AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Suiwel suig aan agterspeen

Die suiwelbedryf in Suid-Afrika is "onsigbaar" in die wyer ekonomie vergeleke met ander landbou- en landbouverwerkingsektore.

Die suiwelbedryf in Suid-Afrika is "onsigbaar" in die wyer ekonomie vergeleke met ander landbou- en landbouverwerkingsektore ondanks sy betreklike omvang van R16,3 miljard in jaarlikse kleinhandelverkope.

Mnr. Theo Hendrickse, uitvoerende hoof van Parmalat, glo dit kan gedeeltelik toegeskryf word aan die afwesigheid van 'n doeltreffende, behoorlik-funksionerende bedryfsorganisasie sedert deregulasie en die ontbinding van die beheerraad in 1994.

Hendrickse het onlangs op die derde jaarkongres van die Suiwelvereniging van Oos- en Suider-Afrika (ESADA) in Lusaka, Zambië, gesê só 'n organisasie moet die belange van die primêre én sekondêre produsente verteenwoordig.

"Die bedryfsorganisasie wat tans die verantwoordelikheid het, is heeltemal geneutraliseer deur sy onvermoë om die inherente mededingende verhouding tussen boere en vervaardigers te bestuur, " het hy gesê. " Dit wil voorkom of dié twee belangegroepe nog nie ten volle besef dat hulle afhanklik is van mekaar en moet saamwerk aan die gedeelde doelwit om 'n sterk en volhoubare suiwelbedryf in die land te skep nie. "

Hendrickse het gesê 'n behoorlik-funksionerende bedryfsorganisasie is nodig vir behoorlike inligting oor die suiwelbedryf. "Ek vermoed dit is deels die rede hoekom die vraag na suiwelprodukte in die land die aanbod oortref, " het hy gesê.

"Inligting is veral nodig oor die grootte van die mark, per capita- verbruik en die groei in die mark. Hoe anders kan ons beleggings beplan om die bedryf in Suid-Afrika en die streek te ontwikkel as op grond van deeglike inligting? "

Hendrickse het gesê die afwesigheid van sinvolle gesprek tussen die bedryfsorganisasie en die regering oor die probleme in die landboubedryf dra ook by tot die onsigbaarheid van die suiwelbedryf in die ekonomie.

Hy het verwys na konsolidasie onder primêre produsente en melkplaasbedrywighede wat groter word ten einde uit skaalbesparings voordeel te trek.

Volgens hom het Parmalat se jaarlikse melkinname van net meer as 300 miljoen liter in 2003 tot 'n verwagte 500 miljoen liter in 2007 gestyg. Voorheen is 550 boere gebruik en nou 420 boere. Die gemiddelde melkinname per plaas per dag het van 1 800 liter tot 3 100 liter toegeneem.

"Die demografie van melkverskaffers is besig om te verander.

"Die vestiging van groot kommersiële suiwelplase is noodsaaklik vir die suiwelbedryf om in die streek (Oos- en Suider-Afrika) te floreer.

"Terselfdertyd moet maniere gevind word om klein (opkomende) suiwelboere in die formele suiwelbedryf te integreer, " het hy gesê.

12 Junie 2007

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
-5.0%
Palladium
1,623.95
-2.8%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Betroubare opregte mense is n maklike humoristiese mens en kom
Ek is n Vriendelike omgee mens met hope humor en Bae liefde vir my medemens. Geniet die buite lewe en vang graag vis en Kamp graag. H
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot