AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

SA: Netto invoerder van melk

Suid-Afrika was in die eerste helfte van 2010 ‘n netto invoerder van melk, sê Melk SA.

Suid-Afrika was in die eerste helfte van 2010 ‘n netto invoerder van melk, sê Melk SA in die jongste Lacto Data. Dié organisasie, die Melkprodusente-organisasie (MPO) en die Suid-Afrikaanse Melkverwerkersorganisasie (Sampro) het dié data saamgestel.

Luidens dié verslag is sowat 59 miljoen liter se suiwelprodukte op ‘n melk ekwivalent-basis tussen Januarie en Junie 2010 ingevoer, terwyl 25 miljoen liter se suiwelprodukte op ‘n melk ekwivalent-basis in dieselfde tydperk uitgevoer is. Dit laat die land met netto invoer van 34 miljoen liter se suiwelprodukte op ‘n melk ekwivalent-basis.

Volgens Sampro bepaal dié statistiek dat die land in die eerste ses maande van 2010 ‘n netto invoerder van melk is. Mnr. Alwyn Kraamwinkel, hoof uitvoerende beampte van Sampro, sê volgens die verslag was die land, tussen 2002 en 2010, vier keer ‘n netto uitvoerder van melk: In 2002, 2004, 2008 en 2009.

Rede vir die invoere

Dr. Koos Coetzee, ekonoom van die MPO, sê: “Invoer in 2010 het gestyg omdat verwerkers en kleinhandelaars ingevoer het vir ‘n moontlike tekort wat toe nie ontstaan het nie.”

Intussen sê Kraamwinkel: “Invoer in die eerste sewe maande van 2010 is, volgens inligting van die SA Inkomstediens, hoër as die ooreenstemmende maande van die afgelope drie jaar.”

Luidens die verslag toon melkproduksie ‘n gematigde styging oor tyd aan. Suid-Afrika se totale produksie vir 2009 word op 2,5 miljard liter geskat, wat 3,3% laer is as vir 2008.

Wat maandelikse melkproduksie vir die eerste helfte van 2010 aangaan, is ‘n toename van ongeveer 4,1% aangeteken, teenoor die ooreenstemmende tyd in 2009.

Volgens Kraamwinkel is die produksie van onverwerkte melk sedert die laaste kwartaal van 2009 op ‘n baie hoë vlak, en in die eerste nege maande van 2010 is dit op ‘n rekord hoë vlak.

Produksie van melk

“Die hoë produksie van roumelk hou verband met die lae prys van mielies, wat ‘n belangrike bestanddeel van die voer van melkkoeie is en die hoë styging in die prys van roumelk wat tot in die middel van 2010 plaasgevind het,” verduidelik hy.

Suid-Afrika se sekondêre bedryf bestaan uit ‘n paar grootskaalse nasionale verwerkers, ‘n groot aantal klein verwerkers wat distrikgebonde is, en ‘n aantal produsente wat hulle produk regstreeks aan handelaars en die publiek verkoop. Luidens die verslag het die aantal melkkopers tussen 2003 en 2010 met 53% gedaal.

Kraamwinkel sê wat die verbruikersmark aanbetref, word druk al vir ‘n geruime tyd ervaar. “Volgens ‘n opname van die Nasionale Landboubemarkingsraad het die kleinhandelspryse van melk (volroom en laevet gepasteuriseerde melk in twee liter houers en in 1 liter sakkies, sowel as langlewe melk in 1 liter houers) in die geldjaar wat in Julie 2010 geeïndig het, met tussen 0,69% en 6,55% gedaal.”

Lees ook: Drasties minder melkboere 

28 Oktober 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.34
+0.7%
Rand - Pond
21.04
+1.1%
Rand - Euro
18.15
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.60
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+0.8%
Goud
1,771.89
+0.2%
Silwer
22.21
-0.2%
Palladium
1,853.28
-1.3%
Platinum
992.00
-0.8%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,420
-0.2%
Alle aandele
74,557
-0.2%
Hulpbronne 10
73,980
-1.1%
Industriële 25
91,397
-0.1%
Finansiële 15
15,738
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom leer my ken dan besluit jy self
Ek is n introvert maar sodra jy my leer ken maak ek oop. Is n natuurmens wat alles in buite lewe geniet. Eerlikheid is bitter belangrik daar sonder werk niks
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot