
Istanbul, ’n betowerende stad op twee vastelande (Asië en Europa), het in een van die wêreld se grootste metropole ontwikkel. Stap straataf en kyk hoe die geskiedenis voor jou ontvou, sien hoe die son oor die pragtige stadsprofiel sak en geniet om elke hoek en draai ’n ongelooflike kulturele ervaring. Beleef meer as 2 500 jaar se geskiedenis – en meer.
Indrukwekkende monumente uit die verlede staan langs moderne wolkekrabbers, soos die bekende bakens die Hagia Sofia, die Blou Moskee, die Groot Basaar en die speserymark. Istanbul is die ideale stad vir behoorlik inkopies doen. By die Groot Basaar in die Ou Stad, wat al eeue lank bestaan, is tradisionele ware te kry, maar jy kan ook een van die talle moderne inkopiesentrums regdeur die stad besoek. Enigiets van gehaltetekstiele, leerprodukte, silwer- of goue juweliersware, handgeverfde keramiek, pragtige syserpe en matte is te koop.
Die stad se kos-aanbod is so uiteenlopend soos sy erfenis; dit bied die perfekte mengsel van Ottomaanse geregte en modern Westerse eetgoed. Probeer gerus die sappige vleisstokkies, geurige happies en vars vis. Boonop het Istanbul ’n opwindende naglewe, met ’n oorvloed keuses wat in almal se smaak val. En moenie dink die partytjiediere gaan al die pret hê nie; daar is verskeie plekke vir jou as jy verkies om by ’n eetplek op ’n terras te ontspan.
Bespreek en betaal ten volle teen 17 JULIE 2015
29 Augustus tot 7 September 2015
* VANAF R17 610 PER PERSOON WAT DEEL.
DIT SLUIT IN:
Retoervliegkaartjies vanaf Johannesburg.
Sewe nagte se verblyf in ’n viersterhotel.
Ontbyt daagliks.
Twee aandetes.
Vervoer van en na lughawe.
Halfdag-inkopietog by die Groot Basaar en die speserymark.
Treasures of Istanbul-halfdagtoer.
Huidige lughawebelasting van R3 800.
Vir besprekings of nog inligting, bepalings en voorwaardes, bel 011-886-9545, stuur ’n faks na 011-886-9548, e-pos huisgenoot@megatrav.co.za of gaan na www.huisgenoot.com