AFGRI
BEAN
08 Feb
-
9832,4
-55,60
CORN
08 Feb
-
4660
-34,00
SOYA
08 Feb
-
9340
-57,00
SUNS
08 Feb
-
10000
-150,00
WEAT
08 Feb
-
6840
33,00
WMAZ
08 Feb
-
4340
5,00
YMAZ
08 Feb
-
4417
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Sitrus-uitvoer mik na China

Suid-Afrika sal dringend nuwe sitrusmarkte moet ontsluit.

Suid-Afrika is die grootste sitrusuitvoerder in die Suidelike Halfrond en met die gesonde groei in produksie sal nuwe markte dringend ontsluit moet word.

In 2003 is nagenoeg 69 miljoen kartonhouers sitrus uitgevoer en volgens die jongste produksievooruitskattings lyk dit asof dié uitvoer sal toeneem tot sowat 100 miljoen kartonhouers teen die jaar 2010.

Mnr. Justin Chadwick, hoof uitvoerende beampte van die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika (SKVSA), het tydens Citrus Research International (CRi) se navorsingsimposium op Modimolle (Nylstroom) in Limpopo gesê die 2004-boomsensus dui aan dat daar tans sowat 60 000 hektaar onder sitrusboorde is.

Die meeste sitrus word in Limpopo geproduseer, gevolg deur die Oos-Kaap met Mpumalanga in die derde plek en daarna die ander kleiner produksiegebiede. Lemoene (Valencias en Nawels) verteenwoordig tans sowat 68 % van die totale oes terwyl sagte sitrus, pomelo's en suurlemoene die oorblywende 30 % min of meer in gelyke volumes verteenwoordig.

Chadwick sê die produksievolume het vanaf 1976 tot 1996 met 20 miljoen kartonhouers toegeneem en vanaf 1996 tot 2003 het dit wéér met 20 miljoen kartonne gegroei. Dit is teen dié agtergrond en die feit dat baie boorde tans sewe jaar en jonger is, dat daar verwag word dat die 69 miljoen kartonhouers wat in 2003 uitgevoer is, sal groei tot 100 miljoen kartonhouers in 2010. Hoewel produksievolumes in Peru en Chili (Suid-Amerika) ook groot toenames toon, sal Suid-Afrika steeds die grootste uitvoerder uit die Suidelike Halfrond bly.

Die logiese vraag is waarheen gaan hierdie geskatte 100 miljoen kartonhouers sitrus in 2010 uitgevoer word?

Die Europese mark, wat sowat 25 % van die wêreld se sitrus verbruik, is redelik goed gevestig. Die Europese sitrusverbruik het met ongeveer een miljoen ton per jaar toegeneem van 22 miljoen ton in 1995 tot 27,6 miljoen ton in 2001. Hoewel voedselveiligheid 'n al hoe groter rol binne die Europese Unie en sy invoerlande gaan speel, glo Chadwick die fitosanitêre kwessie rakende sitrusswartvlek sal uitgestryk word en dat die status daarvan van 'n kwarantynsiekte na 'n gehalteprobleem aangepas sal word. Die Europese mark sal tot 2010 egter nie in só 'n mate groei om 'n aansienlike groter volume sitrus uit Suider-Afrika op te neem nie.

Sowat 20 % van Suider-Afrika se sitrus word tans na Wes-Europa uitgevoer, 12 % na Oos-Europa, 17 % na die Verre-Ooste, 14 % na die Midde-Ooste en 6% na Noord-Amerika.

Allerweë word die oë nou op China, Indië en die uitbreiding van die markte in Wes-Europa gerig as groter potensiële markte vir Suider-Afrika se groeiende sitrusvolumes. Een scenario wat nou ter sprake kom, is om teen 2010 sowat 30 % van die Suider-Afrikaanse sitrusoes na China uit te voer. Indië word nie uit die oog verloor nie, omdat dit tans spog met 'n hoër groeikoers as China.

Chadwick het gesê daar is etlike faktore wat China 'n aantreklike uitvoermark vir Suider-Afrikaanse sitrus maak:

  • China het tussen 1,3 miljard en 1,4 miljard verbruikers.
  • Grootskaalse verstedeliking vind plaas met 'n ongekende groei in supermarkte.
  • Suid-Afrika het 'n goeie verhouding met hierdie supermarkte omdat Suider-Afrikaanse sitrus reeds deur Hongkong na China uitgervoer is. Dié uitvoerkanaal bestaan egter nie meer nie. Vrugte uit Suider-Afrika is gesog in China in die seisoen wat daar nie sitrus in die Noordelike Halfrond beskikbaar is nie.
  • China spog met 'n gesonde groeikoers van meer as 9 % wat verbruikers se besteebare inkomste aansienlik verhoog.
  • Chinese se besteebare inkomste het oor die afgelope 20 jaar met 45 % gegroei en gevolglik bestee die verbruikers meer geld aan vrugte.
  • Sitrusswartvlek is nie 'n fitosanitêre probleem in China nie en daarom kan dié land 'n mark bied vir Suider-Afrikaanse sitrus uit produksiegebiede waar sitrusswartvlek wel voorkom.

    Volgens Chadwick kan dit 'n uitgerekte proses wees om uiteindelik die uitvoerknoop met China deurgehaak te kry. Suid-Afrika het reeds in 2001 aansoek gedoen om spesifieke landbouprodukte na China uit te voer en die eerste reaksie daarop is in Desember 2003 gekry toe navraag oor drie siektes gedoen is. 'n Reusetaak lê nog voor, want dit het Amerika byvoorbeeld 10 jaar gekos om marktoegang tot China te bewerkstellig.

    "Handelsooreenkomste word nie deur individuele bedrywe onderhandel nie, maar deur die betrokke regerings. Australië en Chili het onlangs marktoegang tot China verkry sowat nege maande nadat die Chinese premier dié lande besoek het. Miskien hou die jongste beoogde besoek van die Chinese premier aan Suid-Afrika sommer groot belofte in vir die sitrusbedryf," sê Chadwick.

    23 Julie 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.54
+0.1%
Rand - Pond
21.20
-0.1%
Rand - Euro
18.84
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.23
-0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
986.55
-0.0%
Palladium
1,668.64
+0.9%
Goud
1,880.80
+0.4%
Silwer
22.45
+1.2%
Brent-ruolie
83.69
+3.2%
Top-40
73,620
+0.3%
Alle aandele
79,635
+0.1%
Hulpbronne 10
74,576
-0.0%
Industriële 25
103,162
+0.5%
Finansiële 15
16,282
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hardwerkende man wat hou van die natuur en besig wees.
Ek is n pappa van 4 kinders (2 seuns en 2 dogters). Hou baie van die buite lewe en geniet dit baie om te dans. n Aand uit is net so nodig soos n Sondag middag op die bank. Vat...
Not the first but ... to be the last ❤
Wat jy sien is wat jy kry, nie n emotional up en down mens nie. Hou van n positiewe uitkyk op die lewe Lief vir my dogter, diere, buite lewe en my Hemelse Vader. Opsoek na ou...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot