AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
11 Nov
-
157,79
-1,69
Ave Wool - RWS
11 Nov
-
166,91
2,42
Beeste A2/3
11 Nov
-
60,08
-0,01
Beeste AB2/3
11 Nov
-
56,81
0,56
Beeste B2/3
11 Nov
-
52,15
-0,80
Beeste C2/3
11 Nov
-
48,73
-0,12
Bevrore Hoender
11 Nov
-
31,94
-0,12
Bokkies (onder 30 kg)
11 Nov
-
63,1
0,10
Bokooie
11 Nov
-
43,61
4,61
Groot (meer as 40 kg)
11 Nov
-
46,34
2,08
Hoender (IQF)
11 Nov
-
31,3
-0,20
Medium (30-40kg)
11 Nov
-
60,71
6,10
Pork Average
11 Nov
-
34,12
-1,93
Poultry Average
11 Nov
-
32,11
-0,25
Skaap A2/3
11 Nov
-
90,18
-0,27
Skaap AB2/3
11 Nov
-
75,17
-0,35
Skaap B2/3
11 Nov
-
72,99
-1,21
Skaap C2/3
11 Nov
-
69,21
-1,49
Speenkalf
11 Nov
-
36,96
-0,14
Spekvarke
11 Nov
-
34,51
-0,93
Stoorlammers
11 Nov
-
41,2
1,38
Varkwors
11 Nov
-
26,82
-1,04
Vars Hoender
11 Nov
-
33,1
-0,44
Vleisvarke
11 Nov
-
33,99
-1,96

Veeartse: Getalle geniet aandag

Die tekort aan veeartse is opnuut in die kollig geplaas deur die Kabinet se besluit om ’n diensjaar vir veeartse in te stel. Dr. Anne de Vos verduidelik die situasie.

Die min veeartse en ’n tekort aan veeartse op plattelandse gebiede is opnuut in die kollig geplaas deur die Kabinet se besluit om ’n diensjaar vir veeartse in te stel.


Dr. Ann de Vos, vise-president van die SA Veeartsenykundige Raad (SAVR), verduidelik wat tans die stand van sake in die veterinêre beroep is:


Al vir jare 'n tekort

Daar is ’n algemene tekort aan veeartse in die land en die tekort bestaan reeds vanaf die ontstaan van die beroep. Die opleiding van meer veeartse het nog nooit die tekort uitgewis nie, want die bevolking het vermeerder en boerdery word meer gespesialiseerd.

Daar is dus steeds ’n tekort, selfs al het die opleiding oor ’n tydperk van 30 jaar meer as vervierdubbel. In 1978, byvoorbeeld, is 45 veeartse opgelei teenoor die 190 in 2008.

 

Die belangrikste redes vir die jarelange onbeskikbaarheid van jong gegradueerdes op die platteland is die feit dat so baie jong mense oorsee gaan werk, deels as gevolg van die wisselkoers, misdaad en politieke onsekerheid.


Die versterking van die rand en die verhoogde Britse visumvereistes het mettertyd ’n verskil gemaak, en meer jong gegradueerdes doen deesdae aansoek om werk op die platteland.  


Aantal veeartse groei

Intussen groei die totale aantal veeartse jaarliks, al is dit baie stadiger as wat nodig is. Die aantal buitelandse veeartse wat die raadseksamen doen om hulle in Suid-Afrika te kom vestig, is telkens meer as die totaal wat uittree of emigreer. En die meeste van die jong mense wat oorsee gaan werk, kom wel in ’n stadium weer terug.

 

Die grootste krisis vir die veeartsenybedryf is die probleme wat groter is as net veeartsenydiens: Die gebrek aan waardering – deur die publiek en politici – vir boere wat kos produseer en die gebrek aan hulp en beskerming aan kommersiële boere.


Wat spesifiek veeartsenykunde betref, is die grootste krisisse die gebrek aan waardering vir die belangrike rol wat veeartse speel in voedselgesondheid, voedselsekerheid, en derhalwe die ekonomie en die oorlewing van die landbousektor.


Dit het onder meer gelei tot die agteruitgang van die Staatveeartsstelsel, van Onderstepoort as navorsingstasie – wat bekend gestaan het as van die beste in die wereld – en die krisis rondom Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP).


Dieresiektes nie behoorlik beheer

Die monitering van beheerde dieresiektes skiet tekort as gevolg van ’n groot klomp faktore – onder meer personeeltekorte, rompslomp as gevolg van die provinsialisering van dieregesondheid (wat ’n belangrike nasionale bate is) en botsende wetgewing.


Die beskikbaarheid van strategiese entstowwe by OBP (entstowwe wat nie elke dag gebruik word nie) het eenvoudig te duur geword om te produseer, tensy die Staat insien dat dit ’n nasionale bate is wat gesubsidieer moet word.


Die beskikbaarheid van veeartsenydienste op die platteland word beslis geraak deur die beskikbaarheid van die aantal veeartse – maar ook deur ander faktore. Dit is ’n fisiek uitputtende en telkens gevaarlike werk, met beserings en werksverwante siektes, soos slenkdalkoors, wat al meermale die hoogste tol geëis het.


Talle bedreigings

Die oorlewing van private praktisyns op die platteland word bedreig deur alles wat boerdery bedreig: droogtes, graanpryse en misdaad. Verder word tekorte wesenlik aangehelp deur leke wat hul diens teen laer tariewe aan boere aanbied. Die gevolg is dat veeartse nie ’n volhoubare bestaan op die platteland kan voer nie.


Dat daar dus probleme is, is gewis. Of dit as ’n krisis gesien moet word, sal afhang met wie jy praat en wat daardie persoon se vewysingsraamwerk is. Na my mening is daar baie hoop, want die probleme hierbo genoem is nie onoorkomelik nie.


Die SAVR is gedurig besig om hierdie sake na te vors, antwoorde te soek daarvoor en vennootskappe te sluit oor ’n breë front om die probleme holisties te kan benader.


Daar is tans ’n hele paar ontwikkelings wat ’n verskil behoort te maak.


Ontwikkelings

Die wetgewing oor die verpligte gemeenskapsdiensjaar word tans afgehandel. Dit sal beteken dat jong gegradueerdes, soos in die ander diens-beroepe, aangewend sal word waar daar behoefte is.


Dit sal val onder die toesig van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, en die SAVR spits hom daarop toe om te verseker dat die land én die jong mense daaruit baat sal vind.


Dit is verblydend dat die fakulteit van veeartsenykunde van die Universteit van Pretoris reeds die studente vir gemeenskapsdiens voorberei, deurdat die studente praktiese werk by gemeenskapsklinieke by Mamelodi en Mnisi doen, en dat daar ’n gees van toewyding onder die studente heers.


Die leerplan by die fakulteit doen baie om studente voor te berei vir produksiedierpraktyke, voedselveiligheid, Staatsveeartsenykundigediens, navorsing, dierewelsyn en primêre gesondheidsorg – om verder te kyk as net diere gesondmaak – en die globale uitdagings te identifiseer en die hoof te bied.


Die leerplan word tans verander en die eerste groep wat volgens die nuwe plan opgelei word, is reeds aan die gang. Die leerplan is opgestel met die land se behoeftes vooropgestel en dit behoort ’n wesenlike verskil te maak, onder meer deur die aanmoediging van produksiedierveeartse deur die beskikbaarstelling van beurse, ens. Daar word ook gewerk aan planne om meer studente te kan oplei.


Eksamens

Die SAVR het ook die toelatingseksamen na ’n rekenaargebaseerde eksamen verander, wat die aflê van die eksamen meer toeganklik maak vir aansoekers uit die buiteland.


’n Spesiale vergunning (bevoegheidspesifieke registrasie) is ook geskep om veeartse met besondere vaardighede toe te laat om in Suid-Afrika te werk sonder om ’n volledige toelatingseksamen te skryf. Dit het reeds’n verskil begin maak in gebiede waar daar ernstige tekorte was.


Die SAVR werk ook saam met die Dieregesondheidsforum om die dienslewering van Staatskant te verbeter.


Op ander vlakke word daar ook gedurig gekyk na maniere om die land se besluitnemers in te lig oor die waardevolle rol wat die beroep vervul.


• Die statistiek wat beskikbaar is oor veeartsgetalle is gebaseer op die inligting wat die veeartse self voltooi. Die inligting word ingewin op grond van waar hulle die meeste van hul tyd deurbring.




20 Oktober 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
-0.4%
Rand - Pond
20.66
+0.0%
Rand - Euro
17.80
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie
Goeie sin vir himor, baie eerlik, hou van die bosveld dan die see en wil net mens wees. en lewe nie alleen oud word Nie.
Passievolle lewenslustige omgee persoon.
Passievol en lewenslustige. Weet hoe om die lewe te geniet. Die lewe is hopeloos te kort vir drama. Bou die toekoms wat ek vir myself wil he. Baie om te bied aan die regte...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot