AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Reuse-mark wag in China, Indië

Die meer gegoede Chinese, Indiese en Russiese verbruikers vereis deesdae ook vrugte van die beste gehalte.

Die dae is verby dat verbruikers in dié lande, wat saam meer as 2,56 miljard mense het, tevrede is met minderwaardige produkte.

Dit is die boodskap wat duidelik na vore gekom het op die Eurofruit-konferensie wat in Kaapstad gehou is. Verteenwoordigers van dié drie lande het dit onomwonde gestel dat die gemiddeld-gegoede Indiese, Russiese en Chinese verbruikers vandag, net soos hul eweknieë in Wes-Europa en Amerika, ingestel is op vruggrootte, smaak, geur en voorkoms.

Me. Alice Chiu het gesê China is nou 'n lid van die Wêreldhandelsorganisasie, en die verwagting is dat tot 80 % van China se voedselverkope teen 2005 deur supermarkgroepe gehanteer sal word.

Mnr. Ambrish Karvat het gesê die opvatting bestaan nog in groot dele van die wêreld dat Indië se bevolking hoofsaaklik arm is en dus nie goeie produkte kan koop nie. Daar is vandag sowat 350 miljoen gegoede mense onder Indië se meer as 'n miljard inwoners. Daar is dus 'n reuse-mark vir puik varsprodukte in dié land en boonop is die helfte van die mense daar vegetariërs.

Hy het gesê die hoë invoerbelasting wat nou in Indië geld, sal waarskynlik binnekort daal, en dit sal die uitvoer na Indië stimuleer. Logistiek in dié land is nie 'n probleem nie.

Redelik min vrugte word in Indië self geproduseer. Op die oomblik is supermarkte nog uitsonderlik, maar na verwagting sal dit mettertyd die hoofstroom-voedselhandel oorneem.

Mnr.George Tchristiakov het gesê Rusland was tien jaar gelede nie so ingestel op gehalte nie en die politieke verandering het mense onder druk geplaas. Dit het egter nou verander. Mense sal vandag feitlik geen verskil sien tussen 'n Russiese supermark en 'n supermark in enige ander deel van Wes-Europa nie, en die Russiese verbruikers soek goeie produkte.

Die verbruik van vrugte en groente het die laaste paar jaar stewig in Rusland gegroei en 'n welvarender klas verbruikers het ontstaan.

(Lees ook berigte op bl. 115.)

5 September 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot