AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
10008,8
-107,20
CORN
20 Mrt
-
4475,8
-25,20
SOYA
20 Mrt
-
8500
-108,00
SUNS
20 Mrt
-
9410
-228,00
WEAT
20 Mrt
-
6585
-54,00
WMAZ
20 Mrt
-
4151
-2,00
YMAZ
20 Mrt
-
4190,8
-10,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
0,00
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
0,00
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,00
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
0,00
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
0,00
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
0,00
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
0,00
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,00
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
0,00
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
0,00
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,00
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
0,00
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,00
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
0,00
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
0,00
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
0,00
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,00
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
0,00
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,00
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,00
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
0,00
Deel

Roete bring landbou, markte byeen

Goeie buurmanskap maak boerdery lekkerder. Met ’n roete wat oor 415 km met die N3-hoofweg strek, vanaf Cedara tot by Heidelberg, is die N3 Tolkonsessie (N3TC) aangrensend tot honderde plase en tientalle gemeenskappe. Dié roete het egter ’n veel groter storie.

Om tolgeld te betaal is nie altyd ’n plesier nie. Die werklikheid is egter dat die bou en onderhoud van provinsiale en streekspaaie, insluitende hoofweë, dikwels veel te wense laat. ’n Goeie pad kos geld en goeie bestuur van mense wat omgee.

Met N3TC agter die stuur is die N3-hoofweg ’n roete van wêreldgehalte wat ekonomiese groei ondersteun. Tolgeld word teruggeploeg in die onderhoud van die pad en padverbruikers se veiligheid, die gemeenskappe wat langs die roete bly en om skuld te delg.

Die N3 is een van die ekonomies belangrikste roetes in Suid-Afrika. Dit verbind die hawe by Durban met die binne­land vanuit die ooste.

Vir die landbou en verwante bedrywe is dit ’n lewensaar wat kos en landbouprodukte tussen markte vervoer. Dit is ook belangrik vir die invoer van landboumasjinerie en bedryfsmiddele wat per skip in Durban of Richardsbaai aankom.

Skade aan vrag

Slaggate, slegte padoppervlakke, onvoldoende onderhoud van paaie en hoë ongeluksyfers wat regstreeks verband hou met die toestand van ’n pad, eis jaarliks sy tol aan menselewens en miljoene rande se skade aan voertuie. Skade aan vrag is ’n bykomende las op die landbou, maar op die N3-tolroete word dinge anders gedoen.

N3TC se padingenieurs en onderhoudspersoneel maak seker elke kilometer op die roete is in ’n puik toestand. Nie net maak dit die pad veiliger nie, maar dit beskerm die produk in die vragruim teen vervoerskade. Jou uitvoervrugte wat sonder kneusplekke in die hawe aankom, is daarom veel belangriker as die paar rand wat jy aan tol bestee.

“Vanjaar sal N3TC sowat R525 miljoen bestee aan die opknapping en onderhoud van die N3-tolpad,” sê mnr. Neil Tolmie, uitvoerende hoof van N3TC.

Patrollies

“Ons het ook ’n heeltydse patrollievoertuigdiens. Ons gebruik ses voertuie wat die hele roete deurentyd patrolleer.”

Dié voertuie bied hulp aan gestrande motoriste en is toegerus met basiese herstel-, noodhulp- en skoonmaaktoerusting. “Kyk dus uit vir ons geel Roete­patrollievoertuie. Hulle het verlede jaar ’n totale afstand van 1,78 miljoen km afgelê tot diens van ons kliënte. Hulle doen uitstekende werk om deur hierdie proaktiewe diens veilige kilo­meters vir almal te bied.”

N3TC se “Langplaas” het soortgelyke uitdagings en uitgawes as wat ’n plaas van dieselfde grootte sou hê as dit kom by die onderhoud van die meer as 400 km op die roete.

Ken mekaar

“Ons ken die meeste van ons bure op hul naam. Daar is goeie kommunikasie en ons gebruik dikwels boere se hulp wanneer ons hulp nodig het met take, soos brandpadonderhoud of die sny van gras,” sê Neil.

Vele hande maak ligte werk danksy hierdie goeie samewerkingsooreenkomste met die landbougemeenskap. Só word grassny- en baalwerk teen betaling deur die meeste aangrensende plase namens N3TC gedoen. Die tolkonsessie het vanjaar hierdie grasbale aan droogtegeteisterde boere in die Vrystaat geskenk.

“Ons het ’n verantwoordelikheid teenoor die landbougemeenskap en wil help waar ons kan. Ons ondersteun ook projekte, soos ons bewaringsinisiatiewe wat waterbronne, plante en diere saam met die gemeenskap probeer beskerm.

Toerismesektor

“Ondersteuing aan die toerismesektor help ook om die plattelandse ekonomie te stimuleer. Ons werk nou saam met die N3 Gateway Tourism Association en 29 toerisme-organisasies.”

N3TC ondersteun ook die Joberg2c-bergfietsren. Laasgenoemde strek oor meer as ’n week en die meeste kilometers is op ’n fietsroete op plase wat aan die N3 grens.

“N3TC ondersteun graag sulke projekte wat die mooi van die land en die hart van sy mense vier. Hierdie projekte en sowat 90 ander gemeenskaps- en bewaringsprojekte help om almal langs die tolroete op die een of ander manier te laat deel hê in die voordele wat die pad bring,” sê mnr. Con Roux, kommersiële bestuurder van N3TC.

Veilige myle

Con sê hulle verwyder elke maand sowat 4 500 vullissakke rommel langs die roete.

“Dit is skrikwekkend hoeveel van die rommel leë drankbottels is. Ons verwyder ook ’n groot klomp stukkende buitebandloopvlakke wat maklik ’n ongeluk kan veroorsaak.”

Roekelose bestuurders en wetsoortreders word deesdae met behulp van kameras dopgehou en by die owerhede aangemeld. Spoedkameras hou jaagduiwels in hul visier.

“Die afgelope vyf jaar het die sterftesyfer op die roete met 43% verminder. Daar is steeds te veel ongelukke, maar ons vind bewusmaking, beter padtekens en waarskuwings en inligting oor verkeer- en weerstoestande help om beter padverbruik aan te moedig,” sê Neil.

Voetgangers ook

Swaarvoertuie kan steeds ’n groot impak maak om ongelukke op die N3 te voorkom. Vragmotors is 30-35% van die verkeersamestelling op die N3, maar hulle is betrokke by 43% van alle ongelukke. Daarvan is 35% noodlottig. Voetgangers is sowat ’n derde van alle sterftes op dié roete.

“Oorlaaide vragmotors hanteer nie soos hulle moet nie, bestuurders is moeg en maak foute en dan is daar die kwessie van die onderhoud van remme en bande. Sowat 10-12% van alle swaarvoertuie op die pad is oorlaai. Dit beskadig die pad, maar beïnvloed ook die brandstofverbruik en slytasie van die voertuig,” sê Con.

Data oor ongelukke word sedert 1999 deur N3TC bygehou en insidentverslae dui neigings aan. Hierdie inligting het verskeie stappe genoodsaak, soos die 16 kameras langs die roete wat verkeer moniteer.

“Ons kan vinniger reageer op ongelukke of probleme op die pad, soos ’n vragmotor wat onklaar raak of voetgangers langs die pad. Hoe gouer ons ’n probleem oplos, hoe beter en veiliger vir almal op die pad,” sê Con.

Boodskappe aan bestuurders

Flitsborde langs die pad gee belangrike boodskappe deur aan bestuurders. Sosiale media speel ook toenemend ’n rol om mense tydig in te lig van weerstoestande, soos sneeu op die roete, of verkeersprobleme, soos ’n ernstige ongeluk.

Bekende verkeerspatrone en verwagte swaar verkeer op vakansiedae beteken N3TC beplan ook enige roetine-onderhoudswerk vir tye as die pad nie baie besig is nie. Dit verminder onnodige verkeersopeenhopings en help jou om jou vrag vinniger by die eindbestemming te kry.

Sowat 50 miljoen ton vrag beweeg jaarliks op die roete.

NAVRAE: Vir nog inligting oor N3TC of die N3-tolroete gaan na www.n3tc.co.za. Vir hulp op jou roete, kontak die 24 uur-dienslyn by 0800 63 4357 (0800 N3 HELP) of volg hulle op Twitter by @N3Route vir deurlopende nuus.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.52
-0.6%
Rand - Pond
22.60
-1.0%
Rand - Euro
19.71
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.38
-0.7%
Rand - Jen
0.14
-1.8%
Platinum
966.86
-0.2%
Palladium
1,390.86
-1.5%
Goud
2,003.48
+0.7%
Silwer
22.64
+0.2%
Brent-ruolie
72.97
-2.4%
Top-40
67,145
+0.2%
Alle aandele
72,583
+0.1%
Hulpbronne 10
64,140
+2.0%
Industriële 25
97,471
+0.4%
Finansiële 15
14,707
-2.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Saam dinge aanpak !
Ek is n eerlikke opregte reguit man Hou nie van komplikasies nie Gryp die bul by die horings Hou van rondry en nuwe plekke plaaslik en oorsee besoek !! Positiewe uitkyk op lewe...
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot