
Mnr. Koos Pienaar, ondervoorsitter van die Oostelike en Suider-Afrikaanse Suiwelvereniging (Esada) en voorsitter van die Vrystaatse Melkprodusente-organisasie, vertrek vandag (27 Augustus) na Brussel om Afrika se saak oor die invoer en storting van gesubsidieerde melkprodukte in Afrika aan die Europese Unie voor te lê.
Die Europese melkraad en Esada staan albei die uitvoer van gesubsidieerde melkprodukte na Afrika teen en die verwagting is dat die EU ’n simpatieke oor vir Esada, wat die meeste suiwelproduserende lande in Afrika verteenwoordig, sal hê.
27 Augustus 2009