AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Sparta se Estelle skrik nie vir ‘manswêreld’

Dié vasvatter-vrou is die hoof van een van SA se voorste bees- en vleisondernemings, waar jy jou man moet staan!

“Ek het nooit gedink ek moet myself in ’n manswêreld probeer bewys nie. Ek het altyd geglo mense is gelyk en het gelyke vermoëns en jy pak dit so aan.”

Dis ’n dag ná internasionale vrouedag en aan die woord is me. Estelle van Reenen, bestuurshoof van Sparta, een van Suid-Afrika se voorste bees- en vleisondernemings. As een van die deelnemers aan die TV-program Megaboere het sy tydens die US Woordfees in gesprek getree met proff. Mohammad Karaan, dekaan van die fakulteit landbouwetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch, en Johann Kirsten, hoof van die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in die Eikestad.

“By enige kongres of vergadering hoef ek nie in die ry te staan by die toilette nie!” spot sy, maar in die vleisbedryf, waar mans dikwels oorheers, het sy gevoel wat onderdrukking is. Vir dié kalm, sterk leier was dit egter nie ’n probleem nie, maar eerder ’n uitdaging.

 Hulle verwag nie dat 'n vrou dit sal weet nie

“Mense kyk maar neer op jou en dink jy’s onintelligent en hulle verwag nie van ’n vrou om so baie te weet nie. Aan die begin kon ek dit eintlik goed gebruik, want ek kon inligting by ander kry wat hulle nie gewoonlik met mededingers sou deel nie, want ek is mos ‘net’ ’n vrou.”

Sy het jonk-jonk al besluit sy gaan nie van ’n man afhanklik wees nie.

“Dit was nie die opsigtelike onderdrukking van vroue nie, maar eerder die afhanklikheid wat hulle van mans gehad het, wat my gepla het. Vandat ek rasioneel kon dink, het ek besluit dis iets wat ek nie wil wees nie.”

Aan hoof van ’n enorme onderneming

Sy het sowat agt jaar gelede die leisels oorgeneem by Sparta, ’n geïntegreerde bees- en vleisbesigheid waar op enige gegewe tyd sowat 100 000 beeste loop. Die onderneming het ook ’n slagplaas en vleisverwerkingseenheid waar ontbening en verpakking plaasvind.

Hulle neem sowat 1500 mense in diens en lewer vleis regoor Suid-Afrika, onder meer vir Spar.

Estelle het ná haar graad, B.Com Regte op Maties, tien jaar lank as prokureur gepraktiseer voor haar pa, Dirk, haar genader het om by die familie-onderneming betrokke te raak. Daarna het ses maande se onderhandelinge gevolg voor sy by Sparta aangesluit het.

“Dit was ’n lang storie, veral as jy groot geword het in as kind in ’n generasie wat nie geglo het in die vermoë van vrouens nie. Ek dink was selfs vir ons eie pa moeilik. Die belangrike ding in ons familie is egter om te kyk wat almal se beste punte is en hulle dan op plekke in die besigheid te plaas sodat hulle hul kan uitleef. Uiteindelik was dit ’n baie natuurlike proses.”

Broer en suster

Haar suster, Lynette, is verantwoordelik vir die onderneming se kommunikasie-afdeling en haar broer, Louw, is die voorsitter van die raad.

Estelle se groot dryf sedert sy by Sparta aangesluit het, was om ’n sterk kombinasie van mense en tegnologie daar te stel.

“Ek glo nie daaraan om net mense aan te stel wat dink en voel soos jy nie. Jy het ’n volkome bestuurspan met verskillende eienskappe nodig. Ek is ’n baie inklusiewe leier, maar ook net tot op ’n punt. Ek maak besluite deur insette te kry van al die bestuurspanne, maar ek glo ook in vinnige besluitneming. ’n Mens moenie talm oor goed nie. Jy moet ook nie ’n vrees hê om te faal nie. As jy nie bereid is om te spring en brawe treë te gee nie, gaan jy nie vorentoe gaan nie.”

Meisies kan president word

Karaan het Hillary Clinton aangehaal wat die wens uitgespreek het dat geen meisie moet grootword met die idee dat sy nie president kan word nie.

“Daar moet ook nooit meisiekinders in ons samelewing wees wat dink hulle kan nooit Estelle van Reenen, die hoof-uitvoerende bestuurder van ’n groot maatskappy, word nie. Sy moet doelbewus met groter bravado vir die wêreld van haar sukses vertel sodat daardie meisiekinders – wat 50% van die bevolking is – geïnspireer kan word.”

Fotobyskrif: Prof. Mohammad Karaan, me. Estelle van Reenen en prof. Johann Kirsten.

Foto: Lucille Botha

Estelle-van-reenen-sparta.jpg-550

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
-0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot