Mnr. Fanie van Zyl, voorsitter, sê die prestasie was moontlik omdat Suidwes ook in ander ondernemings belê het en vroegtydig planne beraam het toe besef is dat aanplantings kleiner gaan wees. "Die fokus om inkomste uit ander bronne as primêre produsente te genereer, is besig om momentum te kry," het hy gesê.
Suidwes sê in 'n verklaring sy verdienste per aandeel het met 33,4 % gestyg, dividende het met 16,7 % toegeneem, netto batewaarde per aandeel het met 20,9 % gestyg en die opbrengs op aandeelhouersfondse was 19,5 %.
Van Zyl sê die prestasie is bewys dat Suidwes die regte strategie in werking het. "Dit is ook moontlik omdat ons die ondersteuning van klante kry wat besef dat hulle waarde vir geld kry en dat aan hul behoeftes voldoen word as hulle met ons sake doen."
Landbouweekblad, 10 Augustus 2007