AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

RPO en statutêre heffings

Wat is die Rooivleisprodusente-organisasie se siening van die kwessie of boere finansieringheffings vrywillig moet betaal of wetlik verplig moet word om dit te doen? Landbouweekblad het die RPO hieroor gepols.

Boere moet nou meer as voorheen besef dat dit noodsaaklik is dat die rooivleisbedryf van die grondvlak af gefinansier moet word, en nie van bo deur die herinstelling van statutêre heffings nie. Statutêre heffings kan 'n bodemlose put word waarin hul geld verdwyn terwyl hulle magteloos toekyk.

Só sê mnr. Fanie Nieuwoudt, voorsitter van die RPO. Hy meen daar kan ook nie net voortgegaan word met 'n ononderhandelbare beleid van geen statutêre heffings nie.

Om dié rede is die sinvolle en verantwoordelike kongresbesluit onlangs geneem wat die weg geopen het vir die ondersoek van statutêre heffings.

Maar hy self glo nie die antwoord lê by gedwonge finansiering nie, sê mnr. Nieuwoudt onomwonde.

Die RPO het lank hieroor met die Nasionale Bemarkingsraad gepraat.

In dié stadium word nog na antwoorde gesoek. As 'n organisasie soos die RPO nie uit 'n eie statutêre heffing soos in die verlede gefinansier word nie, het die RPO 'n probleem met 'n algemene statutêre heffing wat die hele spektrum van navorsing tot promosie sal dek.

Aan die ander kant is die probleem dat as organisasies wel uit die bedryfsfondse gefinansier word, die RPO vrees dat die heffing wat betaal moet word, astronomies hoog kan wees. Die Vleisbedryfstrust is besig om 'n dokument hieroor voor te berei.

"Die probleem is dat almal in die vleisketting aanspraak sal kan maak op geld, en waar gaan dit draai?"

Hy meen as 'n produsenteheffing daargestel kan word, is dit die vleisboere se geld en beskikbaar vir hulle. Dit sal uit produsentekant die antwoord wees en die RPO sterk maak. Die RPO is egter onseker of die bedryf só 'n heffing sal steun.

'n Vrywillige finansieringstelsel is tans in die rooivleisbedryf in werking wat op provinsiale vlak ingesamel word. Sowat 40 % uit 'n moontlike 100 % van dié vrywillige geld word so ingesamel. As goeie samewerking van agente, abattoirs en voerkrale verkry word, sal die vrywillige stelsel só glad funksioneer dat geen statutêre finansiering nodig is nie, sê mnr Nieuwoudt.

"As ons saam met dié groepe in 'n 'pakkie' gaan en die RPO betaal aan hulle ook 0,02 % wat tans aan agente en abattoirs betaal word wat vrywillige heffings namens die RPO aftrek, sal die organisasie genoeg geld hê om te kan funksioneer.

As gekyk word na 'n statutêre heffing, is dit telkemale bewys dat wanneer verpligtinge vir administrasiekoste aan die instansies wat die geld beheer, en geld aan die opheffing van ontwikkelende produsente oorbetaal is, nie veel meer as 60 % tot 65 % van so 'n statutêre heffing tot die beskikking van die bedryf sal wees nie.

Wat van rugryers? Selfs in die gedereguleerde omgewing waarin die vleisbedryf nou funksioneer, sal die rugryers ook nie met 'n statutêre heffing uitgeskakel kan word nie.

Soos die agent of abattoir wat nie BTW betaal nie en daarmee wegkom, sal daar altyd mense wees wat nie 'n statutêre heffing betaal nie en skotvry daarvan afkom. Destyds, toe bedrywe gereguleer is, was miljoene rande aan heffings uitstaande en het hofsake gevolg.

In 'n gedereguleerde omgewing is die kanse nog minder dat 65 % oortref gaan word, selfs met statutêre heffings. Die vleisbedryf is moeiliker, want 'n besonder lang belangeketting is betrokke: Boere, agente, abattoirs, voerkrale, die vellebedryf en verwerkers.

Baie mense glo dat 'n statutêre heffing deur almal in die bedryfsketting betaal sal word. Maar net die boer gaan werklik betaal, want hy is die enigste wat nie sy koste êrens kan verhaal nie. Hy is net 'n prysnemer, terwyl - die ander prysnemers én prysbepalers is, wat beteken hulle kan hul pryse aanpas.

Mnr. Nieuwoudt sê dit maak 'n suiwer produsenteheffing dus die enigste uitweg, want dan kan die bedryf verantwoordelikheid aanvaar vir sy sake en in beheer van die geld bly. Dit is heeltemal verskillend van die destydse Vleisraad of die trust, want die boer moet self met daardie geld vir sy bedryf se welstand sorg - dit sluit aspekte soos reklame en navorsing in.

Dit sal egter moeilik in die totale bedryfsketting aanvaar word, want die ander betrokkenes sal nie wil hê die beheer van die geldpoel moet net in die boer se hande wees nie.

Dit behoort egter nie ander af te skrik nie, want enige betrokkene kan by die poel aansoek doen vir gebruik van die geld as hy 'n besigheidsplan voorlê, of vir sy eie statutêre heffing aansoek doen op daardie spesifieke punt in die vleisbedryfsketting. Dit geld ook boere. Dit kan gebeur dat 'n produsent of groep produsente se aansoek afgekeur word - al is dit h&uacte;l geld in die poel.

Mnr. Nieuwoudt sê die RPO is ten gunste van 'n enkele agentskap wat kyk na die totale aspek van higiëne en klassifikasie, want dit is die enigste manier waarop 'n standaard gehandhaaf kan word. As elke provinsie sy eie standaard handhaaf, is dit moeilik om eenvormigheid te verkry.

Die moontlikheid om Inquas (die inspeksiedienste van Samic wat 'n artikel 21-maatskappy is) vir dié doel te finansier, word ondersoek. Inquas behoort ook mettertyd 'n groot rol te speel in uitvoersertifisering.

Die vaste tarief op invoer, wat ná twee jaar se gestoei bewerkstellig is, is een van die grootste deurbrake vir die bedryf. Dit het net tot stand gekom weens aanhoudende druk deur die produsente. Van die ander in die ketting het nie daardie behoefte gehad nie. Daar is van dié betrokkenes wat reeds daaraan werk om die vaste tarief op rooivleisinvoer ongedaan te maak.

Die RPO het nie beswaar teen wettige invoer nie, want belasting en BTW word betaal, maar die onwettige invoerder skep probleme. Bedrywe het al bykans tot niet gegaan weens onwettige invoer.

Suid-Afrika is 'n netto invoerder van rooivleis. Die probleem is dat goedkoop vleis ingevoer word, maar die laer pryse word nie na die verbruiker deurgevoer nie. Die prys van sulke vleis is gewoonlik 'n aks laer as dié van goeie plaaslik geproduseerde vleis.

Blink toekoms wink

Die rooivleisbedryf het nieteenstaande probleme 'n baie goeie toekoms, meen mnr. Fanie Nieuwoudt. Boere kry nou 'n mededingende prys vir hul produk wat dit die moeite werd maak om in die bedryf te bly.

Pryse het lank vasgesteek op R15 en R16 per kg. Hy glo die huidige goeie pryse van gemiddeld R22/kg aan die haak vir skaapvleis sal vir die afsienbare tyd gehandhaaf word, wat produsente die geleentheid gee om hul sake in orde te kry. Dit sal baie onwaarskynlik wees dat dié prys weer onder R20/kg sal daal, veral nie met die huidige wisselkoers nie.

Uitvoer en die ontginning van nismarkte oorsee is 'n aspek waarna meer indringend gekyk moet word, meen mnr Nieuwoudt. Tans is die binnelandse vleispryse só dat vleis nie meer winsgewend na die Midde-Ooste uitgevoer kan word nie. 'n Jaar gelede was die wisselkoersverhoudinge ook soveel anders dat dit finansieel die moeite werd was om na daardie lande uit te voer.

Dit is tragies dat daar nog boere is wat reken reklame en navorsing raak hulle nie. Wat hulle moet besef, is dat dit nie vir die agent of abattoirbestuurder belangrik is dat navorsing moet voortgaan nie, maar vir hulle as boere.

Dit is 'n probleem dat soveel boere vandag nog nie die belangrikheid van 'n bedryfsorganiasie besef nie, want navorsing en reklame kan net deur 'n geordende organisasie bedryf en bestuur word. Daarvoor is geld nodig, en dit is waar die heffings weer ter sprake kom.

Die boer moet sy verantwoordelikhede aanvaar wat dit betref en sorg dat hy 'n sterk organisasie het wat namens hom kan beding, sê mnr. Nieuwoudt.

Die RPO se ondersoek oor 'n statutêre heffing sal binnekort afgehandel wees en teen November sal daar groter duidelikheid oor die pad vorentoe wees.

1 November 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.23
-0.2%
Rand - Pond
21.34
-0.2%
Rand - Euro
18.73
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.23
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot