
“Personeel is die hart van ons besigheid en ten spyte van aanslae van droogte en swak ekonomiese omstandighede, het Suidwes Landbou steeds ‘n uitstekende jaar beleef,” sê dr. Herman van Schalkwyk, hoof-uitvoerende beampte van Suidwes Landbou. Van Schalkwyk en die direksie het op ‘n gala-aand by Schweizer-Reneke hulde gebring aan personeel wat die afgelope jaar uitstekende diens aan produsente, aandeelhouers, klante, kliënte en verskaffers gelewer het.
Mnr. Hansie Viljoen, voorsitter van Suidwes se direksie, het bygevoeg dat die bydraes en toewyding van personeel, onder leiding van ‘n gedrewe bestuurspan, dié besigheid van ‘n koöperasiekultuur na ‘n maatskappykultuur laat groei het. “Dit is duidelik dat elke personeellid die strategie, visie en missie van die maatskappy ondersteun,” sê Viljoen.
Die volgende toekennings is aan personeel gemaak:
Handel: Tak van die jaar – Louwna Handelstak
Handel: Tak met beste vordering – Boshof Handelstak
Graan: Bedryfspunt van die jaar – Graan Admin & Logistieke Afdelings
Graan: Bestuurstoekenning – Werknemer van die jaar – Mario Theron
Graan: Makelaar van die jaar – Bettie Dunhin
Graan: Uitsonderlike prestasie Silobedryf & Admin – Anel Marx
Graan: Silobestuurders van die jaar – Attie Louw & Danny Viljoen
Graan: Bestuurstoekenning vir uitmuntende prestasie – Dries van der Linde
Eiendomme: Vakman van die jaar – Morne van der Walt
Eiendomme: Werknemer van die jaar – Johan Bezuidenhout
Sekretariaat: Werknemer van die jaar – Zelda van Reenen
Sekretariaat: Uitstekende prestasie – Tiekie Nagel
Meganisasie: Werktuigkundige van die jaar – Gysie van Wyk
Meganisasie: Heelgoedere Bemarker van die jaar – Frans Kamffer
Meganisasie: Onderdelesentrum – Beste vordering: Hertzogville
Meganisasie: Onderdelesentrum van die jaar - Vryburg
Meganisasie: Werkswinkelbestuurder van die jaar – Riaan Schoeman
Finansies: Werknemer van die jaar – Madeleen Malherbe
Finansies: Bestuurstoekenning – Jaydene de Jager
Finansiering: Kredietkantoor van die jaar – Hoopstad
Menslike Hulpbronne: Werknemer van die jaar – Rahaba Bahesi
NWET: Werknemer van die jaar – Herman Verwey
Hoofbestuurstoekenning : Salome Pieterse (Beampte: Aandele & Administrasie)
Hoofbestuurstoekenning : Talita Verwey (Administratiewe Beampte)
Hoofbestuurstoekenning : Sunelle van Rooyen (Bemarkingskoördineerder)