
Staatsveeartse word nou uit Kuba gewerf om die aantal plaaslike veeartse te verhoog, sê me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye.
Haar departement het reeds aangedui dat hy na die moontlikheid kyk om verpligte gemeenskapsdiens vir veeartse in te stel om onder meer ‘n beter verspreiding van veeartse te bewerkstellig.
Joemat-Pettersson het gesê dat ‘n span reeds verlede maand ondersoek ingestel het na die moontlikheid om Kubaanse veeartse na Suid-Afrika te bring. Die eerste groep staatsveeartse van Kuba sal waarskynlik volgende jaar ingeneem word.
Die departement het 297 posisies vir staatsveeartse wat befonds word en 212 posisies is gevul.
Lees ook:
Kommer oor ouer veeartse (Junie 2007)
Kommer oor tekort aan veeartse (Julie 2009)
Verpligte gemeenskapsdiens vir veeartse (September 2009)
Te veel veeartse landuit (September 2009)
Nuwe leerplan vir veeartse (Desember 2009)
10 Desember 2009