
Promosie-artikel:
Die tydwaarde van geld is ’n konsep wat meer aandag verdien. Die basiese konsep behels dat R100 vandag meer werd is as R100 volgende jaar. Die rede hiervoor is dat daar rente verdien word op positiewe ballanse, en rente gehef word op negatiewe ballanse.
Dus, kontant kan belê word teen byvoorbeeld 6% vir een jaar, en gevolglik sal vandag se R100 teen volgende jaar R106 werd wees. Rasionele beleggers verkies daarom R100 vandag teenoor R100 volgende jaar.
As die konsep van rente ’n stap verder geneem word, kan daar onderksei word tussen nominale en effektiewe rentekoerse. Die 6% rente hierbo is die nominal rentekoers. Die effektiewe rentekoers verwys na saamgestelde rente-effek, wat ’n funkisie is van hoeveel keer per jaar die rente betaal, en dan herbelê, word.
As voorbeeld, gestel die 6% effektiewe jaarlikse koers word maandeliks saamgestel. Prakties beteken dit dat daar elke maand 6%/12, of te wel 0.5%, rente verdien word. In die eerste maand word dus R0.50 se rente vedien. In die tweede maand word daar dan 0.5% verdien op R100.50.
Teen die einde van die jaar is die totaal R106.18. Soos gesien kan word neem die eindwaarde toe as die frekwensie van samestelling toeneem van jaarliks na maandeliks. Die verskil is nie baie nie, maar elke bietjie help.
’n Tweede veranderlike wat impakteer op die som is die termyn. Gestel ’n belegger moet besluit waar om sy kontant te belê. Hy kan 6% per jaar op sy bankrekening verdien, of die geld in sy huislening deponeer, en sodoende die lening verminder. As die huislening se koers 10% per jaar beloop, lyk die somme as volg:
Dit maak dus baie meer sin om die kontant te gebruik om die huislening af te los. Bostaande berekenings help mens om die volgende aanhaling van Einsten te verstaan: “Compound interest is the eighth wonder of the world. He who understands it, earns it, he who does not pays it.”
’n Verdere handige berekening om te verstaan is hoe lank dit sal neem om ’n belegging te verdubbel. Die “Rule of 72” help hiermee. As ’n bankrekening ’n rentekoers van 6% verdien, sal dit 72/6 = 12 jaar neem om die geld te verdubbel. As ’n aandelerekening 15% per jaar verdien, sal die termyn 72/15 = 4.80 jaar wees, wat aansienlik korter is. Dit is dan juis ook die rede hoekom ’n deel van ’n belegger se fondse in aandele belê behoort te wees. Daar is natuurlik meer risiko in ’n aandelebelegging, en dit neem vyf dae om die kontant te kry nadat aandele verkoop is.
So ver as wat dit bankrekeninge betref, die onderstaande tabel dui aan watter tipe rentekoers beleggers behoor te verdien.
As beleggers nie ten minste die bostaande rentekoerse verdien nie, behoort daar ondersoek ingestel te word.
BVG Financial Solutions het ’n ooreenkoms met een van die groot vyf banke aangegaan wat dit in staat stel om bankrekeninge in kliënte se name oop te maak teen die bostaande rentekoerse. Geld in die rekening kan dan rondgeskuif op kliënte se instruksie.
- Edwin Smit is ’n portefeuljebestuurder by BVG Financial Solutions, ’n gemagtigde finansiële dienste verskaffer van die FSB (FSP 39 889), en ook ’n geregistreerde JSE-handelaar van BVG Commodities (Lid van die JSE). Sy kontakbesonderhede is: 012 484 4013 of edwin.smit@bvg.net. Lesers is welkom om hom te kontak om in te teken vir BVG se daaglikse valuta- en aandelemark-oggendverslae. BVG werk, onder meer, in assosiasie met Momentum SP Reid Securities. BVG werk oom saam met een van die top vyf banke om vir kliënte rekeninge met hoër rentekoerse oop te maak.