
Die graanmaatskappy Senwes het ’n dividend van 100 sent per aandeel verklaar. Dít buiten die gewone tussentydse dividend van 25 sent per aandeel wat hy met die bekendmaking van sy tussentydse finansiële resultate verklaar het.
Senwes het die eerste ses maande van die boekjaar (tot einde Oktober) ’n wins van R147 miljoen getoon. “Ná die buitengewoon gunstige toestande van die vorige jaar, het toestande in die landbou en sakewêreld in die eerste ses maande teruggekeer na meer normaal,” het mnr. Johan Dique, besturende direkteur van Senwes, gesê.
Die maatskappy se omset is egter 30 % laer as verlede jaar dié tyd. Tog het sy netto inkomste met slegs 15 % gedaal. Gegewe die heersende ekonomiese toestande is Dique egter in sy skik dat aanvaarbare resultate gelewer is. Hy is optimisties oor die res van die jaar.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 18 Desember 2009.
11 Desember 2009