AFGRI
BEAN
02 Des
-
9223,6
-141,40
CORN
02 Des
-
4520,8
-29,20
SOYA
02 Des
-
10440
22,00
SUNS
02 Des
-
10924,8
-105,20
WEAT
02 Des
-
6895
-24,00
WMAZ
02 Des
-
5035
-92,00
YMAZ
02 Des
-
4915
-44,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Rooivleispryse 'aan die herstel'

Internasionale vleispryse behoort in die volgende drie jaar wesenlik te herstel, voorspel die Suid-Afrikaanse landbou-basislyn.

Internasionale vleispryse behoort in die volgende drie jaar wesenlik te herstel, voorspel die Suid-Afrikaanse landbou-basislyn. Dit word saamgestel deur die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) en is onlangs bekend gestel.

Die basislyn 2010 bied ’n vooruitskouing op Suid-Afrikaanse landbouproduksie, verbruik, pryse en handel vir die tydperk 2010 tot 2019. Die vooruitskouing is gebaseer op aannames oor ’n reeks van ekonomiese, tegnologiese, omgewings-, institusionele en maatskaplike faktore.

Vir elke bedryf word die belangrike komponente van vraag en aanbod geïdentifiseer en in elke mark word ’n balans verkry deur middle van ’n balansstaat wat in beginsel geskep word. Daarin word vraag en aanbod in verhouding geplaas.

Herstelfase

Dieherstel in internasionale vleispryse word aan aanbodkant gedryf deur die herstel van die wêreldekonomie wat verbruikers se koopkrag verbeter, veral in Indië en China.

Die wêreld se verbruik in pluimvee sal na verwagting met 2,8% per jaar groei, gevolg deur ’n groeisyfer van 2,3% in die verbruik van varkvleis, terwyl die verbruik van beesvleis na verwagting met twee persent gaan styg. Die herstel in vleispryse is weens die feit dat die aanbod ietwat kleiner is omdat kuddes weer opgebou word nadat dit in 2007 en 2008 uitgedun is toe voerpryse uitsonderlik hoog was.

In vergelyking met ander landboubedrywe, het internasionale vleispryse relatief stabiel gebly, grootliks omdat vleis ’n beperkte rol as stapelvoedsel vervul. Soos voerpryse styg, verklein boere hul kuddes. Dit lei tot ’n groter aanbod van vleis op die wêreldmark wat ’n demper op vleispryse plaas.

Beesvleismarkte is die meeste deur die ekonomiese krisis geraak, aangesien verbruikers wêreldwyd na goedkoper proteïenbronne oorgeskakel het. Dit is waarom hoendervleismarkte regdeur die finansiële krisis relatief sterk gebly het.

Daar word verwag dat beesvleispryse vanaf vanjaar sywaarts gaan beweeg, terwyl varkvleispryse na verwagting ’n tipiese sikliese neiging sal volg en sal begin daal nadat dit in 2012 ’n hoogtepunt bereik het. Die prys van hoender word ondersteun deur die volgehoue groei in aanvraag vir pluimveevleis oor die tydperk wat in die vooruitsig gestel is. Teen die einde van dié tydperk gaan die marge tussen die prys van bees en hoender kleiner wees.

Die Suid-Afrikaanse mark

Die plaaslike mark is minder beïnvloed deur die internasionale finansiële krisis in vergelyking met sommige groot veranderinge wat in markte oor die hele wêreld plaasgevind het. Die gemiddelde prys van die meeste soorte vleis het relatief stabiel in 2008 en verlede jaar gebly, met bees- en skaap/lamvleispryse wat effens gestyg het. Hoender- en varkvleis se pryse bly egter onder druk.

Skaapvleispryse is ondersteun deur internasionale pryse wat wesenlik hoër was, veral in Nieu-Seeland, wat ’n teenvoeter vir die sterker wisselkoers was. Vroeë aanduidings is dat verbruikers in 2008 en 2009 na goedkoper snitte van beesen hoendervleis oorgeskakel het as ’n alternatiewe bron van diereproteïen. Die verbruik van skaapvleis het relatief stabiel gebly en die verbruik van varkvleis het effens gedaal. Groei in die verbruik van hoendervleis sal na verwagting die groei van alle ander soorte vleis oorskadu.

Die totale verbruik van hoendervleis behoort in die volgende tien jaar met 42% te styg. Dit beteken dat teen 2019 meer as twee miljoen ton hoendervleis per jaar in Suid-Afrika verbruik sal word.

Beesvleisverbruik sal na verwagting met 17% groei. Hoewel die mark vir skaapvleis relatief klein is, word daar voorspel dat dit in die volgende tien jaar met 31% gaan groei, soos wat verbruikers se inkomste vermeerder.

Die verbruik van varkvleis behoort met 14% te groei tot 2019. Suid-Afrika sal na verwagting ’n nettoinvoerder van hoendervleis bly aangesien die jaarlikse gemiddelde groei in produksie (2,4%) nie genoeg is om in die groei in verbruik (3,4%) in die vooruitskouingsperiode te voorsien nie. Hoenderproduksie sal oor die volgende decade met 1,7 miljoen ton toeneem.

Verbruikersneigings

Resultate in die vooruitskouing oor verbruikersneigings in Suid-Afrika toon dat gesondheid, gerief en smaak tans die drie belangrikste plaaslike voedselneigings is. Dit is in pas met internasionale voedselneigings, naamlik gesondheid, smaak, etiese en omgewingsvraagstukke, eenvoud en gerief.

Verbruikers neig om tradisioneel gesonde produkte te gebruik en plaas groot waarde op natuurlike produkte asook produkte wat vry is van sekere bestanddele, soos vet en suiker. Internasionaal word verwag dat voedselvervaardigers nuwe etikette op produkte gaan plaas om te sertifiseer dat dit eties geproduseer is aangesien meer mense bewus raak van etiese en omgewingsfaktore.

Verder eis verbruikers steeds dat daar meer eenvoudige voedselprodukte sal wees, met eenvoudige bestanddele, eenvoudiger etikette en natuurlike goedheid. Die meeste verbruikers het te min tyd om kos te maak, wat ’n groot invloed op die voorbereiding van kos en hul verbruikersgedrag het.

Daarom voorspel BFAP ook dat produkte wat verband hou met gesondheid, smaak en gerief die produkte is wat die meeste in aanvraag gaan wees oor die volgende dekade.

Prominente faktore wat ’n invloed op verbruikersneigings het, is:

Die belangrikheid van bemarkingskommunikasie.

Die newe-effekte van die resessie.

Die verbruiker se behoefte aan waarde en bekostigbare pryse wat plaaslik verband hou met die groei in private handelsmerke.

Die verbruiker se behoefte aan gemak, wat ook verband hou met die groei in private handelsmerke.

Die groeiende belangrikheid van volhoubaarheidsvraagstukke.

Die groeiende belangrikheid van betroubare produkte.

Dié blad is deur die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) saamgestel. Die berigte is deur die RPO geskryf en verskaf. Rig navrae oor die RPO aan posbus 35400, Menlo Park 0102; tel. 012 348 1933 of faks 012 361 9837. E-pos: rpo@lantic.

24 Augustus 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.36
+1.1%
Rand - Pond
21.29
+1.0%
Rand - Euro
18.27
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.83
+1.0%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,802.28
-0.0%
Silwer
22.77
+0.1%
Palladium
1,941.58
-0.2%
Platinum
1,043.22
-0.1%
Brent-ruolie
86.88
-0.1%
Top-40
68,504
-0.5%
Alle aandele
74,649
-0.5%
Hulpbronne 10
74,306
-2.2%
Industriële 25
91,875
-0.3%
Finansiële 15
15,546
+1.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons skryf ons eie roman.
Is n aangename vriendelike mens met baie deernis", en baie''' liefdevol". Hou baie' van my rugby''' en mal oor musiek"...
Lekker kuiermaat
Ek dink ek kom maklik met die meeste mense oor die weg en het n baie goeie sin vir humor soms bietjie aweregs. .Ek is spontaan en het n goeie algemene kennis . EK hou van...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot