AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Rys is SA se belangrikste landbou invoerproduk

Rys is tans Suid-Afrika se belangrikste invoerproduk. Die waarde daarvan was R6,3 miljard in 2013 en dit beloop sowat 11% van die totale landbou-invoer.

Die bruto waarde van landbouproduksie in Suid-Afrika het gedurende 2013 net minder as R200 miljard beloop.

In baie gevalle is produksie voldoende vir die plaaslike vraag en word produkte selfs uitgevoer. In ander gevalle word produkte óf glad nie plaaslik geproduseer nie óf is produksie onvoldoende. Die tekorte word deur invoere aangevul en het laas jaar R57,3 miljard beloop. Dit is ‘n toename van sowat 8% vanaf die vorige jaar.

Meeste invoere kom al etlike jare uit Suid-Amerika. Oosterse lande is egter besig om baie vinnnig in belangrikheid toe te neem terwyl ons ou vriende uit Westerse lande ook groot hoeveelhede produkte voorsien het. Die belangrikste produkte wat ingevoer is, is rys en koring.

Die afgelope dekade het die invoer van landbouprodukte met net minder as 250% toegeneem. In 2004 het dit slegs R16,4 miljard beloop. (Sien grafiek 1 hieronder). Besondere sterk groei het in die tydperk 2006 tot 2008 plaasgevind, toe dit vir drie agtereenvolgende jare met onderskeidelik 26,4%, 42,3% en 31,1% gestyg het. (Sien rooi lyn in grafiek 1 hieronder). Invoer van veral rys, koring, palmolie en sojaboon-oliekoek was grootliks vir hierdie skerp toename verantwoordelik.

kobus-smit-grafiek-1

INVOERLANDE:

Gedurende 2013 was Suid-Amerikaanse lande die grootste verskaffers van landbouprodukte aan Suid-Afrika. Argentinië het produkte ter waarde van R5,5 miljard en Brasilië produkte ter waarde van R4,7 miljard gelewer.

Oosterse lande het ook groot hoeveelhede produkte verskaf met China (R4,5 miljard), Indië (R3,1 miljard), Indonesië (R2,7 miljard) en Thailand (R2,7miljard) die vernaamste. Die vernaamste verskaffers uit ons tradisionele handelsvennote in die Weste was Brittanje (R3,8 miljard), Nederland (R3,1 miljard), VSA (R2,8 miljard) en Duitsland (R2,2 miljard). Let daarop dat Argentinië, Brasilië en China elkeen afsonderlik meer verskaf het as Brittanje – die grootste verskaffer onder die Westerse lande.

Die afgelope dekade was die grootste hoeveelhede wat uit Suid-Amerika ingevoer is afkomstig van Argentinië en Brasilië, die belangrikste verskaffers. (Sien grafiek 2 hieronder – blou stafies).

Die invoer uit Oosterse lande groei baie vinnig en die gebied word ál meer belangrik as verskaffers van landbouprodukte. Groot hoeveelhede is ingevoer uit Thailand, China, Maleisië en Indië. (rooi stafies). Westerse lande bly steeds belangrike verskaffers met die grootste invoere uit Brittanje, Amerika, Duitsland en Nederland. (Sien groen stafies hieronder).

Dit is interessant om daarop te let dat, hoewel invoer uit Suid-Amerika steeds die hoogste is van die lande onder bespreking, die tempo waarmee invoere oor die dekade toegeneem het, nie besonder hoog is nie.

Invoer uit Argentinië het met 92% toegeneem en dié uit Brasilië met 185%. Aan die ander kant is Oosterse lande besig om baie vinnig in belangrikheid toe te neem. Die grootste stygings in invoer uit die gebied was uit China (770%), Indië (620%) en Indonesië (535%). Veral die skerp styging van invoere uit China plaas hom nou in die die posisie as derde grootste verskaffer van landbouprodukte naas Argentinië en Brasilië.

Onder die Westerse lande het veral Nederland (740%) en Duitsland (690%) baie in belangrikheid toegeneem. Brittanje (293%) het matige groei getoon en Amerika (96%) het basies net sy posisie as belangrike verskaffer gehandhaaf.

Die grootste styging in die invoer uit ‘n enkele land was egter uit Spanje, wat met 1035% toegeneem het sedert 2004. Invoer in 2004 was egter baie laag. Dié groot styging het plaasgevind toe dit in 2009 met 102% en in 2010 met 142% toegeneem het. Die belangrikste produkte was groente, met veral knoffel, uie en so aan.

Grafiek 2:

kobus-smit-grafiek-2

INVOERPRODUKTE:

In 2013 was daar veral vier landbouprodukte wat in groot hoeveelhede ingevoer is. Rys was die vernaamste invoerproduk. Die totale waarde verlede jaar was R6,3 miljard en is sowat 11% van die totale landbou-invoere vir 2013. Dit word hoofsaaklik uit Oosterse lande ingevoer.

Naas rys was koring die belangrikste landbouproduk wat verlede jaar ingevoer is. Die totale waarde van verlede jaar se invoere was R4 miljard, wat sowat 7% van die totale invoere verteenwoordig. Die volgende twee belangrike produkte is pluimveevleis en -afval, hoofsaaklik uit Suid-Amerika, en palmolie. Daar is onderskeidelik R3,9 en R3 miljard hiervan ingevoer.

Nóg belangrike produkte is sojaboon-oliekoek (R2,1 miljard), bestandele vir broodmengsels, jelliepoeiers ens. (R1,9 miljard), sonneblom- en katoensaadolie (R1,5 miljard) en bestanddele vir dierevoer (R1 miljard).

Die afgelope dekade was rys, koring, pluimveevleis en -afval en palmolie ook die belangrikste invoerprodukte gemeet aan die totale randwaarde oor die dekade. Oor die tien jaar is rys ter waarde van R32,9 miljard ingevoer. Dit is ‘n baie gewilde produk in Suid-Afrika, maar word nie hier verbou word nie.

Koring is ook ‘n baie belangrike produk in Suid-Afrika, maar veral die afgelope paar jaar kon plaaslike produksie nie met die toename in die vraag bybly nie en was daar jaarliks ‘n tekort van tussen 1 en 1,5 miljoen ton. Die totale waarde van invoere die afgelope tien jaar was R25,6 miljard.

Ander belangrike produkte wat die laaste tien jaar ingevoer is,is pluimveevleis en -afval (R19,6 miljard), palmolie (R19,5 miljard), oliekoek van sojabone (R16 miljard) bestandele vir broodmengsels, jelliepoeiers ens. (R10,7 miljard) en tabak (R9,4 miljard). (Sien grafiek 3 hieronder).

Grafiek 3:

kobus-smit-grafiek-3

Die invoer van sommige produkte het die afgelope tien jaar baie skerp in belangrikheid toegeneem. Die grootste stygings die afgelope dekade was pluimveevleis en -afval (436%), rys (371%) en koffie (332%). Die invoer van pluimveevleis en -afval het jaarliks met gemiddeld 18% toegeneem met verlede jaar se R3,9 miljard die hoogste.

Die invoer van rys het bestendig toegeneem sedert 2004 maar het in 2010 skielik met meer as 10% afgeneem tot R3 miljard. Daarna het dit die afgelope 3 jaar weer vinnig toegeneem tot R3,7 miljard, R5,6 miljard en R6,3 miljard onderskeidelik. Die invoer van koffie het jaarliks met net minder as 16% toegeneem met verlede jaar se R736 miljoen die hoogste.

INVOER VAN GROENTE:

Die produkgroep “ander” bestaan uit ‘n bonte verskeidenheid kleiner produkte. In dié groep toon die toename in die invoer van vars groente ’n besonder skerp styging. Dit het oor die tien jaar met meer as 1000% toegeneem van R10,9 miljoen in 2004 tot R121,1 miljoen in 2013.

Die belangrikste vars groente wat ingevoer is, is uie, knoffel en ander knolgroentes. Hiervan is gedurende die afgelope 10 jaar R174,5 miljoen ingevoer. Die meeste kom uit China (R63,3 miljoen), Spanje (R38,3 miljoen), Argentinië (R23,4 miljoen), Nederland (16,3 miljoen) en Kenia R14,3 miljoen). Peulgroentes is die tweede grootste produk met R166,7 wat in die tydperk ingevoer is. Die grootste hoeveelheid kom uit Zambië (R72,9 miljoen), Kenia (R59,8 miljoen), Zimbabwe (R11miljoen) en Mosambiek (R7,8 miljoen). Kool en blomkool is derde en van die R19,1 miljoen wat oor die tien jaar ingevoer is, waarvan R16,2 miljoen uit Kenia kom. Zimbabwe met R1,8 miljoen is die tweede grootste verskaffer. Wortels, rape radyse ens is die volgende groot produk waarvan R16,1 miljoen ingevoer is. Amerika was die grootste verskaffer met R9,1 miljoen.

Dit was egter grootliks ‘n eenmalige groot besending. Kenia daarenteen was ‘n gereelde verskaffer oor die tien jaar en het in totaal R5,8 miljoen se produkte gelewer. Twee ander groot produkte wat ingevoer is, is aartappels (R2 miljoen) en tamaties (R1miljoen). Interessant is dat daar verlede jaar ‘n eenmalige invoer van aartappels ter waarde van R200 000 uit Iran ingevoer is.

OPSOMMING:

Oosterse lande, en by name China en Indië, is baie vinnig besig om ons belangrikste verskaffers van landbouprodukte te word. Argentinië en Brasilië wat lank bo-aan die verskafferslys was, is besig om te stabiliseer. Dieselfde geld ons verskaffers uit die Westerse lande met die uitsondering van Nederland en Duitsland.

Rys, koring en pluimveevleis word ons belangrikste produkte. Dit hou waarskynlik verband met die veranderinge in ons samelewing en die groei in aantal en inkomste van die middelklas. (Rys en brood in plaas van mieliepap?)

Dit is opvallend hoedat Kenia se naam opduik as ‘n belangrike verskaffer van ingevoerde groente.

BRONNE:

ABSTRACT OF AGRICULTURAL STATISTCS 2014 – www.daff.gov.za/docs/statsinfo/Abstract2014.pdf

Direktoraat Landboustatistiek van die Departement Landbou, Bosbou en Visserye.

* Kobus Smit is ’n landbou-ekonoom en voormalige voorsitter van die Nasionale oesskattingskomitee.

Sy e-pos-adres is: diesmitte@gmail.com

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
-5.0%
Palladium
1,623.95
-2.8%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Betroubare opregte mense is n maklike humoristiese mens en kom
Ek is n Vriendelike omgee mens met hope humor en Bae liefde vir my medemens. Geniet die buite lewe en vang graag vis en Kamp graag. H
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot