AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Vader van Pinotage vereer

Die naam van die trofee vir die wêreld se top-Pinotage-wyn is na die Abraham Perold-trofee vir die Beste Pinotage verander om dié Suid-Afrikaner te vereer.

Die naam van die trofee vir die wêreld se top-Pinotage-wyn is na die Abraham Perold-trofee vir die Beste Pinotage verander. Luidens ’n verklaring van die Pinotage Assosiasie is die verandering tydens vanjaar se Internasionale Wyn- en Spiritualieë-kompetisie (IWSC) in Londen aangekondig. Die trofee se naam is verander om die “vader van Pinotage, Abraham Perold” te vereer.


Suid-Afrika se tuisgekweekte druifvariëteit Pinotage is in 1995 as ’n kategorie in die kompetisie bygevoeg. Sedert die instelling van die kategorie het Suid-Afrikaanse produsente nog elke jaar die trofee gewen. Vanjaar se wenner is die Rijk’s Private Cellar Pinotage Reserve 2006.


Pinotage is in 1925 deur prof. Abraham Perold by die Universiteit Stellenbosch gekweek met sy kruising van Pinot Noir en Cinsaut,  wat die samestelling van die Pinotage-kultivar tot gevolg gehad het.


Die nuwe borge vir die trofee is Absa en die Pinotage Assosiasie. Mnr. Beyers Truter, voorsitter van die Pinotage Assosiasie, sê die trofee sal die skepping van die druifsoort simboliseer. “Dit sal in die internasionale arena dus ‘n groot rol speel om produsente wat absoluut topgehalte-Pinotagewyne berei, te vereer”.


KWV, eienaar van die Abraham Perold-handelsmerk, ondersteun die oorname van die borgskap deur die Pinotage Assosiasie ten volle. Mnr. Thys Loubser, uitvoerende hoof van KWV, sê “Ons glo dit sal internasionaal groter gesamentlike dryfkrag gee ter verering van die nalatenskap van Pinotage én Perold”.

Op die meegaande foto vertoon mnr. Dave Hughes, Suid-Afrika se internasionale wynkenner en Sir Ian Good, die 2009 president van die IWSC, die nuwe trofee.


14 Desember 2009

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
-5.0%
Palladium
1,623.95
-2.8%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Betroubare opregte mense is n maklike humoristiese mens en kom
Ek is n Vriendelike omgee mens met hope humor en Bae liefde vir my medemens. Geniet die buite lewe en vang graag vis en Kamp graag. H
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot