AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Soja-fokus op KZN-konferensie oor geenbewerking

Sojaboonproduksie is in die kollig tydens die konferensie oor geenbewerking wat in September in KwaZulu-Natal plaasvind.

Die jaarlikse konferensie oor geenbewerking op Drakensville in KwaZulu-Natal, waarvan Landbouweekblad 'n mediaborg is, sal op 2 September met 'n uitgebreide fokus op sojaboonproduksie afskop.

Eerste op die program is dr. Gerhard Scholtemeijer, voorsitter van die Proteïennavorsingstigting (PNS), wat oor uitbreidingsmoontlikhede vir sojaprodukie in Suid-Afrika sal praat.

Dan sal die invloed van genotipe, ry-spasiëring, plantdatum en plantpopulasie op soja-opbrengste onder die loep kom, asook bemesting, bekalking, stikstofbinding, innokulasie en siektebestuur, deur drr. Antony Jarvie en Rikus Kloppers van Pannar, Wessel van Wyk, sojaboon-konsultant vir die PNS, en dr. Ahmed Hassan van die LNR se Plantbeskermingsinstituut.

Op dag twee sal boere oor hul eie uitdagings en suksesse in geenbewerking-sojaverbouing praat, gevolg deur sessies oor glifosaat-gebruik deur die plaagbeheerkundige dr. Charlie Reinhardt, en die herstel van gedegradeerde grond vir geenbewerking deur onder andere dr. Wayne Truter van Tukkies. Die derde dag se besprekings sal oor die integrasie van veevertakkings in geenbewerkingstelsels handel.

Plaasbesoeke is ook op die program, asook die gebruiklike uitstallings van werktuie en toerusting. Kontak Sandra Findlay om te registreer, by 082 472 5987, (033) 330 2062 of ntcsandra@gmail.com; of Moira by (033) 320 1070 of ntcmoira@gmail.com; die volledige program en meer inligting is by www.notillclub.com te kry.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.44
-2.1%
Rand - Pond
21.04
-0.7%
Rand - Euro
18.86
-1.1%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Platinum
973.45
-5.0%
Palladium
1,623.16
-2.8%
Goud
1,865.13
-2.5%
Silwer
22.40
-4.6%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Wie wil saam met my die mooiste liedjies skryf?
Spotane, vrolike geaardheid, sin Vir humor. baie positiewe persoon. Betroubaar en eerlik. Sien die mooi in die lewe raak. Gun die son oor almal skyn. Hou van dans.🌟...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot