Lourensford Lanzerac Wyne se handelsmerk-wyne sal binnekort na Indië uitgevoer word nadat in ooreenkoms met 10 Chapters Wine gesluit is. Die maatskappy sal die wyn uitvoer en het ook onlangs 'n ooreenkoms met United Spirits gesluit wat dié maatskappy alleenreg gee om Suid-Afrikaanse wyne in Indië te versprei.
Mnr. Jonty Rhodes, die Suid-Afrikaanse krieketlegende en direkteur van 10 Chapters, is opgewonde oor die bydrae wat die Lourensford-handelsmerk tot sy maatskappy se Indiese beleggings gaan maak.
Mnr. Anton du Toit, die uitvoerende hoof van Lourensford Lanzerac Wyne, sê dat alhoewel uitvoere na Indië nie deel van hul kort termyn-strategie was nie, hulle die geleentheid aangegryp het. Hy meen dit is die regte tyd om die groeiende Indiese mark te betree.
4 September 2008