
’n Rooibosroete wat toeriste 'n besondere ervaring bied, is met die bekendstelling van Clanwilliam se 200ste bestaansjaar aangekondig.
Besoekers sal ’n rooibosplaas en/of verwerkingsaanleg kan besoek, en vir die geesdriftiges is daar aktiwiteite soos 4x4, draf, stap of voëlkyk tussen rooibosplantasies. Moet ook nie die rooibosgebak of teehuis met meer as 100 geure misloop nie Jy kan jou roete afsluit met verblyf op 'n rooibosplaas of in 'n gastehuis waar jy unieke gasvryheid sal ervaar. Die roete bied ook 'n goeie alternatief vir blomkykers wanneer die weer nie saamspeel nie.
Hierdie roete en webblad word op 14 Augustus op Clanwilliam bekend gestel. Kontak rooibos@netmar.co.za vir meer inligting.