AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Rooivleis se pad na 2012

'n Kenner bespreek moontlike neigings wat die rooivleisbedryf in die toekoms kan volg.

Behoorlike en wetenskaplik gefundeerde vooruitskouings vir die landbou het lankal verpligtend geword. Dit voorsien toenemend in die dringende behoefte aan 'n kompas vir die pad vorentoe.

'n Aanbieding oor die rooivleisbedryf vanaf 2008 tot 2012 op die onlangse jaarkongres van die Suid- Afrikaanse Voerkraalvereniging (SAVV) by Benoni, was 'n goeie voorbeeld van so 'n benadering, waar probleme in die Suid- Afrikaanse bedryf teen die agtergrond van soortgelyke wêreldwye neigings minstens vars perspektiewe en begrip vorendag gebring het.

Veral belangrik was dat dit ook in 'n groot mate riglyne kon verskaf oor hoe om plaaslike en wêreldneigings meer sinvol te interpreteer. Die korrekte interpretasie daarvan is buitendien dikwels die belangrikste aspek as dit oor oorlewing gaan.

Die spreker was dr. Ferdi Meyer, projekleier by die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid en senior lektor by die departement landbou-ekonomie aan die Universiteit van Pretoria. Die buro het oor die afgelope ses jaar al 'n belangrike inligtingsbron vir die staat en landboubesighede geword ten opsigte van ontledings van toekomstige beleid- en markneigings.

Bowendien was Meyer se onderwerp uiters relevant in die huidige milieu van onsekerhede waarbinne Suid-Afrikaanse voerkrale tans moet funksioneer. Landbouweekblad het ná die tyd met Meyer gesels oor veral die buro se jongste projeksies ten opsigte van dramatiese stygings in die prys van sommige voerkomponente; die verhouding tussen die pryse van beesvleis, speenkalwers en mielies, asook die korrelasie tussen die gemiddelde speenkalf- en karkaspryse op veilings.

Meyer het begin met 'n oorsig oor prysstygings wêreldwyd vir mielies, koring, sojabone, sonneblomme en beesvleis. Grafiek 1 toon die persentasie styging vir elk van dié vier akkerbougewasse vanaf die gemiddelde bekende prys vir 2007 vergeleke met die gemiddelde prysskuif oor die eerste drie maande van 2008. Ten spyte van reeds hoë pryse in 2007 was dié styging ten opsigte van akkerbougewasse in die eerste drie maande van 2008 dramaties - tussen 30% vir mielies en bykans 50% vir sonneblomme.

Dit is hoofsaaklik die resultaat van die effek van groei in die vraag na proteïene uit China, gekombineer met droogtes en die vraag na etanol en biodiesel. Uiteraard laat prysstygings van hierdie aard 'n mens wonder tot watter vlakke pryse inderdaad nog kán styg.

Volgens Meyer is sulke prysspronge 'n tipiese bewys van die onelastisiteit van seisoenale landbou-kommoditeite waar die prys deur die wisselwerking van die internasionale en plaaslike aanbod en vraag gevorm word. 'n Dramatiese styging in die vraag na grane het pryse die hoogte laat inskiet, terwyl beesvleispryse internasionaal - met 'n vergelykende prysstyging van 'n byna onbenullige 3% - net nie uit die blokke kon kom nie.

Dit is gedeeltelik toe te skryf aan die struktuur van die beesvleisbedryf se produksieketting, naamlik dat groot voerkrale en abattoirs eenvoudig nie die hoër voerpryse na die verbruiker kon afwentel sonder om kopersweerstand te ervaar nie, terwyl kleiner voerkrale in die stof byt, sê Meyer. Daar is egter ook ander faktore wat 'n rol gespeel het.

Laasgenoemde wisselwerking word goed geïllustreer in grafiek 3, wat handel oor die verhouding tussen die pryse van bees- en kalfsvleis en dié van mielies. Dit toon byvoorbeeld dat graanpryse in 2005-'06 baie laag was, terwyl vleispryse toe al begin styg het. In 2005 het 'n kilogram beesvleis byvoorbeeld gemiddeld 20 keer meer gekos as 'n kilogram mielies. Dit was 'n goeie tyd vir voerkrale en veral speenkalfprodusente, maar die styging in vleispryse was bloot die resultaat van 'n groeiende ekonomie.

Die vraag na vleis was dus goed en die ekonomie kon dit terselfdertyd met vinniger groei stut. Daarenteen is dit wat juis nou aan ?t gebeur is, ook binnelands, die direkte gevolg van stygende graanpryse gesinchroniseer met toenemende druk op ekonomiese groei, wat gevolglik nuwe druk op marges in die vleisbedryf plaas.

Verlede jaar, byvoorbeeld, het die verhouding ten opsigte van beesvleis van 10 tot 13 aangepas. Projeksies vanaf 2009 toon ietwat van 'n verbetering, maar werklike verbeterings in vleispryse behoort eers in die jare 2010, 2011 en 2012 te realiseer, sê Meyer.

Volgens hom is die verwagte rede opgesluit in die afplatting en selfs daling in beesvleispryse gedurende 2008.

Daarom is daar die verwagting dat 'n nuwe siklus van stygende vleispryse eers vanaf 2010 tot 2012 'n werklikheid kan word. Dit is dus vinniger as die styging in graan- of voerpryse weens 'n nuwe groeifase in die ekonomie, waar die volgende persentasies groei aanvaar word, naamlik 2,5% vir 2008, 3% vir 2009, 3,5% vir 2010 en 4% vir 2011. Die verhouding van die vleisprys tot die mielieprys is per slot van sake die bepalende faktor of 'n voerkraal winsgewend of teen 'n verlies bedryf word. Lesers sal onthou hoe boere in 2005 goedkoop mielies teruggehou het om dit deur speenkalwers te bemark. Nou is die bordjies verhang na bykans dieselfde situasie tussen 2002 en 2003.

Meyer som die internasionale prentjie soos volg op: Die relatiewe skuiwe tussen vleis- en graanpryse sedert 2001 het begin met 'n prysstyging in beesvleispryse, met 'n naelloop oor 2005, 2006 en 2007. Voerpryse het egter teen 'n vinniger tempo opgevang sodat dít nou die veevoerbedryf onder druk plaas.

Wat die huidige mielieprys betref, sê Meyer dat daar aanvanklik 'n oes van 12 miljoen ton verwag is. Dit lyk egter nie of dit gaan realiseer nie, met gevolglike onsekerheid in die mark. Die prys sou met 'n uitstekende oes kon daal tot nagenoeg R1 600/ton of R1 700/ton ? die huidige uitvoerpariteit. Die huidige prys van R1 800/ton tot R1 900/ton is die resultaat van onsekerheid. In die geval van 'n tekort sou 'n prys van waarskynlik selfs R2 400/ton haalbaar wees. Laasgenoemde situasie sou egter die prysverhouding tot laer as 10 gedruk het sodat voerkrale sou moes sluit.

Volgens hom behoort die mielieprys vanjaar nie verder te daal nie. Inteendeel, die verwagting is dat dit volgende jaar eerder gaan styg.Hy sê dit op grond daarvan dat 'n betekenisvolle verskuiwing vanaf mielies na sonneblomme vir die volgende plantseisoen binnelands verwag word. Laasgenoemde se huidige prys van nagenoeg R5 000/ton is buite verhouding hoog. 'n Dramatiese klemverskuiwing van tussen 200 000 ha en 300 000 ha van mielies af na sonneblomme kan verwag word. Die dramatiese prysstyging van sonneblomme op die wêreldmark word toegeskryf aan die mark vir plantaardige olies in die biodiesel-mark en die tekort aan proteïene in China. Só 'n situasie laat 'n mens ook wonder of boere weer aangeplante weiding gaan omploeg om mielies te plant, soos in 2002 toe die wisselkoers so swak was ? maar dié keer dalk vir sonneblomme of selfs vir sojabone.

'n Verdere interessante verwysing is dat die wyer wordende band tussen die speenkalfpryse en die beesvleis- of karkaspryse 'n weerspie&eumlling is van die produksiekoste van die oomblik dat die diere in die voerkraal ingaan tot hulle weer daar uitgaan.

Dit is 'n bewys dat die prossessering ál duurder word ? en dit geld ook die vervoer.

Op 'n vraag of die toenemende verwydering tussen die twee pryse dalk dui op 'n moontlike nuwe pryssiklus wat begin vorm aanneem, sê Meyer daar is nog nie sekerheid nie. Dit kan eerder na alle waarskynlikheid die effek van vertikale integrasie in die produksieketting wees as gevolg van die toenemende neiging by groot voerkrale om ook 'n eie abattoir te bedryf, sê hy. Dit het minstens dié voordeel dat 'n verlies in die voerkraal vervang kan word met 'n wins op die karkas.

Grafiek 2 vestig ook die aandag op die verslapping in karkaspryse tot en met 2010. Dit beteken dat voerkrale verplig sal wees om ter wille van oorlewing speenkalfpryse tot dan so laag moontlik te hou. Let ook op die sterk vraag na speenkalwers in 2005-'06 soos aangedui in die vernouing tussen die twee neigingslyne. Die rede was die klomp klein voerkrale waarmee op baie beesplase begin is toe goedkoop mielies beskikbaar was, soos reeds aangedui in die bespreking van grafiek 3.

Die vraag is nou wat die eintlike waarde is van die ry-op-ry en kolom-op-kolomdata wat eie is aan sulke studies en die modelle wat daarvoor ontwikkel word.

Meyer sê dit is niks meer nie as 'n relatief betroubare manier om die aard en wese van 'n bedryf te leer ken en in die proses maniere te probeer vind om die veranderlikes sinvol te bestuur. Uiteraard is dít ook 'n deurlopende proses.Daarom dat van die jongste studies op die buro se navorsingslys ten opsigte van beesvleis geoormerk is om te mik op verskuiwings in neigings binne die swartmiddel-inkomstegroep.

Verder is dit belangrik om daarop te let dat enige vorm van vooruitskouing altyd op aannames in die lig van neigings gegrond is. In dié geval is dit feitelike inligting vanaf 2001 tot en met 2007. Vanaf 2008 tot 2012 word die neigings onderhewig aan etlike veranderlikes evalueer waarvoor daar deurlopend in relatief betroubare modelle voorsiening gemaak moet word. Juis daarom is die mees sinvolle vooruitskouings dié wat met gereelde tussenposes die lig sien en waarin 'n verskeidenheid scenario's ondersoek word, aldus Meyer.

Landbouweekblad, 25 April 2008

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
-0.5%
Rand - Pond
20.81
+0.4%
Rand - Euro
18.75
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Platinum
1,016.29
-0.9%
Palladium
1,684.58
+0.9%
Goud
1,912.82
+0.0%
Silwer
23.37
-0.4%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,923
+0.4%
Alle aandele
80,090
+0.4%
Hulpbronne 10
74,861
+0.2%
Industriële 25
103,382
+0.7%
Finansiële 15
16,523
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
Alleen maar gelukkig
Ek is n sosiale spontane mens wat hou van lag en goeie geselskap. Ek werk hard, soms lang ure, maar hou ook van rustig wees. Ons is nie veronderstel om alleen deur die lewe te...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot