AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

So lyk melkkartel

Na 'n ondersoek van bykans twee jaar is bewyse gevind wat die land se voorste en bekendste melkkopers betrek.

Ná 'n ondersoek van bykans twee jaar deur die Mededingingskommissie oor onmededingende praktye in die melkbedryf is bewyse gevind wat die land se voorste en bekendste melkkopers betrek.

Die kommissie voer aan Clover, Clover SA, Parmalat, Ladismith, Woodlands, Lancewood, Nestlé en Milkwood het 'n kartel gevorm wat daartoe gelei het dat hulle sekere praktyke volg wat teenstrydig is met die Wet op Mededinging. Dit sluit in "prysvasstelling" en die manipulasie van handelsomstandighede.

Luidens die kommissie se bevindings het: ? Clover, Parmalat, Ladismith, Woodlands, Lancewood en Nestlé sensitiewe inligting oor kooppryse uitgeruil. Dit het hulle in 'n posisie geplaas om hul prys-strategieë te koördineer en die koopprys van roumelk van boere vas te stel.

? Clover, Parmalat, Woodlands en Nestlé het ooreenkomste op lang termyn vir melkverskaffing aangegaan om hul oorskotmelk aan mekaar te verkoop, eerder as om pryse aan eindverbruikers te verlaag. Dit het die maatskappy in 'n posisie geplaas om saam te span en só melkpryse "kunsmatig hoog" te hou.

Clover en Parmalat het hul onderskeie oorheersende posisies in die mark misbruik deur eksklusiewe ooreenkomste aan te gaan wat produsente verplig het om ál hul melk aan Clover en Parmalat te verskaf. Boere word dan verhinder om oorskotmelk teen mededingende pryse aan derde partye of regstreeks aan verbruikers te verkoop. Dié praktyk het die toetrede van kleiner melkverwerkers en —verspreiders gekeer.

Clover SA en Woodlands het 'n ooreenkoms bereik oor die verkoopprys van melk met 'n lang raklewe, wat uiteindelik meegebring het dat verbruikers meer betaal het vir dié melk.

Woodlands en Milkwood het ingestem om die verkoopprys van melk met 'n lang raklewe in toegewysde geografiese gebiede vas te stel waar hulle dus nie teen mekaar meegeding het met die verkoop van dié melk nie.

Clover, Woodlands en Parmalat het die verwydering van surplus melk uit die mark gekoördineer. Die verwydering van dié melk bring 'n daling in die aanbod mee wat pryse hoog hou en dit kom neer op onregstreekse prysvasstelling.

Die Mededingingskommissie sê hy sal voor die Mededingingstribunaal bewys dat die maatskappye hulle skuldig maak aan 'n verbode praktyk. 'n Maksimum boete van 10 % van die maatskappye se jaarlikse omset kan hulle opgelê word.

Landbouweekblad, 5 Januarie 2007

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.08
-0.2%
Rand - Pond
20.91
+0.9%
Rand - Euro
18.65
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.6%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,020.69
+0.9%
Palladium
1,651.58
-1.1%
Goud
1,912.75
-1.9%
Silwer
23.45
-2.2%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,629
-0.1%
Alle aandele
79,802
-0.0%
Hulpbronne 10
74,686
-0.6%
Industriële 25
102,624
+0.1%
Finansiële 15
16,551
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot