
PROMOSIE
Ferrari NV is 'n Italiaanse sportmotorvervaardiger wat geleë is in die dorp Maranello. Die maatskappy is begin in 1939 deur Enzo Ferrari en het een van die mees glorieryke verledes van alle motorvervaardigers. In 2014 was die Ferrari-handelsmerk beskou as die sterkste in die wêreld.
Ferrari NV het op die New Yorkse aandelebeurs (NYSE) gelys op 20 Oktober 2015 teen $52,00 per aandeel. Die sogenaamde kortkode van die aandeel op die NYSE is “Race”.
Die aandeel het 'n laagtepunt van $32 bereik op 11 Februarie 2016, waarna dit herstel het tot die huidige vlak van $90,59.
Die twee grootste aandeelhouers in Ferrari NV is Fiat Chrysler Automobile (FCA) met 'n aandeelhouding van 22.,89% en Pierro Ferrari, Enzo se seun, met 'n aandeelhouding van 9,60%.
Die onderstaande grafiek illustreer hoe die aandeelprys gegroei het die laaste jaar.
Die moontlike redes hiervoor sluit in:
- Die maatskappy se beleid was voorheen om nie meer as 7 000 motors per jaar te verkoop nie. Dit was in die dae toe Luca de Mentizemelo die besturende direkteur was. Hierdie limiet is egter in die proses om verhoog te word deur die huidige besturende direkteur, Sergio Marchione.
- Die maatskappy se nettowinsmarge het verhoog van 10,10% in 2012 tot die huidige syfer van 14,30%. Vergelykende syfers van Dr Ing hcF Porsche AG (Porsche) is 11,80% en Byaerische Motoren Werke AG (BMW) se syfer is 7,60%.
- 'n Bydraende faktor vir hierdie gesonde syfer is die hoeveelheid, en prys, van opsies op nuwe Ferrari-motors. Die feit dat kopers bereid is om meer as ses maande vir 'n nuwe motor te wag, maak hulle genoë om meer te betaal vir opsies.
- Die Ferrari Special Projects-afdeling vervaardig unieke motors vir kliënte wat bereid is om 'n groot premie te betaal. 'n Onlangse voorbeeld is die Ferrari SP275 RW Competizione.
- Die maatskappy se motorsportafdeling, Scuderia Ferrari, is wêreldwyd bekend vir hulle mededinging in veral Formula 1. Dit is die enigste span wat in elke F1-kampioenskap deelgeneem het sedert 1950. Die 2017 jaar behandel die span goed deurdat Sebastian Vettel voorloop in die bestuurderskampioenskap. Dit behoort te lei tot 'n groter inkomste uit die FIA se jaarlikse verdeling van prysgeld.
- Die maatskappy besit ook bykans 30 Ferrari kleinhandelboetieke wêreldwyd. Hierdie winkels verkoop klere, bykomstighede en memorabilia. Winsmarges is veral hier uit die boonste rakke.
Hoe lyk die pad vorentoe? Na bewering wil die maatskappy sy inkomste verbeter deur die volgende aktiwiteite:
- Die hoeveelheid nuwe motors wat toegelaat word om verkoop te word, gaan moontlik verder verhoog word. Sergio Marchione het genoem dat kliënte wat Ferraris wou koop, en nie lank wil wag nie, uiteindelik Lamborghinis koop.
- Daar is sprake van 'n kleiner, goedkoper model wat moontlik vrygestel kan word. Dit mag weer lei tot 'n Ferrari Dino soos in 1968. Enzo se oudste seun, Dino, is oorlede op 24-jarige ouderdom in 1956. Die Ferrari Dino is na hom vernoem.
- Daar is sprake van gedeeltelike geëlektrifiseerde (“hybrid”) modelle in die afsienbare toekoms. Dit behoort sukses te behaal met die “groener” verwagtings van motorkopers.
- Sergio Marchione het voorheen genoem dat Ferrari NV oor sy dooie liggaam 'n sportnutsmotor (“SUV”) sal vervaardig. Daar is gerugte dat die maatskappy egter wel daarna begin kyk. Automobili Lamborghini is besig om hulle eie weergawe, die Urus, te finaliseer vir 'n bekendstelling in die nabye toekoms, en Porsche se model wat die beste verkoop is hulle kleiner sportnutsmotor genaamd Macan.
Dit wil blyk asof analiste ook opgewonde is oor Ferrari NV se toekoms. Die onderstaande Bloomberg-opsomming wys dat 11 analiste tydens 'n meningsopname aangedui het dat hulle dink die aandele kan aangekoop word.
Ferrari NV-aandele kan gekoop word op BVG Financial Solutions se CFD platform.
Edwin Smit is 'n portefeuljebestuurder by BVG Financial Solutions, 'n gemagtigde finansiële dienste-verskaffer van die FSB, met lisensienommer FSP 39889, en ook 'n geregistreerde JSE-finansiële handelaar van BVG Commodities (Lid van die JSE). Hy is 'n gereelde spreker op RSG Geldsake. Sy kontakbesonderhede is: 012 484 4013 of edwin.smit@bvg.net. Die volgende dienste word gebied:
- Wisselkoersverskansing op BVG se Yield-X (JSE) lisensie. Lesers kan inteken op die daaglikse valutaverslag.
- Die ruil van fisiese kontant in samewerking met Absa en Investec: Omskakeling van rande na dollars, euros en ponde, en andersom. Fondse word direk in kliënte se Absa- of Investec-rekenings betaal: BVG Financial Solutions neem dus self nie die fondse in ontvangs nie.
- “Contracts for difference (CFD’s)”. Kliënte gebruik hierdie instrumente om hulle opinies in die markte uit te druk.
- Aandeleportefeuljebestuur in samewerking met Momentum SP Reid Securities. Lesers kan inteken op die daaglikse aandeleverslae.