AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Stamboek woon ICAR-kongres by

SA Stamboek hoef nie terug te staan vir enige prestasietoetsskemas ter wêreld nie, maar genomiese ontwikkeling kort aandag.

Die Suid-Afrikaanse Stamboek hoef nie terug te staan ten opsigte van enige van die prestasietoetsskemas ter wêreld nie.

Mnr. Charl Uys, voorsitter van SA Stamboek sê dit geld veral ten opsigte van vleisbeeste in welke geval Suid-Afrika oor baie data beskik, vergeleke met baie ander lande.

Uys het pas teruggekeer van die wêreldkongres van die internasionale komitee vir diere-aantekening, ICAR (International Committee for Animal Recording), in Berlyn, Duitsland.

Volgens hom beskik die Bonsmara-ras reeds oor data-ontledings van sowat 1,7 miljoen diere. Met verwysing na die ontledings vir suiweldiere, steek Stamboek nog af teen die huidige wêreldstandaard waarvolgens baie data regstreeks van outomatiese melkmasjiene verkry word. “Ek voorsien dat outomatisering ook meer plaaslik sal posvat wanneer arbeid meer onbekostigbaar raak,” sê Uys.

Uys het ook ’n lansie gebreek vir Stamboek se veekundige afgevaardigdes soos drr. Japie van der Westhuizen, Bernice Mostert en mnr. Charl Hunlun, wie se kundigheid wêreldwyd hoog aangeslaan word.

Een aspek waaraan Stamboek egter meer aandag sal moet gee, is die genomiese ontwikkeling wat nou baie aandag geniet. Genomiese ontledings word al van plaaslike suiweldiere ontvang, maar aan die vleisbees-kant moet die Suid-Afrikaanse verwysingspopulasies opgestel word.

Uys het ook in sy hoedanigheid as voorsitter van die Bonsmara-wêreldfederasie ’n vergadering van die Wêreld-beesforum tydens die kongres bygewoon. Dié forum sal voortaan as ’n vaste werkgroep van ICAR bedryf word en afgevaardigdes van vleis- en suiwelbeesrasse het die byeenkoms bygewoon. Die werkgroep beywer hom onder meer vir die standaardisering en koördinasie van ras-identifikasie, seleksie, uitvoermaatreëls en siektebeheer.

Uys was ook aangenaam verras deur die vriendelike ontvangs wat hy op Duitse plase geniet het. “By Rottenburg het ons ’n trop suiwel-Simmentalers (Fleckvieh) opgemerk en by die teler aangeklop. Die boer het ons sy kampioendiere gewys en met behulp van sy kleindogter se Engels het ons kopstukke gesels!”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
-0.5%
Rand - Pond
20.81
+0.4%
Rand - Euro
18.75
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Platinum
1,016.29
-0.9%
Palladium
1,684.58
+0.9%
Goud
1,912.82
+0.0%
Silwer
23.37
-0.4%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,923
+0.4%
Alle aandele
80,090
+0.4%
Hulpbronne 10
74,861
+0.2%
Industriële 25
103,382
+0.7%
Finansiële 15
16,523
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
Alleen maar gelukkig
Ek is n sosiale spontane mens wat hou van lag en goeie geselskap. Ek werk hard, soms lang ure, maar hou ook van rustig wees. Ons is nie veronderstel om alleen deur die lewe te...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot