AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Toelaes verseker nie vol mae

Welsyntoelaes alleen gaan nie voedselsekerheid in Suid-Afrika bewerkstellig nie; daar sal ook meer in die landbou belê moet word.

Die Suid-Afrikaanse landbou se ruilvoet, wat die primêre bedryf se winsgewendheid aandui, het in die dekade van 1990 tot 2009 met 15% verswak, lui ’n nuwe verslag oor Suid-Afrikaanse voedselpryse deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en die Landboubemarkingsraad se Sentrum vir Mark- en Ekonomiese Navorsing (Merc).


Dit beteken boere se produksiekoste het in dié tyd 15% vinniger gestyg as wat die  plaashekpryse vir hul produkte toegeneem het. Hoewel bruto boerdery-inkomste in reële terme sedert die vroeë 1990’s toegeneem het, het boere se netto inkomste sedert 1981/’82 sywaarts beweeg.


Op die internasionale front het kommoditeitspryse van 1957 tot 2008 en van 1975 tot 2008 in reële terme met onderskeidelik 35% en 51% gedaal. Soortgelyke dalings het op die markte vir plantaardige olies en lewende hawe geskied.


Voedselsekerheid?

Die verslagskrywer is bekommerd oor die langtermyn-vermoë van Suid-Afrika se boere om bekostigbare kos vir die land se burgers aan te hou produseer. Boerdery se verswakkende ruilvoet kan ernstige gevolge vir landelike ontwikkeling, die vermoë om bekostigbare kos te produseer en die land in sy geheel hê, waarsku hulle.


Dit sál toekomstige belegging in die landbou regstreeks en onregsteeks benadeel. In die verslag word dit benadruk dat daar eers in Suid-Afrikaners se basiese behoefte aan bekostigbare en voedsame kos voorsien moet word voordat die grootste deel van die bevolking sal kan spaar en gevolglik in ekonomiese ontwikkeling sal kan belê.


“Voedselsekerheid is ’n voorvereiste vir enige ekonomiese groei wat alle klasse ewe veel bevoordeel en wat aangedryf word deur besparings en beleggings deur die plaaslike bevolking,” lui die verslag. Dié soort ekonomiese groei vind nie plaas nie, want Suid-Afrika se armes bestee steeds die grootste deel van hul karige inkomste aan kos.


Kospryse styg

Intussen heers wêreldwye kommer dat voedselpryse in die nabye toekoms weer kan begin  styg, soos met die voedselpryskrisis van 2008. Hoewel pryse sedertdien aansienlik gedaal het, is die meeste prysvlakke steeds hoër as vóór die krisis.


Volgens die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie (VLO) is 80% tot 90% van die graanpryse wat hulle in 27 lande in Afrika suid van die Sahara dophou, steeds 25% hoër as vóór die krisis. Soortgelyke neigings word in Asië en Latyns-Amerika gesien.


Die VLO wys voorts daarop dat al die faktore wat die voedselpryskrisis veroorsaak het, met die uitsondering van die olieprys, steeds teenwoordig is. Dit sluit lae wêreldvoorrade in wat sedertdien, verhoogde produksie ten spyt, nie betekenisvol toegeneem het nie.


Oplossing?

Die oplossing is tweeledig, meen die verslagskrywer:


Op kort termyn kan welsyntoelaes chroniese honger help verlig, maar dit sal nie op lang termyn voedselpryse stabiliseer nie. Dít kan net bereik word deur plaaslike landbouproduksie uit te brei.


“Die doelwitte van voedselsekerheid en volhoubare ontwikkeling sal nooit bereik word as die armes en kommersiële operateurs nie op lang termyn regstreeks by die produksie van kos in en om hul plaaslike omgewing betrokke raak nie.” Dít vereis ’n herskikking van beleid op

alle regeringsvlakke.


Die Regering sal sy medium- en langtermyn-beleggings in landbounavorsing, voorligting, landelike infrastruktuur en marktoegang vir kleinboere moet verhoog, lui die verslag. Spesifieke landboubedrywe wat potensiaal vir uitgebreide plaaslike produksie toon, is sojabone, koring en braaikuikens.


Sojaboon-oliekoek het in 2009 altesame7% van Suid-Afrika se landbou-invoer  verteenwoordig, koring 6% en hoendervleis 3%. Veel meer aandag behoort ook aan die veebedryf gegee te word, veral onder kleinboere, lui die verslag. Produsentepryse in die veebedryf was in 2009 veel minder wisselvallig as in die saaibedrywe, ook op internasionale markte.


Dit word aan onder meer verbruikers in ontwikkelende lande se veranderende eetpatrone toegeskryf. Namate hul welvaart verhoog, eet hulle meer proteïene.


“…Vee kan ’n betekenisvolle rol speel om wisselvalligheid in boerdery-inkomste te verlig, veral as ’n mens in ag neem dat die grootste deel van Suid-Afrika hoofsaaklik vir ekstensiewe veeproduksie geskik is en (die land) in die algemeen ’n netto invoerder van vleis is.”


Die verslagskrywer voeg by dat boere in ontwikkelende lande (soos Suid-Afrika) asook party ontwikkelde lande se winsgewendheid-dilemma vererger word deur die feit dat hulle bitter min steun van hul regerings ontvang, anders as boere in die Europese Unie en Amerika.


Hieroor het dr. André Jooste, Merc se senior bestuurder, by navraag gesê die wegspring- beginsel behoort ’n gelyke speelveld vir alle lande se boere te wees. Dit is internasionaal egter steeds ’n ope vraag hoe dié gelyke speelveld bewerkstellig moet word as boere in ander lande deur regeringsubsidies of ander steunprogramme gehelp word.


In kringe soos die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO) is daar deesdae sommige wat meen regstreekse betalings, soos kunsmis-subsidies, mag maar gebruik word, mits dit op kort termyn is. Die groot vraag is egter steeds wanneer boere van só ’n betaling gespeen moet word.


Uiteindelik moet ’n omgewing geskep word waarin die landbou en agribesighede mededingend kan wees. “Almal stem saam dat Suid-Afrika se sosiaal-politieke en  ekonomiese uitdagings heelwat anders is as dié van lande soos Amerika en in die Europese Unie.


“As ons dus ekonomiese groei in landelike gebiede wil bewerkstellig om armoede en werkloosheid te verlig en voedselsekerheid en ’n volhoubare landbou wil verseker, sal ons dié soort ondersteuning moet gee wat ten minste aan die vereistes van die eerste beginsel – ’n gelyke speelveld – voldoen,” het Jooste gesê.


13 Januarie 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.36
-1.1%
Rand - Pond
21.29
-1.3%
Rand - Euro
18.29
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.81
-1.5%
Rand - Jen
0.13
-1.2%
Goud
1,797.73
+0.5%
Silwer
23.50
+1.9%
Palladium
1,963.22
+1.7%
Platinum
1,030.76
+2.1%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot