AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Sertifisering - maak so

Die De Rust-landgoed buite Grabouw is die eerste wyn- en vrugteplaas in Suid-Afrika wat sertifisering van die Euro-Retailers Produce Working Group se Good Agricultural Policy (Eurepgap) verkry het, en een van enkele plase wat ook Tesco se Nature's Choice-akkreditering het. Hulle deel die lesse wat hulle in die sertifiseringsproses geleer het, met Landbouweekblad se lesers.

Voedselveiligheid word ál meer 'n verbruikerskwessie, en sertifiserings soos Eurepgap en Nature's Choice gee klante en invoerders die versekering dat die plaas aan veiligheidsvereistes voldoen.

"Ons word as 'n verantwoordelike en naspeurbare produsent erken, en dit maak meer Europese markte vir ons toeganklik," sê me. Karin en mnr. Wayne Voigt, produksiebestuurders van die De Rust-landgoed, wat jaarliks 80 000 kartonne vrugte en Paul Cluver-wyn na Brittanje, Ierland, Oostenryk en België uitvoer.

Hulle probeer alle moontlike sertifiserings en akkrediterings kry om uiteindelik rakspasie vir hul vrugte in die buiteland te verseker.

Eurepgap het as 'n inisiatief deur die voorste kleinhandelaars in Nederland, Brittanje, Swede, Italië, België, Spanje, Duitsland en Oostenryk, Ierland en Switserland ontstaan om te verseker dat vennote in die hele voedselketting vir vrugte en groente aan tegniese protokolle en die beste praktyk vir die wêreldwye verbouing van tuinboukundige produkte voldoen.

Die Voigts sê dié sertifisering, wat in die afsienbare toekoms verpligtend gaan word vir uitvoer na deelnemende supermarkte, beskerm verbruikers deur goeie landboupraktyke te verseker. Die sertifisering lê ook klem op sosiale verantwoordelikheid en verantwoordelike omgewingsbestuur.

"Die Eurepgap-vereistes is eintlik goeie praktyk, veral ten opsigte van omgewingsbestuur. Die vereistes vir naspeurbaarheid is sinvol, want 'n mens het 'n behoorlike rekord van alles."

Volgens me. Voigt vereis dit nogal dissipline en aanpassing om gewoond te raak aan die omvattende rekordhouding wat vereis word. " 'n Werker moet vir sy taak opgelei word en instruksies en veiligheidsmaatreëls verstaan en dit kan toepas. As die plaas se werkers opleiding ontvang het, wil die ouditeur die sertifikate sien, asook bewys van die opleidingsinstansie se bevoegdheid om sodanige opleiding te doen. Waar 'n grondkundige aanbevelings vir aanplantings gemaak het, moet daar dokumentasie van sy kwalifikasies wees."

Om alles gereed te kry vir 'n suksesvolle Eurepgap-oudit hoef nie duur te wees nie, sê die Voigts. "Die meeste goeie boere doen ál die goed, maar het dit net nie op skrif nie.

"Kry daardie laaste 5 % in orde. Skryf die inligting wat jy in jou kop of dagboek het, neer," is mnr. Voigt se raad. "Dit is nie tydmors nie. Mense wat negatief is, sien net die koste raak."

Volgens me. Voigt is die meeste van die voorskrifte oor werkers en die omgewing in elk geval in plaaslike wetgewing vervat. Sy reken wetsgehoorsame burgers behoort nie probleme in daardie afdelings te hê nie.

"Eurepgap is nie voorskriftelik nie, en verwag nie dat alles van die begin af perfek moet wees nie. Hulle wil weet dat die prosedure reg en op skrif is. 'n Mens moet hulle kan oortuig dat jou manier van doen dalk anders is, maar geen reëls verbreek nie en steeds dieselfde resultaat gaan hê.

"Hulle wil byvoorbeeld weet hoe die grond wat nie beplant is nie, benut en bestuur word, maar is tevrede as hulle sien 'n mens het 'n bestuursplan en aksielys, en dink en tree in die regte rigting op. Wat ons amfiteater betref, wou hulle sien wat ons doen om die veiligheid van besoekers te verseker.

"Waar moet ek begin?" is die noodkreet van die meeste produsente - veral as hulle die Eurepgap-kontrolelys met sy meer as 250 vrae in rooi, geel en groen blokkies lees.

Die Voigts erken dit is moeilik om te weet waar om te begin. "As 'n mens die vorm bekyk, lyk dit asof daar té veel dinge is om te doen en te verander, maar as jy oor die ergste skok is, is dit eintlik basiese goed wat hulle vereis."

Produsente wat om Eurepgap-sertifisering wil aansoek doen, moet die "fundamentele goed", soos die hantering van landbouchemikalieë, werker-aangeleenthede en omgewingsbestuur, regkry. "Begin waar jy die grootste verskil kan maak," stel die Voigts voor.

Volgens me. Voigt was die diens wat Kobus Hartman, omgewingsbestuurder, en Sarah le Grange, omgewingskoördineerder, van Capespan gelewer het, van onskatbare waarde. "Hulle het 'n ongelooflike ondersteunende rol as mentors gespeel."

Mnr. Hartman en me. Le Grange verskaf 'n geïntegreerde basisdokument vir gewasbestuur waarmee hulle kon bepaal wat reeds gedoen is en waarop hulle moet konsentreer.

"Praat met mense wat dit reeds gekry het," is nóg praktiese raad van me. Voigt. "Mense deel maklik hul inligting, en dit beteken dat 'n mens nie alle vorms en prosedures van voor af hoef te ontwikkel nie."

Hulle het bruikbare wenke van medeboere gekry. 'n Vrugteboer op 'n buurplaas, wat ook onlangs Eurepgap- en Nature's Choice-sertifisering gekry het, sê hy doen niks net vir die mooi nie. Enigiets wat hy verander of nuut doen, moet prakties en sinvol wees en by sy boerderypraktyke inpas.

Die Voigts is dit eens dat al die veranderinge min werd gaan wees as die produsent nie glo in wat hy doen nie. " 'n Mens moet glo dat dit jou boerderypraktyke gaan verbeter."

Die proses verloop volgens hulle ook gladder as die veranderinge wat 'n mens aanbring, prakties en funksioneel is - "goed wat werk".

"Mense wat weerstand het teen sertifisering, het nie baie moeite gedoen om uit te vind waaroor dit gaan nie.

"Kleinhandelaars wil aan hul kliënte die waarborg gee dat die produkte veilig geproduseer is in 'n veilige omgewing, waarin werkers en hul kinders nie uitgebuit word nie. Dít is tot voordeel van alle partye," sê mnr. Voigt.

Uiteindelik, sê die Voigts, gaan dit oor die goeie naam van Suid-Afrikaanse vrugte by oorsese aankopers. En dít is iets wat alle produsente raak.

Plaaslike stelsel haal angel uit sertifisering

Alle vrugte- en groenteprodusente - of hulle in die ooste van Engeland, Chili, Spanje, Thailand of Zambië boer - moet Eurepgap-sertifisering kry as hulle voorkeur wil geniet by die supermarkte en kleinhandelaars wat dié stelsel onderskryf.

Eurepgap-sertifisering is nie wetlik verpligtend nie, maar volgens me. Sarah le Grange, omgewingskoördineerder in Capespan se omgewingsake-afdeling, verwag supermarkgroepe soos J. Sainsbury (Brittanje) en Albert Heijn (Nederland), dat die plase wat produkte aan hulle lewer, reeds teen 2003 Eurepgap-sertifisering moet hê.

"Dit is Capespan-beleid dat ál ons voorsieners teen 31 Desember 2003 Eurepgap-sertifisering moet hê."

Volgens haar is Eurepgap die minimum-standaard vir goeie boerderypraktyke wat kleinhandelaars aan produsente stel. "Goeie boerderypraktyke is ietwat misleidend, want dit omvat meer as net goeie boerderypraktyke. Dit fokus ook op werkersveiligheid en die omgewing."

Eurepgap het 251 kontrolepunte. Altesaam 41 is die sogenaamde rooi belangrike moets ("major musts"). Hieraan moet die produsent 100 % voldoen om die oudit te slaag. Daar is sowat 90 geel mindere moets ("minor musts"), waaraan 95 % voldoen moet word. Die res is vereistes waaraan die boerdery behoort te voldoen, die sogenaamde "shoulds". Hoewel produsente vrae oor laasgenoemde moet kan beantwoord, maak dit nie saak as dit nog nie gereed is nie. Die Eurepgap-standaard word tans hersien en bygewerk. Die nuwe standaard sal in 2004 bekend gestel word.

Om dit vir Capespan-produsente makliker te maak om hul boerderypraktyke as veilig en korrek gesertifiseer te kry, en onnodige duplisering uit te skakel, het Capespan se omgewingsake-afdeling oor die afgelope paar jaar 'n geïntegreerde gewasbestuursprogram (ICM) ontwikkel om 'n omvattende stelsel te hê om produsente op te lei, en internasionale standaarde maklik verstaanbaar en werkbaar vir plaaslike toestande te maak.

"ICM is 'n oudit wat ál die supermarkstandaarde weerspieël. Daar is sekere basiese vereistes wat alle sertifiseringstelsels stel. Die GAP-stelsels kyk almal na veilige en verantwoordelike gebruik van landbouchemiese middels vir oesbeskerming en bemesting, werkerveiligheid en omgewingsbestuur. Iets uniek aan ICM is sy fokus op goeie bestuurspraktyke ten opsigte van produkgehalte en meer gedetailleerde fokus op geïntegreerde plaagbestuur," sê me. Le Grange.

"Dit is ook daarop gemik om die Cape-handelsmerk uit te bou. Ons het ICM ontwikkel om ons te onderskei."

Capespan se ICM-stelsel is ontwikkel deur die belangrikste vereistes van Nature's Choice en Eurepgap, asook die supermarkte in Brittanje, naamlik Waitrose, Sainsbury en Safeway, se vereistes oor etiese handel en sosiale aanspreeklikheid, te inkorporeer. Dit is gedoen saam met bepalings van die internasionale gedragskode vir sosiale aanspreeklikheid, "Social Accountability 8000", Suid-Afrikaanse omgewingswetgewing en Capespan se eie vereistes vir geïntegreerde plaagbestryding en gehaltepraktyke.

Om te verseker dat die oudit in plaaslike omstandighede werkbaar is, is dit geëvalueer en 'n paar keer hersien met behulp van kundiges in die landbou, geïntegreerde plaagbestryding, ekonomie en omgewingsbestuur.

ICM is só saamgestel om produsente te help om aan standaarde van Europese supermarkte te voldoen. "Dikwels is gedragskodes, en selfs sommige van die Eurepgap-vrae, baie wyd gestel en is die fynere punte van die praktiese uitvoering daarvan nie in die dokumentasie vasgepen nie.

"Met ICM poog ons om die standaarde prakties te maak, en interpreteer ons die dikwels vae vereistes wat deur die ander ouditstelsels gestel word en probeer om dit vir Suid-Afrikaanse toestande te laat werk."

Die stelsel is in self-oudit formaat beskikbaar, sodat die produsent self kan sien wat verlang word. "Ons verskaf ook 'n ICM-handleiding met voorbeelde van rekords, prosedures en ander dokumentasie wat verlang word om aan supermarkstandaarde te voldoen. Dit word voortdurend bygewerk om tred te hou met veranderende standaarde."

Capespan se omgewingsake-afdeling doen groepsopleiding om basiese beginsels van GAP, Eurepgap en ICM bekend te stel. Daarna laat hulle produsente 'n ICM-oudit invul om tekortkominge te identifiseer. Hulle doen ook plaasbesoeke om spesifieke knelpunte uit te wys en raad te gee. Hulle kan ook 'n pre-oudit doen voor die ouditeur of sertifiseerder die amptelike Eurepgap-oudit doen.

Op meer praktiese vlak is me. Le Grange se raad aan enige produsent wat nog nie met die proses begin het nie, om dadelik die boerdery se stoor vir landbouchemikalieë in orde te kry. "Sertifisering fokus altyd op die veiligheid van mense, die omgewing en die produk, en dus sal verkeerde of onveilige hantering van chemikalieë nie oorgesien word nie. Die stoor hoef nie mooi te wees om funksioneel te wees nie." Volgens me. Le Grange moet dit 'n goed geventileerde, geboude struktuur wees, met 'n sementvloer en 'n deur wat kan sluit. Binne-in die gebou moet die reëls vir die berging van chemikalieë streng gehoorsaam word.

Sy sê as 'n mens mooi daaroor dink, hoef die meeste produsente nie 'n nuwe stoor vir landbouchemikalieë te bou nie. "Hulle kan net 'n paar aanpassings aan die bestaande stoor maak."

Dit is net so belangrik om 'n omvattende rekordstelsel te begin. "Goeie rekordhouding is 'n maak-of-breek-saak. Die ouditeur ken nie die boer nie en kan hom dus nie in goeder trou glo nie. Hy wil sien dat sekere aksies uitgevoer is."

Dit is veral toedieningsrekords vir chemikalieë wat noukeurig bygehou moet word. 'n Produsent moet kan bewys dat werkers in die sleutelaspekte opgelei is, en hul veiligheid by die hantering van swaarvoertuie, gevaarlike toerusting, veilige hantering van chemiese middels en higiëne by die hantering van die produk kan waarborg.

En wat kan 'n produsent doen om die sertifiseringsproses so pynloos moontlik te laat verloop?

"Deur die regte ingesteldheid te kweek," sê me. Le Grange. "Voor 'n produsent homself nie tot die proses verbind het en besluit hy gaan voluit daarvoor nie, gaan dit nie werk nie. Solank 'n produsent net die oudit wil slaag en nie praktiese veranderinge wil aanbring nie, gaan hy nie 'n volhoubare GAP-stelsel kan vestig nie.

"Met die regte ingesteldheid is die veranderinge relatief maklik, en sal jy 'n plan kry om struikelblokke te bowe te kom. Solank jou hart nie daarin is nie, gaan dit eindelose frustrasie beteken."

Baie vrugteboere verkeer onder die indruk dat hulle nie sonder Eurepgap-sertifisering kan uitvoer nie. Volgens me. Le Grange is Eurepgap nie 'n wetlik afdwingbare stelsel, soos uitvoerstandaarde, nie, en dus nie verpligtend vir uitvoere nie. "Dit is bloot 'n vereiste vir sekere markte. 'n Mens kan steeds daarsonder na ander supermarkte en groothandelaars in die EU, die Amerikas, die Ooste en Afrika uitvoer."

Met Eurepgap-sertifisering gaan produsente ook nie méér geld vir hul vrugte kry nie, maar wel plek op supermarkte se rakke. In Brittanje is die supermarkte gemiddeld beter betalers as groothandelaars en groot kopers van Suid-Afrikaanse vrugte. "Ons het supermarkte nodig om 'n volhoubare afsetgebied vir ons vrugte te hê," sê me. Le Grange. "Ons moet sorg dat ons ons Europese supermarkkliënte gee wat hulle wil hê, anders is daar iemand anders wat dit wel sal doen."

Proses hoef nie kronkelpad te wees nie

Om Eurepgap-sertifisering te kry, hoef nie 'n steil kronkelpad vol slaggate te wees nie. Mnr. Hendri Ludik van Pro Health Services en 'n Eurepgap-ouditeur, sê as produsente weet waar om te begin en die beskikbare inligting benut, kan dié pad gou gelyk word. "Daar is selfs 'n kabelkar om hulle teen die steiltes uit te neem."

Volgens mnr. Ludik is die goeie nuus met betrekking tot die Eurepgap-stelsel dat dit:

Die produsent betrek én in 'n groot mate tegemoet kom. "Die stelsel is uiters akkommoderend en gee krediet vir jou manier van dinge doen."

Nie verwag dat produsente hul hele boerdery moet verander om sertifisering te kry nie. Produsente wat erns met hul boerdery het, voldoen volgens hom reeds aan die meeste vereistes. "Al wat verwag word, is dat spesifieke inligting gedokumenteer moet word en dat almal 'n bydrae maak om die kliënt, hulpbronne en werkers te beskerm."

Hy sê die eerste stap is om self deur die Eurepgap-handleiding te werk. Dit is in Engels beskikbaar by: www.eurep.org, of in Afrikaans by: www.deciduous.co.za

Daarna moet 'n produsent besluit of hy die proses self gaan bestuur, 'n konsultant gaan inroep, 'n klaar geskryfde stelsel gaan koop, of 'n kombinasie hiervan gaan gebruik. Die voor- en nadele van elk is soos volg:

Die voor- en nadele van die verskillende sertifiseringroetes wat 'n produsent kan volg

< tr>

Roete:

Voordele:

Nadele:

Kan goedkoper wees

boer, eerder as om met papierwerk te

sukkel

help met

moeilike dele

Verhoed duur ompaaie

Vergemaklik die moeilike dele

Help om vir sertifisering voor te berei

en nie weet waarvoor geoudit gaan

word nie, of as gids meer wil imple

menteer as wat nodig is

geskryfde

stelsel

Stelsel is eenvormig

filosofie nie

Moet steeds in stand gehou word

Kan duur wees

Bestuur selfDit sluit aan by die Eurepgap-filosofie
Tydrowend, veral as jy verkies om te
Konsultant
Kan tyd bespaar
Kan duur wees as gids onbevoeg is,
Koop klaar
Dokumente behoort volledig te wees
Nie heeltemal in lyn met Eurepgap-

Vir produsente wat verkies om die proses sélf te bestuur, is mnr. Ludik se raad:

  • Besluit vroeg reeds watter sertifiseringsorganisasie jy gaan gebruik. SGS, PPECB, CMI en SABS lewer hierdie diens. "Dit is raadsaam om 'n verbintenis met jou sertifiseerder of ouditeur op te bou om 'n aanvoeling te ontwikkel vir hoe hulle die standaard vertolk. 'n Mens behoort dus in 'n beter posisie te wees om jou vir sertifisering voor te berei. Die tweede rede is om nou al 'n plek in hul stelsel te kry aangesien hulle jou teen volgende jaar dalk nie kan inpas nie."

  • Daar is denkrigtings wat voel dat 'n produsent eers al die rooi "belangrike moets" moet deurwerk, en dan die geel "mindere moets". "Myns insiens is dit beter om die stelsel per afdeling te benader. Neem 'n afdeling waar jy voel jy redelik op standaard is, werk dit deur en kom op datum met al die vereistes. Doen dan die volgende afdeling."
  • Wat die aspekte betref wat "behoort" gedoen te word, is dit herhaaldelik bewys dat indien 'n mens aan die voorgeskrewe 100 % "belangrike moets" en 95 % "mindere moets" voldoen, jy amper outomaties aan 70 % tot 80 % van die groen aspekte wat "behoort" gedoen te word, voldoen.

  • Maak 'n verbintenis tot suksesvolle sertifisering.

27 September 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
-5.0%
Palladium
1,623.95
-2.8%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Betroubare opregte mense is n maklike humoristiese mens en kom
Ek is n Vriendelike omgee mens met hope humor en Bae liefde vir my medemens. Geniet die buite lewe en vang graag vis en Kamp graag. H
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot