AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

So lyk rooivleisheffings

Finale eenstemmigheid oor statutêre heffings vir die rooivleisbedryf is pas op 'n vergadering van die Rooivleisbedryfsforum in Pretoria bereik. Al 13 betrokkenes het die aansoek onderskryf. Dit word nou afgerond vir voorlegging aan die Nasionale Landboubemarkingsraad en uiteindelik die Minister van Landbou.

Finale eenstemmigheid oor statutêre heffings vir die rooivleisbedryf is pas op 'n vergadering van die Rooivleisbedryfsforum in Pretoria bereik. Ál 13 betrokkenes het die aansoek onderskryf. Dit word nou afgerond vir voorlegging aan die Nasionale Landboubemarkingsraad en uiteindelik die Minister van Landbou.

Die belangrikste kenmerk van die voorgestelde heffings vir die rooi-vleisbedryf is dat dit proporsioneel by elke skakel in die totale produksieketting ingesamel sal word en dat daar nie grys kolle in die stelsel is nie. Die Rooivleisbedryfsforum is oortuig dat die aansoek voldoen aan ál die vereistes van die Nasionale Landboubemarkingsraad en (omdat die heffing net vir vier jaar sal geld) dat dit 'n goeie kompromie daarstel tussen deurlopendheid en die bepaling in die wet dat ná 'n verloop van tyd weer om die heffing aansoek gedoen moet word.

Daar word in die aansoek ook deeglik kennis geneem van riglyne met betrekking tot administratiewe koste en geld vir primêre produksie-ontwikkeling om opkomende boere en ondernemings in die hoofstroom van die bedryf in te lyf.

Voorts sal 'n onafhanklike organisasie die insameling van geld bestuur en nagaan aan die hand van vooraf opgestelde sakeplanne en begrotings onder die wakende oog van die Ouditeur-Generaal.

Die abattoir is die eerste punt in die ketting waar heffings ingevorder en aan die onafhanklike organisasie oorbetaal gaan word. 'n Belangrike bepaling in dié verband is egter dat die abattoir nie verantwoordelik gehou kan word vir dié deel van die heffing wat hy namens ander insamel nie. Daar moet egter bewys kan word dat die ander betrokkenes geweier het dat geld namens hulle afgetrek word en dat hulle geweet het dat hulle hulself aan vervolging blootstel.

In die geval van beeste kan die heffings op een van twee maniere ingesamel word: Wanneer 'n boer aan 'n voerkraal verkoop en/of wanneer hy of enige ander instansie self slaggereed diere by 'n abattoir laat slag.

Wanneer die diere aan 'n voerkraal verkoop word, beloop die boer se heffingsbydrae R3 per bees. Die voerkraal weerhou dié bedrag van die koopprys wat beteken dat die boer R3 per speenkalf minder as die ooreengekome prys kry. Van dié R3 gaan R1 regstreeks na die begroting vir produksie-ontwikkeling en R2 vir die finansiering van funksies verderaan in die ketting. Wanneer die voerkraaldiere geslag word, moet die voerkraal se eie bydrae van R2 per bees bygevoeg word en trek die abattoir dus R5 per bees af van wat hy aan die voerkraal moet betaal. Die abattoir voeg sy eie R2 per bees as funksionele bydrae by, wat meebring dat die totale heffing wat by die abattoir ingesamel word R7 per bees beloop.

Die tweede manier is van toepassing waar ouer of slaggereed diere regstreeks by 'n abattoir geslag word sonder dat dit eers soos jong diere deur 'n voerkraal beweeg het. In sulke gevalle trek die abattoir R5 per bees af, voeg sy eie bydrae van R2 per bees by sodat die totale heffing wat by die abattoir ingesamel word weer R7 per bees beloop.

Presies dieselfde prosedure geld skape en bokke. Die eerste aftrekking beloop R0,75 per kop (R0,50 per kop vir die produksieketting plus R0,25 wat vir produksie-ontwikkeling bestem is), terwyl die abattoir se deel ook R0,25 per kop beloop. Waar diere regstreeks in 'n abattoir geslag word, verhaal die abattoir R0,75 per dier van die eienaar en voeg sy eie R0,25 per dier by. Die totale heffing per skaap of bok beloop dus R1 (75c van die primêre produsent en 25c van die abattoir).

Ook in die geval van varke is die abattoir die eerste verhaalpunt. By elke abattoir word R4,60 per vark geslag van die eienaar verhaal, terwyl die abattoir 'n verdere R0,60 per vark geslag bydra. Die totale heffing beloop dus R5,20 per vark (R4,60 per kop van die voorsiener, R0,60 per kop van die abattoir).

Wanneer 'n geregistreerde verwerkingsaanleg varkkarkasse by 'n abattoir koop, moet hy óf R0,01 (1c/kg) heffing aan die abattoir oorbetaal óf 'n eenmalige bedrag jaarliks betaal soos in die geval van die kleinhandel.

Die ander punte in die produksieketting waar heffings verhaal gaan word, is die volgende:

  • Elke kleinhandelpunt waar bees-, skaap- of bokvleis verkoop word, sal 'n jaarlikse registrasiefooi van R300 betaal.
  • Op elke kilogram ingevoerde bees-, skaap- of varkvleis is 'n heffing van 3c/kg betaalbaar by die punt van invoer. Dit geld ook vleis uit die lidlande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap.
  • Op die uitvoer van lewende beeste en slagvarke is 'n uitvoerheffing van R7 per bees en R6,20 per vark betaalbaar by die punt van uitvoer.
  • Lewendehawe-agentskappe sal 'n heffing van 0,07 % van hul kommissie op alle verkope van slagvee regstreeks aan die onafhanklike organisasie oorbetaal.
  • 'n In- en uitvoerheffing van 1c/kg (ook gerugsteun deur in- en uitvoerpermitte) is van toepassing op alle verwerkte huide en velle. Dié heffing word van verwerkingsaanlegte verhaal en geld ook in- en uitvoer van en ná Namibië.

    Die heffingsbegroting wat die aansoek vergesel, dui op 'n jaarlikse inkomste van nagenoeg R30 miljoen. Dit sluit in administrasiekoste van 5 % soos deur die Bemarkingswet toegelaat.

    Die totale toedeling van geld aan die onderskeie funksies in belang van die totale bedryf beloop sowat R29,95 miljoen — R14,88 miljoen vir beesvleis, R6,02 miljoen vir skaapvleis en R9,05 miljoen vir varkvleis.

    Daar word voorsien dat die totale effek van die heffing op die gemiddelde verbruikersprys van vleis in die koers van 2c/kg tot 3c/kg sal wees.

    Hele reeks funksies is nodig

    Skakeling en kommunikasie skep en onderhou die beeld van die rooivleisbedryf, sy produkte en betrokkenes. Samic sal hoofsaaklik hiervoor verantwoordelik wees.

    Die aansoek om statutêre heffings vir die rooivleisbedryf moet gesien word as deel van die spektrum funksies wat noodsaaklik vir die voortbestaan van die bedryf is, sê dr. Daan Opperman, voorsitter van die Rooivleisbedryfsforum.

    Die forum is die verteenwoordigendste forum van die bedryf en elke betrokkene in die produksieketting is vrywillig verbind tot die aansoek wat nou namens die bedryf by die Bemarkingsraad ingedien gaan word.

    Hierdie funksies behels die volgende (jaarliks toegekende geld tussen hakies): Verbruikerswaarborge (R9,1 miljoen), bevordering van die verbruik van rooivleis (R10 miljoen), navorsing en ontwikkeling (R3,5 miljoen), inligtingsdienste en skakeling (R2,87 miljoen), produksie-ontwikkeling (R3,5 miljoen) en ad hoc-projekte (R0,98 miljoen).

    Verbruikerswaarborge sluit in 'n vleisinspeksiediens wat ingevolge die Vleisveiligheidswet van 2000 by alle goedgekeurde abattoirs verpligtend is. Hierdie higiënefunksie moet verkieslik opgedra word aan 'n onafhanklike derde party waarvoor die wet voorsiening maak en met moontlike finansiële steun uit die heffingsfonds. Gehaltebeheer sluit in die gereelde nagaan van dienste, bakteriemonitering en deelname aan landwye siekte-moniteringsprogramme.

    Dit sluit ook die koödinasie van die vleisklassifikasiestelsel in wat in opdrag van die Departement van Landbou deur kundiges van Samic by abattoirs toegepas word. Hierdie diens behoort ook uitgebrei te word na roetinebesoeke by alle afsetpunte in die kleinhandel as gehalte- en gesondheidswaarborge werklik die erns van die bedryf is.

    Die monitering van voedselveiligheid is in der waarheid die staat se verantwoordelikheid, maar hy doen dit ondoeltreffend en te min geld is beskikbaar. Die bedryf het 'n plig in dié verband en 'n deel van die heffing sal vir die opknapping van dié deurslaggewende funksie aangewend word.

    Onwettige slagtery en die onbeheerde beweging van vleis in formele en informele markte bedreig steeds die gesondheid van verbruikers en is gewoonlik aan BTW-ontduiking gekoppel. Meer higiëne- en gehalte-inspekteurs kan dié euwel aan bande lê.

    Navorsing en ontwikkeling van produkte en prosesse saam met tegnologie-oordrag is kardinaal belangrik vir vordering in die bedryf. Daarsonder stagneer enige bedryf met die gevolglike verlies in markaandeel en 'n totale agterstand. Die R1 miljoen wat die bedryf jaarliks van die rooivleisnavorsing- en ontwikkelingtrust ontvang het, is onvoldoende en verskeie diensverskaffers ten opsigte van navorsing sal voortaan betrek kan word.

    Inligtingsdienste en skakeling dek ook 'n wye veld. Skakeling en kommunikasie skep en onderhou die beeld van die bedryf, sy produkte en betrokkenes. Samic sal hoofsaaklik hiervoor verantwoordelik wees. Terselfdertyd vereis die land se verbintenis tot die wêreldhandel verskeie insette deur die betrokkenes in die bedryf. Daar is ook nie 'n volwaardige mondstuk waardeur doeltreffend gekommunikeer kan word nie. Samic se elektroniese nuusbrief is 'n poging, maar 'n medium moet geskep word wat sonder vooroordeel die bedryf se standpunte kan kommunikeer. Daar is 'n intense behoefte aan die insameling, ontleding en interpretasie van betroubare bedryfsinligting — 'n diens wat sedert 1994 nie meer bestaan nie. Ewe belangrik is die registrasie van abattoirs en handelaars wat nie net kommunikasie sal bevorder nie, maar ook 'n inligtingsbron vir die invordering van heffings sal vorm, terwyl hul rekords en opgawes 'n betroubare inligtingsbron vir die bedryf is.

    Produksie-ontwikkeling is in lyn met die strategiese plan vir die Suid-Afrikaanse landbou. Met 80 % van die land se oppervlakte geskik vir veeboerdery, sal die vleisbedryf 'n deurslaggewende rol in die stabiliteit van die platteland moet speel ten opsigte van werkverskaffing, voedselsekerheid, welvaartskepping en die bestryding van armoede. Daarom sal die bedryf ernstige aandag moet skenk aan maniere om meer selfonderhoudend ten opsigte van vleis te wees, die land se betalingsbalans te verbeter en ekonomiese groei te skep.

    'n Stabiele rooivleisbedryf wat goed bestuur word, sal 'n groot bydrae lewer tot die bewaring van natuurlike hulpbronne, terwyl die genetiese verskeidenheid van die land se veestapel behoorlik benut word. Sake wat in die pad hiervan staan, soos veediefstal, dieresiektes van nasionale belang, 'n gebrek aan voorligtingsdienste en aan inligting, is van die eerstes wat dringend reggestel moet word.

    Ad hoc-projekte sal net dié wees wat dringende aandag verdien op grond daarvan dat dit deurslaggewend vir die voortbestaan van die bedryf is.

    Nuwe toetreders tot die bedryf verg besondere aandag. Dit geld nie net opkomende produsente nie, maar ook ontwik-kelende verwerkers, abattoirs, handelaars, looierye en lewendehawe-agente — die hele spektrum. Die ontwikkelende sektor staan nog voor groot uitdagings wat net in 'n deurlopende proses aandag kan kry.

    28 November 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.14
-0.3%
Rand - Pond
20.99
-0.4%
Rand - Euro
18.74
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Platinum
1,016.21
-0.9%
Palladium
1,676.66
+0.4%
Goud
1,915.23
+0.1%
Silwer
23.48
+0.0%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,956
+0.4%
Alle aandele
80,116
+0.4%
Hulpbronne 10
75,075
+0.5%
Industriële 25
103,291
+0.7%
Finansiële 15
16,525
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
Alleen maar gelukkig
Ek is n sosiale spontane mens wat hou van lag en goeie geselskap. Ek werk hard, soms lang ure, maar hou ook van rustig wees. Ons is nie veronderstel om alleen deur die lewe te...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot