AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
11 Nov
-
157,79
-1,69
Ave Wool - RWS
11 Nov
-
166,91
2,42
Beeste A2/3
11 Nov
-
60,08
-0,01
Beeste AB2/3
11 Nov
-
56,81
0,56
Beeste B2/3
11 Nov
-
52,15
-0,80
Beeste C2/3
11 Nov
-
48,73
-0,12
Bevrore Hoender
11 Nov
-
31,94
-0,12
Bokkies (onder 30 kg)
11 Nov
-
63,1
0,10
Bokooie
11 Nov
-
43,61
4,61
Groot (meer as 40 kg)
11 Nov
-
46,34
2,08
Hoender (IQF)
11 Nov
-
31,3
-0,20
Medium (30-40kg)
11 Nov
-
60,71
6,10
Pork Average
11 Nov
-
34,12
-1,93
Poultry Average
11 Nov
-
32,11
-0,25
Skaap A2/3
11 Nov
-
90,18
-0,27
Skaap AB2/3
11 Nov
-
75,17
-0,35
Skaap B2/3
11 Nov
-
72,99
-1,21
Skaap C2/3
11 Nov
-
69,21
-1,49
Speenkalf
11 Nov
-
36,96
-0,14
Spekvarke
11 Nov
-
34,51
-0,93
Stoorlammers
11 Nov
-
41,2
1,38
Varkwors
11 Nov
-
26,82
-1,04
Vars Hoender
11 Nov
-
33,1
-0,44
Vleisvarke
11 Nov
-
33,99
-1,96

Skaal plaagdoders af

Die natuur kan met groot welslae gebruik word om peste en plae onder beheer te kry. Vlermuise en tarentale kan groot nut vir die boer hê.

Die natuur kan met groot welslae gebruik word om peste en plae onder beheer te kry. Vlermuise en tarentale kan groot nut vir die boer hê.


Vlermuise

Die oomblik wanneer die woord vlermuis genoem word, dink almal aan ’n vuil, bloedsuiende dier wat in ’n mens se hare nes maak. Hierdie mite het veroorsaak dat die vlermuis as ’n plaag gesien word en oral waar die vlermuis voorkom, wil die mens hom uitroei. Die waardevolle rol wat vlermuise in die natuur speel, is aan min mense bekend.  


Vlermuise is uitstekend vir die bestryding van insekte en vreet onder meer vlieë, besies, kakkerlakke en hulle hou veral van muskiete. Hulle vreet nie net insekte nie, maar speel ook ’n belangrike rol in die bestuiwing van bome, blomme en vetplante. Hulle versprei sade sodat plante in nuwe gebiede kan groei.


Help op verskeie plekke

Vlermuismis is vrugbaar en kan in tuinbeddings ingewerk word. Vlermuise hoef nie net rondom die huis benut te word nie, maar kan ook gebruik word om inseksoorte wat lastig is in vrugteboorde en gesaaides, in toom te hou. 


Die vraag wat is hoe die boer vlermuise kan vestig in dié gebied waar ’n probleem met insekte ervaar word. Dit kan reggekry word deur ’n “vlermuishuis” of “-hotel” op te sit sodat die vlermuise kan intrek. Die vlermuishok word gewoonlik in die lente opgesit en moet ten minste meer as ’n meter bo die grond wees omdat vlermuise eers vryval voordat hulle begin vlieg.


Maak só met hokke

Die hokke kan teen geboue se mure, op pale of teen bome aangebring word. Dit blyk egter dat vlermuise hokke wat op pale of teen die muur van ’n gebou aangebring is, die vinnigste beset, veral as ’n lig naby is wat insekte snags nader lok.


Wanneer die vlermuishok teen die muur van ’n gebou aangebring word, moet dit verkieslik teen ’n noordwestelike muur onder die dakkap van die gebou geheg word.  Namiddagson is nodig om die vlermuise binne die hok warm te hou voordat hulle vir die nag uitgaan. 


Ongeveer 150 vlermuise kan in ’n vlermuishuis intrek en hulle kan tot 60 000 insekte per nag vreet. ’n Vlermuishotel kan tot 5 000 vlermuise en meer huisves (na gelang van die grootte) en word gewoonlik in boorde opgerig.  Planne vir ’n vlermuishok kan op www.batconservation.org gekry word (FIGUUR 1 en 2).


John Enslin bou namens die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging uil- en vlermuiskaste. Hy bou dit op aanvraag en kan by 072 441 3652 of per e-pos by theowlhut@gmail.com gekontak word. 


Tarentale

Die tarentaal, ook bekend as die poelpetaan, is ’n algemene jagvoël en kom wydverspreid in Afrika suid van die Sahara en Suid-Afrika voor. Dié groot voël met sy ronde liggaam en klein kop word meestal op die grond aangetref, maar kan ook vlieg wanneer dit nodig is. 


In die bestryding van insekplae sien sommige boere die tarentaal as ’n vennoot omdat insekte, soos stronkboorder, swartmieliekewer en lusernruspe, deel van tarentale se dieet is. In die weste van Australië word voëls, soos tarentale en hoenders, al hoe meer gebruik om ’n hele spektrum van plae in wingerde te bestry.


Die tarentaal het ongelukkig ook ’n nadeel en dit is dat hulle in die begin van die planttyd die geplante mieliepitte uitgrawe en vreet. Dit is egter gewoonlik minimale skade as die swerm nie te groot is nie. In hierdie tyd moet gepoog word om die tarentale van die lande af weg te hou. Sodra die plante bo die grondoppervlak verskyn, raak die skade deur tarentale al hoe minder. 


Dikwels word tarentale sonder veel aarseling uitgeroei sonder om te besef dat dié voël eintlik voordelig is. Die praktyk om tarentale voor die voet te bestry, behoort beperk te word tot situasies waar dit werklik problematies raak. Die rol wat hulle speel om natuurlike plae te bestry, behoort erken te word.


Samevatting

Die boer kan ’n ver pad saam met die natuur stap. Deur die natuur te benut en die gebruik van plaagdoders te beperk tot wanneer dit werklik nodig is, kan die omgewing gesonder gehou word. Daarvoor moet plaagdoders te alle tye oordeelkundig gebruik word. 


Bronnelys

http://www.agric.wa.gov.au/PC_92703.html?s=1001

www.batsgauteng.org.za/Bat_Housing.htm

www.mieliestronk.com/tarentaal.html

http://www.landbou.com/kundiges/chemikalie/vlermuise-vir-beheer-van-motte

http://www.mooiloop.co.za/inhoud/groenwenke/jul08/groenwenke.asp

http://www.kwevoel.co.za/2009/09/25/mites-oor-vlermuise%C2%A0/

http://af.wikipedia.org/wiki/Gewone_tarentaal

http://www.travelpod.com/travel-photo/neilandchris/10/1256827638/bat-box.jpg/tpod.html

Dr Verdoorn GH, 2010. Guineafowl are farmers’ allies.


* Geskryf deur Edward Dwyer, NWK Landboubestuursdienste, NWK, Lichtenburg.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
-0.4%
Rand - Pond
20.66
+0.0%
Rand - Euro
17.80
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
The fragerance stays on the hand that gives the rose
Leer my ken en jy sal sien jy sal nie sonder my kan klaarkom. hoogs verslawende persoonlikheid wat weet hoe om jou oë te laat omdop. getrainde hande wat jou goosebumps orals...
Opsoek na lekker geselskap
As jy my eers beter leer ken sal jy nie genoeg van my kry nie. Ek is n rustige vrou opsoek na lekker geselskap
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot