
Die groeiende vraag na spesialis-whiskies in Suid-Afrika het tot die skepping van die eerste plaaslike enkelmout-whisky en ’n nuwe subkategorie vir dié “inheemse” styl gelei.
Mnr. Andy Watts, ’n meesterdistilleerder in die James Sedgwick-distilleerdery op Wellington, sê die klem op fynproewerskap vir Suid-Afrikaanse verbruikers en hul belangstelling in herkoms het hom inspireer. Die Bain’s Cape Mountain Whisky word van plaaslik verboude graan gemaak en is as ’n Cape Mountain Whisky geklassifiseer.
Die whisky word in spesiaal uitgesoekte eikehoutvate verouder. Na die aanvanklike veroudering van drie jaar word dit vir ’n verdere twee jaar in ander vate oorgetap sodat die onttrekking van geure kan voortgaan. Volgens Watts het die whisky ’n buitengewone wisselwerking tussen spiritus en hout om ’n mengsel van toffie-, blomme- en vanielje-geure en –geure te skep met ’n titseltjie spesery wat versag word deur soet ondertone.
Die whisky kry sy naam van die Bainskloof-pas wat in 1853 geopen is en vandag ’n nasionale gedenkwaardigheid is. Die luiperds op die wapen verteenwoordig die Kaapse bergluiperds wat vir honderde jare in die omgewing van die Bainskloof-pas gewoon en geswerf het.
Bain’s Cape Mountain Whisky is in ’n vierkantige 750 ml-bottel beskikbaar.
29 Julie 2009