
VAKATURES
Aansoeke word tans ingewag vir die volgende vakatures te CMW Elite Kroonstad:
TAKBESTUURDER
Aansoekers moet oor bewese ervaring binne die lewende hawe-bedryf beskik, aangevul deur baie goeie bemarkings- en onderhandelingsvaardighede. Goeie kommunikasievaardighede en verkieslik vorige blootstelling in ’n bestuurshoedanigheid sal u aansoek versterk terwyl vorige afslaerservaring voordelig sal wees.
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die oorhoofse bestuur van die bedryfspunt wat insluit personeelbestuur, koördineringsfunksies asook bemarking en werf van vee.
BEMARKER: LEWENDE HAWE
Aansoekers moet verkieslik oor vorige ervaring binne die lewende hawe-beroepsveld beskik en/of binne ’n bemarkingsomgewing gefunksioneer het. Kennis van veilings en die werf van vee asook skakeling met boere sal u aansoek versterk.
Goeie kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede en die vermoë om binne ’n baie mededingende mark en omgewing te funksioneer word verder vereis.
Die suksesvolle kandidaat sal onder meer verantwoordelik wees vir die werf van vee, hou van veilings, daaglikse skakeling met kliënte, ens.
Aansoeke kan gerig word aan die Senior Personeelbeampte, per epos robertm@ovk.co.za of faks 0866 325 983. Rig enige navrae aan Robert Mostert by 051 923 4506.
Sluitingsdatum: 6 Februarie 2011
11 Januarie 2012