AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Sonkrag – bly dit net praat?

Wind en sonlig word as as twee energiebronne van die toekoms beskryf - maar dit lyk asof in SA dit maar net by praat bly.

André Terre Blanche skryf op die gespreksforum:

My navraag het seker nou nie direk betrekking op die landbou nie, maar is sekerlik landbouverwant.

Hernubare energie is die slagkreet van die dekade. Wind en sonlig word gedurig na verwys as twee van die bronne van die toekoms - maar dit lyk vir my asof in Suid Afrika dit maar net by praat bly. ‘n Paar weke gelede het daar weer ‘n klein beriggie in die media verskyn van een of ander organisasie wat ver gevorder is met planne om ‘n fotovoltaise kragsentrale naby Vivo in Limpopo op te rig, en kondig hulle sommer terselfdertyd aan dat hulle planne vir nog ses sulke aanlegte in ander dele van die land beoog.

Ek het ook onthou dat Eskom ‘n paar jaar gelede ‘n tarief van R3,90/kWh, wat een of ander tyd verlede jaar verlaag is tot R2,31, aan onafhanklike kragvoorsieners, aangekondig het. Dit het my na my sakrekenaartjie laat gryp en sal ek graag kommentaar op die paar afleidings waartoe ek gekom het, wou hoor.

Tydens ‘n besoek aan Spanje so drie-vier jaar gelede het ek ten minste twee fotovoltaise aanlegte wat elk waarskynlik ‘n hele paar hektaar beslaan, op die Spaanse platteland gesien. By navraag is daar aan my vertel dat daar tien of meer sulke aanlegte in die land is en dat die kapasitiet daarvan wissel van omtrent 10 mWatt tot soveel as 50 mWatt.

Nou vir my sommetjies:

Gestel ons kyk na ‘n aanleg van 25 mWatt. Dit behoort, afhangend van die ligging, oor 365 dae in die omgewing van 1800kWh/kW, of te wel 45 miljoen kW te lewer. Teen R2,31/kW beloop dit ‘n aardige totale gewaarborgde inkomste van ongeveer R104 miljoen per jaar. As ek as gewone verbruiker hier in Suid Afrika fotovoltaise panele kan koop teen R20,00 per kW, moet ek aanneem dat ‘n koper van 25000 kW dit teen R10,00 tot R12,00 sal kan aanskaf. Teen R12,00 per kW is die kapitale koste aan panele dan R300 miljoen. Voeg nog R20 miljoen by vir oprigting, skakeltuig, ens. en jy het ‘n projek wat alreeds in die eerste jaar ‘n opbrengs van byna 33% op kapitaal, lewer.

Nou is my vraag: Waarom val beleggers nie oor mekaar om betrokke te raak nie ?? Is my sommetjies dalk verkeerd??

Johann Strauss skryf:

Hier is die prentjie soos dit tans daarna uitsien:

Die Departement van Energie (DvE) het 3 Augustus vanjaar uiteindelik sover gekom om voornemende kragvoorsieners uit te nooi om voorstelle in te dien vir die oprigting en bedryf van hernubare kragstasies. Dit beteken nou nie dat voorneme kragvoorsieners niks gedoen het intussen nie. Daar is al vir die afgelope jaar of twee omgewingsimpakstudies aan die gang vir foto-voltaïese (PV) kragstasies en al heelwat langer vir wind en ander tegnologie. Die eerste datum van inhandiging is 4 November vanjaar, dan 5 Maart volgende jaar en so aan. Daar is in totaal 5 (of 6) inhandigingsdatums en dit is belangrik om so spoedig moontlik in te handig te einde voor in die ry te staan.

Die DvE beoog om die volgende hoeveelheid aan die verskillende tegnologieë toe te ken, naamlik 1 850 MW vir wind, 1 450 MW vir PV, 200 MW vir gekonsentreerde sonkrag, 12,5 MW vir biomassa en 12,5 MW vir biogas, nog 25 MW vir gas vanaf vullishope en laastens 75 MW vir klein hidro-aanlegte. Die maksimumvermoë per aanleg wat toegelaat gaan word is 75 MW.

Nou, dit is jammer dat daar in die laaste klompie maande hier en daar van een of twee voorneme kragvoorsieners in die media berig is, want dit het die indruk geskep dat die hoeveelheid belangstellendes maar min is. Die teendeel is egter waar. In die westelike deel van Suid-Afrika is daar ver oor die 100 eerste rondte koste estimasie aansoeke by Eskom ingehandig alreeds, so die kompetisie om ’n toekenning te kry is redelik straf. Veral by wind gaan die hoeveelheid aansoeke heelwat meer wees as die toegekende hoeveelheid van 1 850 MW. PV-gebaseerde sonkrag sal ook heelwat aansoeke kry. Daar is veral baie 1 MW tot MW aansoeke met ’n handvol groter aanlegte (tot en met die maksimum toegelate 75 MW).

Die DvE wil hê dat hierdie projekte teen 2016 al lewer. Om ’n idee te gee: Dit neem sowat 6 maande tot ’n jaar om ’n 10 MW PV aanleg op te rig. So ons behoort teen die einde van 2012 of ten minste 2013 alreeds van die kleiner aanlegte te sien werk. Alles hang af hoe vinnig die administratiewe rompslomp afgehandel kan word.

Wat die pryse betref: die aanvanklike REFIT-tarief wat deur Nersa aangekondig is en later deur hulle verlaag is (R3,94 wat toe verlaag is na R2,31 vir PV byvoorbeeld) het nou verval. Tans is die proses nou dat jy tender en dat dit saam met ’n rits ander faktore sal bepaal of jy as ’n voorkeur voorsiener al dan nie geïdentifiseer sal word. Daar is wel ’n maksimum van R2,85 geplaas op PV byvoorbeeld.

As jy nou ’n paar somme wil maak, dan moet jy weet wat die totale verwagte son instralingsenergie is per vierkante meter per jaar is. Dan verwerk jy dit verder deur te kyk na die effektiwiteit van jou panele en of die panele stasionêr is of die son gaan volg. Dit gee dan die totale verwagte uittree vir daardie jaar. Dan is daar nog verdere verliese in die aanlegte, soos geleidingsverliese en dan eers lewer jy die energie aan Eskom. Om jou ’n idee te gee, in dele van die Noord-Kaap beloop die tipiese verwagte uittree energie per jaar so om en by 1800 kWh tot 2000 kWh per geïnstalleerde kW per jaar. Jou 25 MW aanleg sal daarom so 45000 kWh per jaar aan die Eskom netwerk lewer. Teen R2,31 is die verwagte inkomste dus wel net so oor die R 100 miljoen.

Nou, die verwagte koste vir die oprigting van so aanleg is in die omgewing van R30 tot R35 per W. Daar is darem nie net die panele nie. Dit kos logistiek om die goed daar te kry, dit kos mense en masjinerie om die slote te grawe vir die ondergrondse kragkabels en om die strukture staan te maak, dit kos natuurlik al hierdie infrastruktuur om die aanleg op te sit en dan nog aan die Eskom netwerk te verbind, duur wisselrigters, en so meer. So jou 25 MW aanleg sal dan in die omgewing van R750 miljoen kos om op te rig. Neem dan nog bedryfskoste in ag en dan lyk die opbrengs op kapitaal na iets hier in die omgewing van 10 tot 15%. Die prentjie het natuurlik heel anders gelyk teen R3,94 en toe het almal omtrent oor hulle voete geval, maar nou is die belegging heelwat minder aantreklik, of sal ons eerder sê heelwat meer realisties.

In kort, dit wat jy op die Spaanse platteland gesien het behoort jy binne die volgende paar jaar ook in Suid-Afrika te sien.

Mias Adams skryf:

André se vraag is baie relevant en die antwoord is in die beperking wat Eskom/NER geplaas het op die hoeveelheid sonkrag wat hulle sal terugkoop van privaat opwekkers. Daar is bv. aansoeke ingehandig vir meer as 8,000 MW windkrag , maar die totaal wat oorweeg gaan word is glo maar bietjie meer as 1,000 MW. Sonkrag is nog baie minder.

‘n Verdere beperking is dat jy minstens 1 MW moet opwek om te kwalifiseer vir hierdie FIT tarief (invoer-tarief) en dan natuurlik die groot klagte is dat sonkrag slegs beskikbaar is buite spits tye (7-10 vm en 5-9 nm)

As die tariewe beskikbaar was aan huiseienaars soos in Europa en VSA sou tienduisende mense daarvan gebruik gemaak het.

Terloops die jongste skatting is dat daar vanjaar wereldoor 22,000 MW nuwe sonkrag geinstalleer sal word. Dis meer as helfte van SA se totale opwekkingsvermoë.

Ons het nou ‘n ander aaklike aardigheid met Eskom se idee van "alternatiewe energie". In kort: Eskom betaal R5,20 vir elke watt wat groot besighede op hul kragverbruik bespaar.

Hier naby het ons die Tygervallei-winkelsentrum wat geweldig wou uitbrei, maar Eskom het ‘n stokkie daarvoor gesteek omdat daar nie krag beskikbaar is nie. Die voorwaarde is gestel dat hulle minstens 1 MW moet spaar. Nou gebeur dit so dat my Hollands vriendjie ‘n LED lig ontwerp het wat ‘n 50 watt halogeen plafonlig (down lighter) vervang. Dit gee dieselfde lig af, maar gebruik slegs 6-7 watt krag vanaf Eskom. ‘n Besparing dus van 43 watt per lig.

Glo dit as jy wil, daar is 25,000 sulke ligte in die sentrum.

Onmiddelik is die probleem opgelos: Vervang al die ligte en jy spaar 1 MW.

Nou kom die knoop: Eskom gee hulle dus R250 per lig (vir die besparing van 43 watt x R5,20) en dis presies die prys van die lig. In totaal so R6 miljoen gratis en verniet, pasella. Al wat nodig is, is dat Eskom tariewe met ‘n paar sent opgaan om hiervoor te vergoed. Gereken teen R1 per Kw/uur wat hulle normaalweg betaal vir Eskomkrag, spaar die sentrum R8+ miljoen per jaar. (Meeste ligte is 24 uur per dag aangeskakel - meeste het nie eens skakelaars nie.)

Hierdie LED-ligte het ‘n lewensverwagting van 10 of meer maal soveel as die halogeen ligte. Dus spaar die sentrum nog ‘n paar miljoen per jaar omdat hulle nie halogeen ligte en transformators hoef te vervang nie.

Daar is ander besighede hierrond wat dieselfde gaan doen, kan mens hulle kwalik neem. Hoe moeilik kan dit wees om te besluit dat jy jou ligte vervang op Eskom se koste en jy steek minstens R8 miljoen per jaar in jou sak?

Hoe verduidelik mens dit?

9 Oktober 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kok will Jou lewe bietjie geur gee
Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot