AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Triomf open fabriek op Ermelo

Triomf sit sy triomftog voort as vervaardiger en verskaffer van kunsmisprodukte met 'n nuwe fabriek op Ermelo.

Triomf Kunsmis is steeds op die wenpad as vervaardiger en verskaffer van kunsmisprodukte van topgehalte.

In die afgelope paar jaar het Triomf ongelooflike groei getoon, nie net landwyd in Suid-Afrika nie, maar ook internasionaal met sy menigte belange in die globale landboubedryf.

Op Vrydag 15 Augustus het Triomf Ermelo amptelik sy deure geopen en is slaggereed om kunsmisprodukte van hoë gehalte te vervaardig, te stoor en te verskaf aan Mpumalanga asook die Oos-Vrystaat. Die opening van die fabriek was ’n reusesukses. Besoekende boere kon 'n toer van die nuwe produksieaanlegte meemaak waartydens Triomf se besturende direkteur, mnr. Jannie Willemse, produsente meer vertel het van Triomf se baanbreker-produkte.

Hierdie fabriek op Ermelo is spesifiek opgerig om te spesialiseer in Triomf Politain™-produkte, asook Triomf se kenmerkende rooi kunsmis: Nitrex™. Hierdie is slegs fase een van die Ermelo-ontwikkeling: Produsente kan eersdaags uitsien na 'n volledige vloeibare aanleg wat parallel met die korrelaanlegte sal funksioneer.

Vir meer inligting besoek asb. www.triomfsa.co.za

SONY DSC

Byskrif: Van links is mnre. Stefan Arnoldi (produsent), Jannie Willemse (besturende direkteur: Triomf) en Barry Swanevelder (Triomf). Foto: Verskaf (Klik net op foto om te vergroot.)

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot