AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

SA se oudste appelboom op Tafelberg ‘herontdek’

Oud, maar nog nie koud, is oënskynlik die leuse van die oudste appelboom in Suid-Afrika, wat meer as 100 jaar al op Tafelberg vrugte dra.

Die oudste appelboom in Suid-Afrika, wat stilletjies al meer as 100 jaar die wind en weer trotseer en vrugte dra, staan op Tafelberg.

Vir Tru-Cape, die grootste bemarker van appels en pere in Suid-Afrika, was dié ontdekking dalk soos die verlore seun wat huis toe gekom het. True-Cape het reeds 'n voogskap van die oudste peerboom in Suid-Afrika: Dit staan in die Kompanjiestuin in die Moederstad. Dit is, sover bekend, die oudste lewende aangeplante boom** in die land.

En nou óp Tafelberg, is Suid-Afrika se oudste appelboom herontdek, by die hut waarin die eerste dam-ingenieur meer as 'n eeu gelede gewoon het. Dié vader van SA se appelbome is nou weer deur Tru-Cape op die kaart geplaas, by wyse van spreke.

Eerste uitwys van oudste appelboom

Dié verhaal loop só: Brian Berkman, skakelman van Tru-Cape, nooi 'n aantal mediamense op 'n uitstappie om na die oudste appelboom in Suid-Afrika – bo-op Tafelberg – te gaan kyk. Dis die eerste amptelike uitwys van dié boom.

“Ons kry mekaar by Constantia-nek en stap rustig op tot by die hut bo-op die berg, waar ons die appelboom sal uitwys en sommer lekker piekniek hou. Dis 'n ontspannende stappie teen die berg uit,” vertel Brian 'n wit leuen.

Nouja, om Tafelberg te voet te oorwin, is dalk op heelwat mense se “bucket list”. Maar in nabetragting van Brian se wit leuentjie dink ek ek het so hittete self die spreekwoordelike emmer geskop.

Om 09:30 pak die groepie mediamense en ons sibbe, wat Brian ook saamgenooi het, die staptog aan. Dis 'n netjiese, mensgeboude roete wat teen die agterkant van Tafelberg uit sig-sag en wat blyk baie gewild is. Dis 'n heerlike sonskyndag en ons deel die roete met talle ander stappers, oud en jonk, met en sonder honde, drawwers en bergfietsers. Op 'n kol draai die pad vir stappers weg en fietsryers moet 'n ander roete volg.

Ontspannende uitstappie!

Dis tóé wat die marteling inskop, en later besef ek dis hoekom die Tru-Cape-span eerder met 'n viertrek-voertuig dié tog tot by die hut aangepak het. Hulle het dié “ontspannende uitstappie” voorheen al gedoen om na die boom te gaan kyk. (En tot hul voordeel – die vrugte-piekniek was darem agter in die 4x4-voertuig gelaai!)

Die jong lede van ons ekspedisie wag kort-kort teen die steiltes vir ons, die ouer garde, wat in eerste rat klim. Hoe hoër 'n mens stap, hoe verder kon jy sien en die uitsigte is verruklik. “Kyk daar is Perth,” skerts iemand en almal rek die nekke om te kyk.

Toe die groepie op die plato is, besef jy hoe groot Tafelberg eintlik bo-op is. Die pad is mensgemaak van beton, heelwat opgaardamme is gebou en verskeie geboue is opgerig. Selfs kraanwater is netjies langs die pad vir stappers en drawwers aangelê in sulke doelgemaakte spuitfonteintjies.

Ná sowat twee en half ure en die ontbering van seer spiere en knieë, bereik die laaste van die groepie die hut van die Bergklub van SA, waar die veelbesproke appelboom is.

Heerlike piekniek

Die Tru-Cape-span bestaande uit Buks Nel, bekende appelteler en Henk Griessel, Tru-Cape se gehaltebestuurder, wat homself uit die hospitaal ontslaan het om dié uitstappie mee te maak, wag die groepie in. Ook Brian, wat die piekniek begin deur vir elkeen 'n boksie met die heerlikste kos en koeldrank uit te deel.

En siedaar, die appelboom. Die boom vertoon tingerig en staan skeef soos die suidoos hom oor die jare gewaai het. Maar Buks-hulle se huiswerk is goed gedoen en ons kan selfs aan skywe van die klein vruggies van die appelboom proe.

Die boom staan net enkele tree van die hut waarin die eerste dam-ingenieur op die berg gebly het. Dit was ten tye van die bou en voltooiing van die Woodhead-reservoir. Dié reservoir is in die laat 1890’s voltooi. In 1904 sou die hut afgebreek word, maar die Bergklub van SA het 'n ooreenkoms met die Kaapse stadsraad aangegaan om die hut vir een pond per jaar te huur. Die hut word sedertdien netjies deur die Bergklub van Suid-Afrika in stand gehou, en klublede kan daar oornag.

Buks en Henk is self befaamde historici oor appels in Suid-Afrika en het onder meer saam 'n boek gepubliseer, “Apples in the early days of the Cape”. Hulle is ook die dryfkrag agter die Tru-Cape Erfenistuin by Grabouw, waar die genetiese materiaal van Suid-Afrika se appels en pere wat nie meer in produksie is nie, voortbestaan.

Historiese appelbome

Volgens Henk het hul voortdurende soeke na historiese appelbome hulle na die hut op Tafelberg gelei, waar dié appelboom deur mnr. Hennie Venter van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye uitgewys is. Die ouderdom van die boom kon nie vasgestel kan word nie, maar wat 'n feit is, is dat die eerste appel op 17 April 1662 in die Kaap gepluk is. Dit is bekend as die Wijnappel.

* Klik hier om te sien waar dié besondere appelboom staan.

** Die verwysing hierbo na die oudste vrugteboom in SA, die 362 jaar oue winter saffraan-peerboom in die Kompanjiestuin, is volgens oorlewering van Holland afkomstig en in Jan van Riebeeck se tyd in die Kaap geplant. Dit is, sover bekend, die oudste lewende aangeplante boom in die land.

Ten slotte: Indien jy sou verkies om met die kabelkarretjie terug te keer Moeder Aarde toe, is dit sowat 'n uur en 'n half se stap diékant toe, sê een van die gidse en beduie noordwaarts!

Terwyl ons die lang kronkelpad terug vat kar toe, dink ek aan Kurt Darren se mooi lied: "Dis hemel op Tafelberg". Ek knik en neurie dié liedjie en dink, Kurt, jy sing nie van die bloedsweet om óp dié berg te kom as jy moet voetslaan nie! Neem die kabelkar, maar gaan kyk na die appelboom!

Foto hieronder: Die Bergklub van SA se hut op Tafelberg. Die appelboom groei waar die twee mense staan. Foto: Bergklub van SA. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Go-getter
Ekstrovert Eerlik Opreg Lojaal Die Lewe is te kort Kommunikasie Oordink Alles Baie straight forward Vat nie nonsens nie Hou van Wyn en whiskey Hardwerkend
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot