Tiger Brands beoog om in Nigerië te belê as deel van sy uitbreidingstrategie. In die boekjaar tot September het dié maatskappy 'n 51%-aandeelhouding in Haco Industries van Kenia en 'n 74,4%-aandeelhouding in Kameroen se Chococam bekom.
"Uitbreiding buite Suid-Afrika se grense is nie onderhandelbaar nie," sê mnr. Peter Matlare, hoof uitvoerende beampte. Mnr. Neil Brimcombe, uitvoerende direkteur van Tiger Brands Internasionaal, sê die bogenoemde beleggings dien as basisse vir groei in Wes- En Oos-Afrika.
Hy sê sy maatskappy wil 'n beherende aandeel in voedselmaatskappye in Wes-, Oos-, Sentraal- en Suider-Afrika bekom. Latyns-Amerika is ook in hul visier. "Die ware prys is Wes-Afrika vanweë die grootte van veral die Nigeriese mark."
Bron:
Fin24.com
26 November 2008