AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4430
41,00
SOYA
24 Mrt
-
8110
-113,00
SUNS
24 Mrt
-
8589,2
-40,80
WEAT
24 Mrt
-
6357
38,00
WMAZ
24 Mrt
-
3820
33,00
YMAZ
24 Mrt
-
4007
11,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Tydlose meubels vir hedendaagse plaashuise

Nelia Naudé doen binnenshuise ontwerp en het ook onlangs ’n Kaaps-Hollands-geïnspireerde meubelreeks, kompleet met melkstoeltjies en bokkie-tafels, bekend gestel.

Wat is jou agtergrond?

Ek het in ’n kreatiewe familie grootgeword – my pa, Johan Malherbe, is ’n argitek en my ma ’n kunstenaar. Ek was 14 jaar oud toe ek in my musiekklas begin dagdroom het oor hoe ek die vertrek se gevoel kon verbeter. Só is my passie vir binnenshuise ontwerp gebore. Ná skool het ek interieurontwerp by Design Time in Kaapstad gestudeer. Ek het sewe jaar gelede my eie onderneming, NM Design, gestig.

Jy het onlangs jou eie meubel-, keramiek-, kuns- en beligtingsreeks van stapel gestuur. Het dit uit jou ontwerpwerk gevloei?

Ek het oor die jare baie gesukkel om gepaste antieke, dog eenvoudige, tydlose meubels te vind. Vanaf my eerste ontwerp het ek meubels vir kliënte laat maak. Die saadjie vir ’n eie reeks is onlangs gesaai en het gegroei tot wat dit vandag is. Ek en my suster, Xenia Venter, doen die reeks saam. Sy is verantwoordelik vir die kunswerke.

Wat is jou bemarkingsfilosofie?

Ek het ’n bekendstelling in Kaapstad gehou, waarheen ek die media genooi het. Daarna het ek Decorex as tentoonsteller bygewoon. Ek stal die meubels uit in Die Waenhuis, ’n klein geboutjie agter Malherbe Rust Argitekte in die Paarl. Mense kan die meubels daar of op my webtuiste besigtig en deur my bestel.

Jy noem die reeks A Matter of Time. Hoe sou jy die styl daarvan beskryf?

Die meubels het Kaaps-Hollandse invloede. Ek hou van die kalm gevoel en skoon rustigheid van die Kaaps-Hollandse argitektuur en my meubels moet dié rustigheid weergee. Die houtwerk, met detail soos houtnaels, weerspieël ook dié era en ek wil die ouderwetse manier van gehalte-vervaardiging terugbring. Al die stukke het Afrikaanse name.

Wie vervaardig jou meubels?

Ek het mense in die antieke meubelbedryf genader om te help. Die vakmanskap is baie belangrik. Dis eintlik ’n kuns wat uitsterf en net ’n handjievol mense doen dit nog. Ek hoop my meubels help om dié soort vakmanskap weer gewild te maak.

Watter soorte hout gebruik jy?

Ek gebruik eikehout en geelhout, wat ek van oraloor aankoop. Eikehout is my gunsteling. Geelhout word al van die Hollandse tydperk aan die Kaap vir meubels gebruik. Ek sukkel veral om geelhout te kry, daarom gebruik ons baie hout wat uit ou geboue kom.

Jy woon op ’n plaas buite Worcester. Is dit nie ’n probleem om so afgeleë te wees nie?

Nee, dis tot my voordeel. Baie van die kliënte woon in groot, ou plaashuise. Hulle het ’n behoefte aan stukke wat nie so modern is nie. Ek werk ook baie op plekke, soos Ceres, De Doorns en Simondium.

Watter struikelblokke moes jy oorkom?

Ek het niks geweet van die sakekant nie. Aanvanklik het ek uit my foute geleer, maar later het ek Retha Alberts, ’n sake-coach, aangestel. Sy het as totale buitestander na my onderneming gekyk en my gehelp om alles in perspektief te plaas en stelsels te ontwikkel.

Het jy ’n mentor?

Beslis my pa. Hy sê graag sy beste projek is altyd sy volgende projek. Dís hoe ’n mens moet dink.

Navrae: Webwerf: www.nmdesign.co.za; e-pos: nelia@nmdesign.co.za; sel 072 644 7222.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.21
-0.7%
Rand - Pond
22.32
-0.4%
Rand - Euro
19.62
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.13
-0.3%
Rand - Jen
0.14
-1.2%
Platinum
981.46
-0.3%
Palladium
1,412.24
-0.7%
Goud
1,985.94
-0.4%
Silwer
23.06
-0.2%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
68,850
-1.7%
Alle aandele
74,309
-1.7%
Hulpbronne 10
63,266
-3.0%
Industriële 25
101,494
-1.1%
Finansiële 15
15,148
-1.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Maatjie vir n praat Jim
Eks eerlik opreg en het baie liefde wat ek kan bied hou van Kamp buielewe en sommer net rustig te verkeer
Introvert tot ek gemaklik is. Omgee mens. Onafhanklik en soek my beste maat.
Ek is netjies op myself en my huis. Ek het n passie vir DIY. dit hou my besig. Ek hou van dans, braai en kuier maar ook om te ontspan voor die tv. Ek geniet kuns markte en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot