AFGRI
BEAN
07 Des
-
9386
36,00
CORN
07 Des
-
4398
-51,00
SOYA
07 Des
-
9034
-10,00
SUNS
07 Des
-
10415
-85,00
WEAT
07 Des
-
6657
3,00
WMAZ
07 Des
-
4820,2
-29,80
YMAZ
07 Des
-
4750
10,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Ruilvoet in die landbou

Die ruilvoet vir die landbou het verlede jaar met 12% verswak teenoor ’n verswakking van 4,5% in 2009 en 14,4 % in 2008.  Dit beteken dat die pryse van landbou-produksiemiddele die afgelope drie jaar aansienlik vinniger gestyg het as dié van landbouprodukte.


Die ruilvoet dui die verhouding aan tussen stygings in die pryse van landbouprodukte en stygings in die pryse van produksiemiddele. As die syfer groter is as 1 is die ekonomie nog gunstig vir die landbou, maar sodra dit minder as 1 is, raak die posisie vir die landbouer ongunstig.


Die syfer vir verlede jaar het op 0,88 te staan gekom, wat beteken dat boere in die algemeen in ’n ekonomies ongunstige posisie geproduseer het.

Ons kyk eers na die styging in die pryse van landbouprodukte en dan na die styging in pryse van produksiemiddele.


Produsentepryse


Die prysindeks vir landbouprodukte in die algemeen het verlede jaar met  1,7% gedaal teenoor  stygings  van 3,4% in 2009 en 12,9%  in 2008.  Figuuur 1 toon dat die daling hoofsaaklik toegeskryf kan word aan ’n daling in die prys van akkerbougewasse (blou stafies).


Let op die redelike sterk daling van 2008 tot 2009. Van 2008 tot 2009 is die styging in tuinbou- en veeteeltprodukte duidelik sigbaar, maar van 2009 tot verlede jaar is die baie klein daling in die prys van veeteeltprodukte en die geringe styging in tuinbouprodukte nie eens op die grafiek sigbaar nie.



Figuur 1

Die prysindeks van akkerbouprodukte het verlede jaar met 6,3% afgeneem teenoor ’n afname van 11,7% in 2009. Dit is kommerwekkend dat pryse vir die belangrike deel van veral voedselproduksie besig is om wesenlik te verswak.


Die belangrikste  afname in die prysindeks vir akkerbou is in die pryse van somergrane,  nl. 18,6%. Ander produkte wat afnames toon, is hooi (-1,4%) en droëbone (-9%). Die afnames is gestuit deur toenames in die prysindeks van wintergrane (2,7%), oliesade (3,6%), suikerriet (15%) en tabak (10%).


Die grootste veranderings het plaasgevind by wintergrane wat verlede jaar met 2,7% toegeneem het teenoor ’n afname van 35% die vorige jaar, en oliesade wat ’n toename van 3,6% toon teenoor ’n afname van 21% die vorige jaar.           


Die prysindeks vir tuinbouprodukte het verlede jaar met 1% toegeneem teenoor ’n toename van 20% in 2009. In die twee groot elemente van tuinbouprodukte het  groentepryse met 10% afgeneem nadat dit die vorige jaar met meer as 40% toegeneem het. Die prysindeks van vrugte het verlede jaar met 11% toegeneem teenoor ’n toename van 5% die vorige jaar.  


Die prysindeks  vir veeteeltprodukte het verlede jaar met 0,3% afgeneem teenoor ’n toename van 6,8% in 2009.   Die hoofrede daarvoor was ’n daling van 4% in die prysindeks van pluimvee verlede jaar teenoor ’n styging in die indeks van 13,9% in 2009.


Slagvee toon ’n toename van 4,1% verlede jaar teenoor ’n toename van 3,7% die vorige jaar, terwyl suiwelprodukte met 1,5% gedaal het teenoor die 2,4% die vorige jaar.


Boerderybenodigdhede


Terwyl die algemene prysindeks vir landbouprodukte gedaal het, het die indeks vir landbou-produksiemiddele verlede jaar met 12% gestyg. Produksiemiddele het met 8% in 2009 en met 32% die vorige jaar gestyg. 


Figuur 2

Die eerste aspek wat in figuur 2 opval, is die feit dat die stafies elke jaar hoër neig. Dit is ’n aanduiding hoe die pryse van boerdery-produksiemiddele elke jaar styg. Die vernaamste stygings is dié van masjiene en werktuie (blou stafies) en intermediêre goedere en dienste (groen stafies). Dit is dan ook die belangrikste komponente van ’n boer se produksiekoste.


Masjienerie en werktuie se prysindeks het verlede jaar met 16,4% gestyg teenoor 15,7% in 2009 en 13,2% die vorige jaar. Dit is kommerwekkend om te sien hoe die pryse van jaar tot jaar eenvoudig met dubbelsyfers toeneem. Dit sal boere noop om eerder langer met bestaande toerusting te werk as om nuwes te koop. Hierdie stygings word grootliks aangevuur deur die prysstygings van trekkers (21%) en vragmotors (19%) verlede jaar.


In die groep intermediêre goedere (goedere wat in die produksieproses opgebruik word) was die styging 12% verlede jaar teenoor die 8% van die vorige jaar. Die tempo waarteen pryse styg, neem dus weer toe.


Die grootste stygings is dié van saad (19%), veevoer (16%) en dan verpakking,  diere-  en oesmiddels (medisyne, plaagbestryding, ens.) en onderhoud- en herstelkoste met (14%) elk. Brandstof het verlede jaar met net meer as 4% gestyg teenoor ’n daling van 5% die vorige jaar.


Die Ruilvoet


Gedurende verlede jaar het die ruilvoet vir alle landbouprodukte met 12% afgeneem teenoor ’n afname van 4% in 2009. Die daling in die ruilvoet word dus ál groter en die kosteknyptang waarin boeree hulle bevind, ál erger.  

Vir akkerbougewasse het die ruilvoet verlede jaar met 19% gedaal teenoor die 22% die vorige jaar  (die blou lyn in figuur 3 hieronder).


Hoewel die ruilvoet vir akkerbougewasse deurgaans gunstig was, het dit verlede jaar die punt bereik, waar enige verdere afname boere in ’n ekonomies ongunstige posisie sal plaas.


By tuinbou¬produkte het die ruilvoet verlede jaar met 7% verswak teenoor ’n verbetering van 6% die vorige jaar. Boeree bly egter steeds in ’n ekonomies uiters ongunstige posisie. Sien die donkerrooi lyn op die grafiek en hoe ver dit sedert 2008 onder een (rooi stippellyn) beweeg.


Veeteeltprodukte het met 12% verswak teenoor die 1% die vorige jaar.  Net soos met tuinbouprodukte loop die groen grafiek reeds sedert 2008 onder die rooi stippellyn.


Figuur 3


Implikasies


Die voortgesette verswakking in die ruilvoet beklemtoon die feit dat boere steeds in ’n ernstige kosteknyptang verkeer en dat veral die aankope van belangrike produksiemiddele met groot omsigtigheid gedoen moet word. Die leeftyd van toerusting sal ook maksimaal gerek moet word.


Die druk op boere kan lei tot hoër voedselpryse wat voedselbekostigbaarheid in die gedrang kan bring – iets wat ’n land met soveel werklose en honger mense soos Suid-Afrika sekerlik nie kan bekostig nie.


Nuwe en veral opkomende boere kan suksesvol produseer, maar sal sonder die nodige kundigheid op die gebied van aankope- en bemarkingsbestuur, baie moeilik die mas opkom.


 Statistiek verskaf deur Direktoraat Landbou Statistiek. Let daarop dat sommige syfers iewat verskil van ’n  soortgelyke artikel verlede jaar. Dit is die gevolg van die bywerking van inligting gedurende die jaar.


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
+1.4%
Rand - Pond
20.87
+0.8%
Rand - Euro
17.99
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.49
+0.9%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Goud
1,782.98
+0.7%
Silwer
22.67
+2.2%
Palladium
1,858.97
+0.4%
Platinum
1,015.87
+2.5%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Luking4U
Ek beskou myself as netjiese goedversorgde vrou, ek is selfonderhoudend. Ek het n goeie humor sin, altyd oop vir n grappie en lekker lag, asook het ek n ernstige kant. Ek lief...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot