
Promosie-artikel:Daar is baie onsekerheid oor Donald Trump se presidentskap, en ook sy voorgenome beleide. Daar word gewonder oor wat sy presidensie gaan beteken vir ontluikende markte, en veral vir Suid-Afrika.
Die volgende punte kan meer duidelikheid hieroor gee.
A. Belasting
Trump se beleid is laer inkomstebelasting vir besighede en welaf Amerikaners. Hy stel voor dat belasting vir besighede verlaag word na 15.00% per jaar. Volgens hom sal dit lei tot werkskepping. ‘n Ander voorstel is dat ‘n groter deel van gesondheidskostes vir families belasting aftrekbaar moet wees. ‘n Afskaffing van boedelbelasting en die vermindering van burokrasie word ook genoem.
B. Immigrasie
Trump meen wanneer dit by immigrante kom, moet die belange van Amerikaners voorkeur geniet. Strenger beheer gaan klaarblyk toegepas word by grensbeheer fasiliteite. Sy bekende voorstel van ‘n muur tussen die VSA en Mexico is alom bekend. Hy het intussen genoem dat ‘n deel van die grens wel deur ‘n draad heining ook opgemaak kan word.
Verder, mense wat die VSA wil binnekom, moet volgens hom aan baie streng reëls voldoen. Wat betref onwettige immigrante in die VSA: Trump voel hulle hoort nie in die VSA nie, veral dié met kriminele rekords. Hy is van plan om tussen twee en drie miljoen onwettige immigrante te deporteer.
C. Gesondheidsorg
Trump het ‘n probleem met die VSA se “Patient Protection and Affordable Care Act (PPACA / Obamacare)”. Hy stem saam dat elke Amerikaner toegang moet hê tot hoë kwaliteit, bekostigbare gesondheidsorg. Hy meen egter dat Obamacare gefaal het in die kwaliteit van mediese dienste, asook in die nastrewing van laer mediese kostes. Trump meen verder die primêre besluitnemers moet families en dokters wees, en nie die staat nie. Die feit dat groot werkgewers gedwing word om Obamacare toe te pas, lei tot die vemindering van werksgeleenthede as gevolg van die hoë koste. Vir die rekord: dit blyk dat die koste van Obamacare in 2017 gaan toeneem met 25.00%.
D. Vrye handel
Trump het aangedui hy is gekant teen totale vrye handel. Die “North Atlantic Treaty Organization (NATO)” word deur Trump voorgehou as ‘n voorbeeld van ‘n ooreenkoms wat nie die beste voordele vir die VSA inhou nie. Verder, Trump meen dat vrye handel met China en Mexico gelei het tot verlore werksgeleenthede in die VSA. Trump is dus ‘n aanhanger van proteksionisme. Daar word gevrees dat proteksionisme sal beteken dat ander lande dieselfde sal doen en dat die netto effek sal wees dat die VSA meer geskaad word.
Wat beteken dit alles vir ontluikende markte? Die onderstaande tabel dui aan met hoeveel die relevante ontluikende markte se geldeenhede teenoor die dollar verswak het. Slegs die Meksikaanse Peso het swakker presteer as die Suid-Afrikaanse rand. Plaaslike faktore wat bygedra het tot die verswakking van die rand sluit in die onsuksesvolle mosie van wantroue wat laas week deur die DA in die parlement ter tafel gestel is.
Bostaande moet egter nie in isolasie gesien word nie. Soos gesien kan word in die onderstaande grafiek het die dollar ook versterk teenoor die euro. Dít was nié wat die mark verwag het van ‘n Trump presidensie nie.
Trump meen hy gaan die VSA se ekononie vinniger laat groei deur, onder andere, groter besteding op infrakstruktuur. Daar word dus verwag dat inflasie gaan toeneem. Die onderstaande grafiek wys dat die rentekoerse op die VSA se 10 jaar staatseffekte dienooreenkomstig skerp gestyg het sedert middel laas week.
Die impak van die bostaande grafiek kan beteken dat daar nog rentekoers verhogings in die VSA kan wees. Dit ondersteun die sterker dollar.
‘n Laaste punt: Die onderstaande grafiek wys hoe die dollarprys van koper opgeskiet het sedert middel laas week, ná Trump se oorwinning. Kan dit wees dat sy infrastruktuur uitbreidingsplan gaan vrugte afwerp, en gevolglik kommoditeite gaan ondersteun?
Onderstaande grafiek wys in hoe ‘n mate die lokale Resi 20 hulpbron indeks die Top 40 indeks uitpresteer het die laaste paar dae.
Kan Trump se presidensie die katalisator wees vir die hulpbron indeks om te herstel, nadat dit reeds vir jare onderpresteer? Net die tyd sal leer.
- Edwin Smit is ‘n portefeulje bestuurder by BVG Financial Solutions, ‘n Gemagtigde Finansiële Dienste Verskaffer van die FSB (FSP 39889), en ook ‘n geregistreerde JSE handelaar van BVG Commodities (Lid van die JSE). Sy kontakbesonderhede is: (012) 484-4013 of edwin.smit@bvg.net. Lesers is welkom om hom te kontak om in te teken vir BVG se daaglikse valuta- en aandele-mark oggendverslae. BVG werk, onder andere, in assosiasie met Momentum SP Reid Securities.