AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

SA kaasmakers na Frankryk

Vier aspirant-kaasmakers uit die Wes-Kaap is genooi om Frankryk te besoek om kennis van dié bedryf te verbreed en 'n kursus te deurloop.

Vier aspirant-kaasmakers uit die Wes-Kaap is genooi om Frankryk te besoek om kennis van dié bedryf te verbreed en 'n kursus te deurloop.

Die name is tydens die Qualité-toekennings ná afloop van die SA suiwelkampioenskap in Stellenbosch bekend gemaak.

Die vier gelukkige mense is gekies ná 'n streng keuringsprosess wat plaasgevind het onder die toesig van Agri-Expo. Hulle is mr. Stefan Pockpas van Tantinki Bokmelkkaas, Oudtshoorn, Me. Estalanie Marais van La Rochelle Bokmelkkaas, De Doorns, mnr. Mario Jumat van Simonsberg Kaas, Stellenbosch en mnr. Mahlamola Moso van Kimilili Farm Cheese, Tulbagh.

Ná afloop van die besoek aan Frankryk moet elkeen 'n voorlegging aan hul onderskeie maatskappye doen en hul vordering sal op 'n deurlopende basis gemonitor word. Dit word beoog dat hulle in die toekoms as mentors sal optree vir jong kaasmakers uit voorheen benadeelde gemeenskappe.

Mnr. Kobus Mulder van Agri-Expo, sal die groep vergesel aangesien Agri-Expo die praktiese reëlings met betrekking tot die opleiding tref. Die kandidate sal 'n praktiese fase by twee fabrieke in die produksie van tipiese Franse kase deurloop. Dit sal gevolg word deur 'n bemarkingsmodule, wat sal fokus op kommersiële aspekte van die kaasbedryf. Hulle sal ook blootgestel word aan die innoverende gebruike van kaas.

Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, mnr. Cobus Dowry, sê in 'n verklaring die Wes-Kaapse departement van landbou, met die samewerking met die streeksregering van Boergondië en die Franse departement van buitelandse sake verskaf befondsing wat die vier kaasmakers in staat stel om die kursus by te woon vanaf 8 tot 30 Junie 2007.

Dowry het in November 2004 'n hoë vlak afvaardiging na Frankryk gelei in 'n poging om bestaande samewerking tussen Boergondië en die Wes-Kaap te versterk. Hierdie streeksamewerking vind plaas teen die agtergrond van sterk bilaterale verhoudinge tussen Frankryk en Suid-Afrika. Die Wes-Kaap trek voordeel uit samewerking met hierdie streek veral op die gebied van opleiding, oordrag van vaardighede, kwaliteitstandaarde in landbou, kwaliteit kosprodukte en waarde toevoeging tot basiese landbouprodukte.

17 April 2007

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
-0.5%
Rand - Pond
20.81
+0.4%
Rand - Euro
18.75
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Platinum
1,016.29
-0.9%
Palladium
1,684.58
+0.9%
Goud
1,912.82
+0.0%
Silwer
23.37
-0.4%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,923
+0.4%
Alle aandele
80,090
+0.4%
Hulpbronne 10
74,861
+0.2%
Industriële 25
103,382
+0.7%
Finansiële 15
16,523
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
Alleen maar gelukkig
Ek is n sosiale spontane mens wat hou van lag en goeie geselskap. Ek werk hard, soms lang ure, maar hou ook van rustig wees. Ons is nie veronderstel om alleen deur die lewe te...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot