AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Soek planne vir al die geld

Die staat het te veel geld en ernstige vrae kan gevra word oor die aanwending daarvan en die skepping van infrastruktuur.

Die staat het te veel geld. Ernstige vrae kan egter gevra word oor die aanwending daarvan en die skepping van infrastruktuur. Die georganiseerde landbou moet sterk standpunt inneem oor dié sake.

Terwyl die meeste ekonome en kommentators meen dat die Minister van Finansies uitstekende werk doen en die jongste staatsbegroting lof toeswaai, word uit die oog verloor dat die staat 'n ál groter rol speel in die ekonomie en dat hy ál meer hulpbronne opslurp.

Die feit dat die staatsbegroting in die jaar 'n surplus gaan toon, is goeie nuus. Watter besigheid sal nie 'n surplus van inkomste bo uitgawes wil toon nie? Daarvoor moet 'n mens lof gee.

Die verskil lê egter daarin dat in 'n ekonomie waar tot 40 % werkloosheid is, munisipale dienste in duie begin stort, baie paaie in 'n vrot toestand is, allerlei probleme met infrastruktuur bestaan, om nie eens van die swak dienslewering en tekorte aan kundigheid by sekere staatsdepartemente te praat nie, dui dit op ernstige gebreke.

'n Besigheid wat wil voortgaan om te groei en langertermynwinste moet toon, moet 'n taamlike groot deel van sy uitgawes bestee aan investering om hom mededingend te hou en met nuwe tegnologie sy produk of diens al hoe beter te lewer. Dit is nie waar Suid-Afrika tans is nie.

Die minister slaag baie goed daarin om sy gehoor in die Parlement se steun te kry met gewilde aanhalings, wat dit vir kritici moeilik maak. Natuurlik moet ons nie vergeet dat die Minister van Finansies die staatsfinansies baie goed bestuur en dat ons ekonomie taamlik sterk groei nie. Maar dit behoort 'n mens te bekommer dat sowat 12 miljoen mense van staatstoelaes afhanklik is en dat daar nou nóg meer geld aan die ekonomie onttrek gaan word met verpligte bydraes tot 'n staatspaarfonds.

Die staat is besig om al hoe meer hulpbronne uit die ekonomie te onttrek en namens ons te bestee. Dit word internasionaal erken dat die mark (weliswaar met beleidsrigtings) en entrepeneurs beter in staat is om skaars hulpbronne aan te wend as staatsamptenare. Benewens die skerp groei in staatsuitgawes word daar selfs nou méér aan die ekonomie onttrek as wat aangewend kan word. Daar word begroot vir 'n surplus, wat beslis 'n geskiedkundige feit is. Maar dit gaan oor die filosofie van bestuur, wat die sukses van 'n onderneming op lang termyn bepaal. Die ou gesegde " 'n mens kan jou bankrot spaar", moet nie uit die oog verloor word nie.

Surplus inkomste

Die verloop van staatsinkomste (uit belastings) asook die besteding van die geld as 'n persentasie van die ekonomie se omvang, word in die grafiek hierbo getoon. Daar is verskeie aspekte wat 'n mens hier in ag moet neem.

Staatsinkomste het die afgelope boekjaar met R72,3 miljard tot R489 miljard gegroei, of te wel met 17,3 % (wat aanvanklik ook heelwat onderskat is). Die minister begroot dat inkomste in die nuwe boekjaar (2007/08) met net R66,9 miljard gaan toeneem (tot R665,5 miljard). Dit is 'n verwagte toename van amper 14 %. Met inflasie op sowat 5 % beteken dit dat baie meer aan die ekonomie onttrek gaan word.

Die resultaat van die aanhoudende skerp groei in belastinginkomste is dat die staat se begroting die afgelope jaar 'n surplus van sowat R5 miljard getoon het. Dit kan in die nuwe jaar tot meer as R10 miljard toeneem. Die Departement van Landbou en Grondsake se totale begroting is minder as R9 miljard.

Die staat is besig om op groot skaal potensieel produktiewe geld te onttrek en (ondoeltreffend) te bestee of te spaar. Natuurlik is daar belastingtoegewings waaroor in die media verslag gedoen is, maar dit is maar baie effens teen die groter prentjie.

Die hoër belastings op die wyn- en tabakboere se produkte bly 'n kwessie. Die instelling van nuwe verpligte belasting om pensioene en ander voordele aan die hele bevolking te voorsien, gaan nóg 'n klomp geld aan die produktiewe ekonomie onttrek. Dit gaan nóg meer mense van die staat afhanklik maak benewens die 12 miljoen mense wat reeds tans op staatstoelaes oorleef. Dit is nie verkeerd om arm mense te ondersteun nie, maar dit gaan oor die volhoubaarheid daarvan.

Uitgawes

Dit is baie duidelik dat die rol van die staat in die ekonomie groter word en ook dat dit betreklik vinnig styg. Onthou, dit is geld wat onder dwang geneem word, wat nie deur die verdiener aangewend kan word na keuse nie en wat deur staatsamptenare namens ons bestee word.

As die staatsdiens die geld meer effektief en op die regte hulpbronne bestee (beter as wat die verdiener sou doen) is dit 'n beter toewysing van skaars hulpbronne. Ons weet egter dit is nie die geval nie weens diefstal en korrupsie, onbestede geld en sekere dienste en infrastruktuur wat nie meer in stand gehou word nie.

Die vraag wat ons almal behoort te vra, is of die rol van die staat en ons benadering om te investeer en werk te skep nie indringend ondersoek moet word nie. Moet daar nie meer aansporings aan die private sektor gegee word om te investeer, werk te skep en selfs tradisionele staatsdienste op kontrak te lewer nie?

Die besteding van die geld gaan met 12,4 % groei en dié verhogings is deur die hele staatsdiens. Die besteding op kapitaal en infrastruktuur het toegeneem, maar dit is steeds 'n druppel aan die emmer. Daar gaan sowat R17,4 miljard bestee word aan die infrastruktuur vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010, wat meestal arenas en omliggende paaie is. Heelwat ekstra geld gaan om ekstra staatsamptenare aan te stel in verskeie staatsdepartemente, vanaf onderwys tot by die polisie.

Ten slotte

Die staat het te veel geld en daar kan ernstige vrae gevra word oor die produktiewe aanwending daarvan en die skepping van infrastruktuur, wat 'n basis vir ekonomiese groei is. Die georganiseerde landbou moet sterk standpunt inneem oor dié sake, selfs op munisipale vlak.

Daar is genoeg geld, maar dit gaan oor die effektiewe aanwending daarvan. Daar sal aan modelle gewerk moet word sodat die geld aan private instellings toegeken word om die dienste namens die staat en die munisipaliteite te lewer.

Dieselfde argumente moet gebruik word om die instelling van ekstra grondbelastings te keer. Waarvoor gaan dié geld gebruik word as die bestaande, voldoende geld nie eers reg aangewend kan word nie? Ons sal ernstig moet werk aan nuwe modelle vir die staat se dienslewering op alle vlakke van ons ekonomie.

Landbouweekblad, 9 Maart 2007

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.30
-0.0%
Rand - Euro
18.70
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Buitelewe is ñ voorrreg, maar met die regte maatjie net beter
Opsommende woorde, avontuurlustig, see, berge, sin vir humor, bosveld, dans, braai, kuier, romanties, reis, werk, sport, alles wat lekker is, en vele meer.
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot