AFGRI
BEAN
29 Nov
-
9295,8
143,80
CORN
29 Nov
-
4473
-5,00
SOYA
29 Nov
-
10265,4
160,40
SUNS
29 Nov
-
10905
51,00
WEAT
29 Nov
-
6795
-30,00
WMAZ
29 Nov
-
5271
-52,00
YMAZ
29 Nov
-
5103
-8,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

SA se voorste kosprodusente

Die Vrystaat, met 'n kwart van die land se potensieël bewerkbare landbougrond, is Suid-Afrika se mees produktiewe provinsie. 

Die hoeveelheid potensieël bewerkbare landbougrond asook begunstigde klimaat, grondtipe en ander bepalende faktore het ‘n gunstige uitwerking van watter landbouprodukte ‘n provinsie produseer.

Suid-Afrika beskik oor sowat  100,7 miljoen ha landbougrond waarvan sowat 16,7 miljoen ha potensieël bewerkbare landbougrond is en sowat 84 miljoen ha weiveld. Sommige provinsies het meer bewerkbare landbougrond, terwyl ander meer weiveld het.  Die grondtipe, klimaat en verskeie ander faktore bepaal natuurlik vir watter tipe landbouproduk die grond aangewend kan word of met watter veesoort daar geboer kan word.

Gewasverbouing

‘n Kwart (25%) van die land se 16,7 miljoen ha potensieël bewerkbare landbougrond is in die Vrystaat geleë. Dit is sekerlik die rede waarom die Vrystaat die mees produktiewe provinsie is in terme van die verbouing van somer- en wintergewasse. Die Vrystaat het die afgelope dekade gemiddeld 36% van die land se mielies, 56% van die graansorghum, 32% van die grondbone, 46% van die sonneblomme en 29% van die droëbone geproduseer.

Die Vrystaat is die land se voorste sonneblom produsent Foto: T BOTHA

Kleiner hoeveelhede sojabone  (16%) word ook in die provinsie geproduseer.  Van die wintergewasse kom sowat 34% van die land se koring uit die Vrystaat.  Geen wonder nie dat sommige mense na die Vrystaat verwys as die “kosmandjie van Suid-Afrika”!

Noordwes, met sowat 20% van die potensieël bewerkbare landbougrond binne sy grense, is ook baie produktief.   Daar word sowat 25% van die land se mielies, 36%  grondbone, 40%  sonneblom, 9% droë bone en 7% graansorghum en sojabone geproduseer.   Wintergewasse word in redelik klein hoeveelhede geproduseer, met sowat 7% van die koring¬produksie en 5% van die garsproduksie.

Die Wes-Kaap het 15% van die potensieël bewerkbare landbougrond binne sy grense.  Dit is ‘n gebied vir groot reënvalle, dus word baie min somergewasse geproduseer, hoewel mielieproduksie die afgelope dekade met meer as 450% toegeneem het.

Van die wintergewasse lewer die provinsie egter 34% van die land se koringproduksie en 70% van die garsproduksie.   Die Wes-Kaap is natuurlik bekend vir sy vrugte- en wynproduksie.  

In Mpumalanga en Limpopo is daar elk sowat 10% van die land se potensieël bewerkbare landbougrond.  Al is die potensieël bewerkbare landbougrond relatief min, lewer Mpumalanga tog 22% van die land se mielies, 26% graansorghum, 48% sojabone en 44%  droëbone.   Daar word ook 6% van die land se sonneblomme geproduseer en 4% van die koring. 

Limpopo produseer ‘n verskeidenheid produkte, maar nie een in groot hoeveelhede nie.  Sojabone is die grootste produk met 9% van die produksie, gevolg deur  graansorghum (8%) en sonneblomme (7%).  Grondbone, droëbone en koring beloop elk sowat 4% en mielies slegs sowat 2% van die land se totale produksie.

Kwazulu-Natal en die Oos-Kaap het elk ongeveer 7% van die potensieël bewerkbare landbougrond binne hul grense.   Kwazulu-Natal  lewer 17% van die sojaboonproduksie, 4% elk van mielies en droëbone en 2% van die koring.   Oos-Kaap se grootste bydrae tot gewasverbouing is droëbone.  Die Noord-Kaap en Gauteng het elk slegs 3% van die potensieel bewerkbare landbougrond.  Die Noord-Kaap se grootste bydraes is 26% van die land se koring, 25% van die land se gars en 14% van die koring. Gautengers produseer minder, met droë bone (7%) en mielies (5%) as die belangrikste produkte.  Graansorghum, sonneblomme, sojabone en koring word in kleiner hoeveelhede verbou.

SA se veegetalle

Die meeste weiveld  is in die Noord-Kaap geleë, maar die meeste vee word nie daar aangetref nie.  As gevolg van die droë karoo-wêreld word minder diere per oppervlakte aangehou.  Altesaam 25%, die tweede grootste, van die land se skaapbevolking word hier aangetref. Dit het ook 9% van die land se bokke en 4% van die land se beeste. 

Noord-Kaap  huisves 'n kwart van die land se skaapbevolking Foto: C SMITH

Die Oos-Kaap het met 16% die tweede grootste weiveld in die land en met normaalweg goeie reënval deur die jaar, word die grootste getal van al drie veesoorte hier aangehou.   Dit  het 39% van die land se bokke, 30% van die skape en 23% van die beeste.

Die Wes-Kaap het 11% van die land se weiveld en ons vind 10% van die land se skape in die provinsie.  Bees- en bokgetalle is elk 4% van die land se totaal. Limpopo het ook 11% van die land se weiveld met 17% van die land se bokke en 8% van die beeste.  

Die Vrystaat is nie net goeie wêreld vir gewasverbouing nie, maar het ook baie diere.  In die provinsie, met 9% van die land se weiveld,  word 20% van die land se skape en 17% van die beeste aangetref.  Kwazulu-Natal, met 6% van die weiveld, is ook goed vir veeboerdery met 20% van die beeste en 14% van die bokke.  

Ook die droër Noordwes is goeie dierewêreld al is daar net 8% van die land se weiveld.  Hy beskik oor 13% van die beeste en 12% van die bokke in die land.  Mpumalanga, met net 4% van die weiveld,  het nie so ‘n groot veefaktor nie en het net 10% van die land se beeste en 7% van die skape.

Wat kan ‘n mens oor Gauteng sê?   Met weiveld, minder as 1% van die land se totaal, word net ‘n paar beeste en bokke daar aangetref.  Vee aard seker net nie goed op teerpaaie en in die oerwoud van sement en staal nie!   

Bronne: Direktoraat: Landboustatistiek van Departement van Landbou, Bosbou en Visserye

Kortbegrip van Landboustatistiek

Nasionale Oeskattingskomitee

*Kobus Smit is ‘n voormalige voorsitter van die Nasionale Oesskattingskomitee.

3 Augustus 2010 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.99
+1.0%
Rand - Pond
20.30
+1.1%
Rand - Euro
17.55
+1.1%
Rand - Aus dollar
11.36
+0.5%
Rand - Jen
0.12
+0.9%
Goud
1,749.10
+0.4%
Silwer
21.25
+1.5%
Palladium
1,840.16
-0.5%
Platinum
1,007.00
+1.4%
Brent-ruolie
83.19
-0.5%
Top-40
66,816
-0.3%
Alle aandele
73,128
-0.3%
Hulpbronne 10
71,369
+0.8%
Industriële 25
88,068
-0.4%
Finansiële 15
16,117
-1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek
Baie liefde .omgee. eerlikheid en hou van die bos .braai .kuier om n vuur en hou van aĺl black rugby
Passievolle mensie opsoek na vriendskap en liefde
Vriendelike en opregte persoon. Opsoek na iemand met goeie morele waardes, lus vir die lewe. Passie vir liefde en die lewe.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot