AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Statutêre rooivleisheffing goedgekeur

'n Statutêre heffing vir die rooivleisbedryf is deur die Minister van Landbou, me. Thoko Didiza, goedgekeur na 'n aansoek deur die Rooivleisbedryfsforum, lui 'n aankondiging deur die Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR).

'n Statutêre heffing vir die rooivleisbedryf is deur die Minister van Landbou, me. Thoko Didiza, goedgekeur ná 'n aansoek deur die Rooivleisbedryfsforum, lui 'n aankondiging deur die Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR).

Die statutêre maatreëls sal twee jaar lank geld en is onderhewig aan die volgende voorwaardes:

Minstens 70 % van die geld wat gevorder word, moet vir kern bedrywighede gebruik word, hoogstens 10 % kan vir administrasie gebruik word en sowat 20 % moet vir transformasie gebruik word.

Die heffings-administrateur moet jaarliks geouditeerde finansiële state by die NLBR en die Ouditeur-generaal indien waarin die inkomste- en uitgawesyfers weergegee word.

Die persentasie wat aan transformasie toegesê is, moet afsonderlik onder die uitgawesyfers aangedui word.

Die administrateur moet statutêre geld afsonderlik hou van enige ander geld en dit moet só in die finansiële opgawes weergegee word.

Elektroniese data ten opsigte van die statutêre maatreëls van die hele bedryf moet elke kwartaal aan die NLBR voorsien word.

Volgens dr. Daan Opperman, voorsitter van die Rooivleisbedryfsforum wat om dié heffing aansoek gedoen het, gaan die grootste deel van die geld (sowat 40 %) aan die generiese bevordering van rooivleis bestee word. Dit is om die dalende neiging in die verbruik van rooivleis om te swaai en mense weer meer bewus te maak van die voedingswaarde van rooivleis en dat dit waarde vir geld bied.

Hy sê dit sal tot voordeel van ál die betrokkenes in die bedryf wees wat heffings betaal.

Die geld sal op ál die funksies bestee word wat noodsaaklik is vir die volgehoue voortbestaan van die rooivleisbedryf.

Belanghebbendes in die hele waardeketting sal tot die heffings bydra.

Navorsingsbeplanning vir die hele bedryf word deur 'n komitee gedoen en die begroting van amper R1 miljoen wat tot nou toe beskikbaar was, gaan nou waarskynlik met sowat R3 miljoen verhoog word.

Naas die voordeel wat opkomende boere uit die oorhoofse bevordering van ál die funksies sal kry, sal daar nou ook geld beskikbaar wees om projekte te finansier om die vermoë van die boere op grondvlak uit te brei.

Mnr. Manie Booysen, hoofbestuurder van die SA Vleisbedryfsmaatskappy (Samic), sê die skakelwerk en koördinering van die klassifikasiestelsel wat sy instelling doen, ressorteer nie onder dié dienste nie omdat dit afsonderlik gefinansier en in stand gehou word.

Hy glo uiteindelik gaan die een wat die grootste voordeel trek, die boer wees.

Die volgende belangrike stap is die aanstelling van 'n administrateur wat 'n netwerk en stelsels tot stand moet bring om almal wat heffings moet betaal, te registreer en dan die geld in te vorder.

Dié registrasie is dadelik van krag en die betaling van heffings sal verpligtend wees 90 dae nadat dit amptelik goedgekeur is.

Bykomende voordele wat die heffing gaan meebring, is dat heelwat betroubare inligting nou bekend gaan word oor hoeveel diere geslag, uitgevoer en ingevoer word. In die verlede was dit 'n groot probleem om sulke inligting te bekom.

19 Augustus 2005

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot