AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Transformasie wag op landbou

Die AgriSEB-sektorkode is in die Staatskoerant gepubliseer en “radikale transformasie” word verwag, sê mnr. Langa Zita.

Die AgriSEB-sektorkode is Maandag (26 Maart 2012) in die Staatskoerant gepubliseer en “radikale transformasie” word verwag, sê mnr. Langa Zita, voorsitter van die AgriSEB-handvesraad.


Luidens ’n verklaring nooi die raad lede van die publiek uit om binne 60 dae kommentaar oor die dokument in te dien.


Die raad meen dat die finale AgriSEB-transformasieraamwerk sal lei tot verhoogde deelname van swart mense rakende die besit, bestuur en beheer van landbou-ondernemings en die landbouwaardeketting. Verder word verwag dat dit tot die verbetering van vaardighede van werkers in die bedryf sal lei.


Openbare deelname

Een van die raad se verantwoordelikhede is om seker te maak dat die voorgestelde kode aan die publiek bekend gestel word. Die raad is saamgestel uit verteenwoordigers van die staat, die landboubedryf en arbeid.


“Die handvesraad sal konsultasieplatforms vir gewone Suid-Afrikaners oor die hele land skep waar hulle hul voorstelle oor die voorgestelde sektorkode kan lewer, van vandag van die publikasiedatum – 26 Maart 2012 – af,” sê Zita, wat ook die direkteur-generaal van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye is.


Besonderhede

Die besonderhede vervat in die kode fokus onder meer op grondeienaarskap, hoë vlakke van ongeletterdheid en die aard van die landbousektor en die rol wat dit kan speel in die landelike ontwikkelingsprogramme. Dit is saamgestel omdat die landbousektor anders is as ander sektore in die land se ekonomie.


“Die datum van 26 Maart 2012 is simbolies van die oomblik van totale tranformasie in die landbousektor in Suid-Afrika. Ek is tevrede met die afsluiting van dié moeilike proses, want dit wys ’n duidelike pad van hoe transformasie in die landbousektor moet plaasvind,” aldus Zita.


Amper 4 jaar

Intussen sê mnr. Johan Pienaar, senior ekonoom by Agri SA, dié voorgestelde dokument het volgens hulle niks radikaal in nie, want “dit lyk soos die handves van ouds.” Volgens Pienaar is die dokument al vir sowat vier jaar onder bespreking. Van die grootste strydpunte oor die dokument was die bepaling van afsnypunte vir ondernemings wat kwalifiseer en aan BEE-riglyne moet voldoen.

Die bepaling wat van die begin van die proses af in die dokument ingesluit is, is dié vir ondernemings met ’n omset van tussen R5 miljoen en R35 miljoen per jaar. Van die lede van die komitee wou egter gehad het dit tot so laag as R1 miljoen aangepas moes word.


Die dokument bepaal wel dat die Minister van Landbou dié bedrae kan aanpas sou die nodige navorsing dit aandui. Die Nasionale Landboubemarkingsraad is ook opdrag gegee om ’n studie in dié verband te onderneem.


Pienaar sê Agri SA sal aan die openbare proses deelneem en ook sy eie kommentaar oor die dokument inhandig.


26 Maart 2012

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.56
-0.0%
Rand - Pond
21.59
-0.4%
Rand - Euro
18.50
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.93
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot