
Die Universiteit Stellenbosch (US) gaan die volgende drie jaar midde-in die uitbreiding van waternetwerke in Suider-Afrika staan. Hy gaan die Nuwe Vennootskap vir Afrika se Ontwikkeling (Nepad) se inisiatief “Watersentrums van Uitnemendheid” koördineer.
Dit behels die uitbreiding van netwerke in die streek se waternavorsings- en tersiêre opleidingsgemeenskappe. Prof. Eugene Cloete, dekaan van die fakulteit natuurwetenskap, sê ’n konsortium van sentrums wat op waternavorsing fokus, gaan danksy die Nepad-inisiatief in Suid-Afrika, Malawi, Botswana, Zambië, Mosambiek en Namibië gestig word.
Dit word deur die Europese Kommissie gefinansier.
3 Desember 2009