AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Statutêre heffing vir rooivleis

Die instelling van 'n statutêre heffing in die rooivleisbedryf gaan help dat verlore veld vir die bedryf teruggewen kan word, het mnr. Gerhard Schutte, hoofbestuurder van die RPO, in die Boland gesê.

"Die Regering dink nuut oor regulering in die landbou en ek het geen twyfel dat die regte besluit geneem is om die heffing weer in te stel nie."

Die statutêre heffing vir die rooivleisbedryf is in November verlede jaar goedgekeur.

Schutte het op die Wes-Kaapse RPO se jaarvergadering by die Hoër Landbouskool Boland gesê dit, tesame met die vrywillige heffing wat ook van toepassing is, is noodsaaklik vir die voortbestaan van die RPO.

Die heffing word vir onder meer produsente-skakeling en die oordrag van inligting, navorsing, invoermonitering, die instelling van 'n opspoorbaarheidstelsel en die bestryding van veediefstal en -siektes gebruik.

Volgens Schutte het die invoer van beesvleis van meer as 21 000 metrieke ton in 2000 tot 16 700 metrieke ton in 2005 gedaal. Dié van skaapvleis het in dieselfde tyd van 51 000 metrieke ton tot 19 500 metrieke ton gedaal.

"Rooivleisprodusente kan tevrede wees met die ad valorem-invoertarief van 40 % en daar word ernstig beding om dié tarief te behou".

"Ook die Namibiese besluit — 'n politieke besluit — dat vir elke lewende skaap wat van daar na Suid-Afrika ingevoer word, twee skaapkarkasse ook ingevoer moet word, is reg bestuur. Daardie karkasse word in die kleinhandel as 'n produk van Namibië verkoop."

Volgens Schutte verg die smokkelary van speenkalwers vanuit Botswana aandag. "Dié smokkelary word vererger omdat die boere van Botswana slegs R3/kg ontvang, maar heelwat meer in Suid-Afrika kan kry. Tans is die wettige invoer van speenkalwers uit Botswana nog nie goedgekeur nie."

3 Maart 2006

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
-5.0%
Palladium
1,623.95
-2.8%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
One life.... Live it
Gemaklike persoon met beginsels en waardes. Te laat vir voorgee, ek is gelukkig in my eie vel en wat die lewe nog vir my inhou. Ek kan wissel van diep seun na baie sosiaal en is...
Kom ons sien wat gebeur
Wel eks nie iemand wat oordeel nie. Wees jouself. Ek luister graag. Eerlik en opreg en hou nie van jok nie. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot