens van kalanderbesmetting gemonitor moet word.

In opgeleide wingerd moet die dooie, los bas van 20 stokke per hektaar - wat egalig deur die wingerd versprei is - verwyder word voor die lote 100 mm lank is. 'n Stuk geriffelde karton moet om die stam van elke stok vasgebind en weekliks geïnspekteer word. In bosstokwingerde kan opslaglote of jong groei weekliks vir tekens van kalandervreetskade gemonitor word. Soek ook na kalanders wat onder los bas, veral in mikke van ouer stokke, skuil.

Sodra die eerste kalanders opgemerk word, kan besmette stokke, kolle of blokke behandel word. Die volgende bestrydingsmaatreëls kan gevolg word:

  • Taai sperbande Plantex kan om stamme, ankers en opleipale gesmeer word om kalanders uit die stokke van opgeleide wingerde te hou.

  • Wanneer die kalanders die eerste keer verskyn, kan stam-, anker- en paalbespuitings met handstange ook gedoen word. Sowat 500 m van die spuitmengsel moet per stok toegedien word. Die stamme moet deeglik tot by die mik benat word. Middels met die aktiewe bestanddeel lambda-sihalotrin (20 m per 100 water) kan hiervoor gebruik word.
  • In bosstokwingerde en in opgeleide wingerd waar ernstige besmetting reeds tot in die wingerdloof gevorder het, moet 'n volledige dekbespuiting toegedien word. Dit moet gedoen word met 'n middel wat chlorfenapir as aktiewe bestanddeel bevat (35 m per 100 water).

  • As monitering daarop dui dat hoë besmetting steeds ná hierdie behandeling bestaan, kan 'n opvolgbehandeling drie tot vier weke later toegedien word.

  • Dit is belangrik dat dooie bas van stamme en mikke van ouer wingerdstokke verwyder word, want dit sal chemiese bestryding verbeter en skuilplekke vir kalanders in die wingerd verminder.
  • In bosstokwingerde is vroegtydige monitering en bestryding uiters belangrik. Deeglike benatting is noodsaaklik vir suksesvolle bestryding - daarom behoort handstange gebruik te word.

Me. Allsopp sê sperbande en stambehandelings sal net doeltreffend wees as geen takke en lote op die grond hang nie, en as onkruid of dekgewasse nie hoog genoeg is om alternatiewe toegang aan kalanders te gee nie.

Hoewel alle sintetiese piretroïede, soos lambda-sihalotrin of sipermetrien, 'n groot impak op natuurlike vyande het, word minder penalisasiepunte vir IPW toegeken as lambda-sihalotrin slegs as 'n stambehandeling in besmette kolle, eerder as 'n volledige dekbespuiting, aangewend word.

11 Oktober 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.30
-0.0%
Rand - Euro
18.70
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom. Ons skryf ons eie roman
Ek is Baie pisetiewe men's wat Al's Kan bied wat jy nie het nie kook goed braai leke kuier leke maak die beste koffie in die oggend
Let go and let God
Eks uniek met ñ twist😊. haat konflik en jaloesie. I'm a born again son of God🙌 soek vrede. geduld. en ek haat leuens
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot