AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Veeartse in drukgang?

‘n Boervrou wat ‘n siek ram veearts toe geneem het, het geweier om die dier vas te hou, op versoek. 'n Debat op die gespreksforum het gevolg.

‘n Boervrou wat ‘n siek ram veearts toe geneem het, het geweier om die dier vas te hou nadat die vroulike veearts dit versoek het. ‘n Debat het op die gespreksforum gevolg.

Boervrou skryf:

Ek vat gistermiddag (‘n Sondag) 'n ram met moontlike Hartwater na ons plaaslike veeartse toe. Daar kom toe so 'n kleine vroulike bloedjong veearts na die bakkie om die ram te behandel. Sy sê toe dat ek asb. by die ram moet inklim en die ram moet vashou sodat sy hom kan ondersoek en behandel en inspuitings gee. My mond het oopgehang. Ek, op my ouderdom, moet 'n ram van 120/130kg vashou. Spring hy my om en spring uit die bakkie breek ons dalk altwee nekke of bene. Ek sê toe jammer maar sy moet 'n helper gaan kry en sy wip haar en loop.

Ná 'n halfuur kom die ander veearts met 'n helper wat die ram kon vashou. Hy is toe redelik ongeduldig en sê dat ons boere moet asb. oor naweke ons eie werkers saambring om siek diere vas te hou.

My punt is dat oor naweke is die konsultasiefooi dubbel so duur. Is dit nie 'n diens wat 'n veearts lewer waarvoor ons boere betaal, en is dit nie hulle plig om te sorg dat 'n helper beskikbaar is nie? Of is ek onredelik om te weier om 'n groot swaar dier vas te hou?

Vincent skryf:

Ek teel ook met Engelse bulhonde en jy sal my nie glo hoe die veeartse se pryse verskil as dit by keisers en inentings kom, dit is skrikwekkend! Sommige van hulle vra tot en met R2500 om ‘n "cherry eye" reg te maak waar n veearts 20km van my dit doen vir slegs R480. Dis ‘n prysverskil van R480 tot en met R2500! Ek het al gevra hoekom die pryse so hemelsbreed verskil: Die antwoord was "Meneer, jy moet dan maar van daai veeartse gebruik maak want ons prys is ons prys".

Gerhard Fuller skryf:

Ek voel dat indien hierdie veeartse nie by die raad gerapporteer kan word nie, hulle name onder die boere bekend gemaak moet word. Hoeveel van hulle sal nie dalk al uit hul praktyk uit gewees het indien die boere en ander diereliefhebers hulle nie ondersteun nie. Net soos enige ander instansie moet hulle ook ‘n uitstaande diens aan die gemeenskap kan bied en lewer waar in ruil daarvoor hulle gelukkige en langsblywende kliente sal verseker. Daar is baie en goeie veeartse wat regtig ‘n diens lewer omdat hulle ‘n passie vir mens en dier het en dans daar die wat dit beskou as ‘n 8 tot 5 "job".

Dassie Mulder skryf:

Ek wil nou nie weer anderster wees nie, maar die ding spook nou al heeldag by my. As dit normale ure was, miskien ‘n ander storie, maar julle praat van na-ure.

Ons het twee veeartse hier, ‘n man wat in die bodorp bly, praktyk langs die huis en ‘n vrou wat op ‘n plaas bly met ‘n praktyk in die onderdorp. Beide van hulle doen baie van hulle werk, en spandeer dus baie van hulle tyd, op plase. Skaapplase waar daar ‘n string arbeiders aan die kraalheining hang en wag dat die veearts sy ding kan klaar doen en hulle weer die skaap kan terugvat na hulle kamp toe. Beide van hierdie veeartse het swart vrouens wat hulle bystaan in die praktyke, waarskynlik meesal met skoonmaakwerk, en spuitnaald aangee, dié tipe ding. Ek sal nie een van die twee ‘n assistent wou noem nie. Die vroue-veearts neem haar vrou soms saam as hulle plase toe gaan, die man vat nie sy vrou saam nie. Op die plaas gee ek die werker om die skaap te hanteer.

Kom ons gaan terug dorp toe na-ure. Waar kry hierdie veeartse nou skielik ‘n assistent op Sondagmiddag? Hy kan mos nou nie een permanent op bystand in die garage aanhou vir ingeval iemand ‘n siek skaap inbring nie.

Alternatiewelik moet jy die veearts inlig dat hy ‘n assistent nodig sal hê sodat hy dié gou uit die township kan gaan haal. Op ‘n Sondagmiddag. Dit terwyl jy waarskynlik op die plaas hulp gehad het om die ram te laai en dus reeds iemand byderhand het om gou saam te gaan. As jy natuurlik die ram alleen kan laai, kan jy hom alleen vashou ook.

As ek nie bereid is om alleen die skaap vas te hou nie, vat ek ‘n helper saam. Hy geniet die trip dorp toe in elk geval meer as ek.

Miskien moet ons ‘n bietjie realsities ook wees so tussen ons regte deur.

Dr. Johan van Rooyen, veearts op Steynsburg, skryf:

Veeartse in die platteland raak skaarser by die dag. Hoekom? Dalk werksomstandighede?

Baie van ons het ‘n eenmanvertoning. Ons moet 24 uur, sewe dae in die week, aan diens wees. Ons verdien meestal nie 50% van wat veeartse verdien wat honde en katte dokter nie. Ons kan nie die luukse bekostig van drie assistente per dag (8 uur skofte) in die week nie, wat nog nog oor naweke.

Die minste wat ek vra is dat die eienaars van diere hulle kan hanteer. Ek het tientalle bytmerke aan my lyf van boerboele wat nog nooit maniere geleer is nie. Ek het ‘n yslike letsel van ‘n Nguni-horing wat deur my hand gesteek het in ‘n swak drukgang. My een knie is erger as ‘n Springbok-skrumskakel s’n van ‘n Brahmanbul wat my in ‘n (swak) drukgang geskop het.

Ek gee deesdae 15% korting op fooie vir poenskopdiere in ‘n ordentlike drukgang. Ek weier om leeutemmer te speel met ongedissiplineerde honde en ek hou nie ‘n ram vas nie want dan kan ek nie goeie werk lewer nie. Om ‘n nugter werker in die township te kry oor ‘n naweek is deesdae meer as onmoontlik.

‘n Stadsjapie bel my eendag: Ek moet sy netjiese stoetkoeie kom voel op ‘n Saterdag. Vra toe grappenderwys vir ‘n tafel en stoele, sambreel, koue vrugtesap en ‘n bier vir ná die tyd. Groot verrassing. Alles net so gereël met warm water, seep, handdoek en handeroom vir na die tyd. Na sewe jaar doen hy dit nog steeds. Hy kan my enige tyd dag of nag bel ek sal altyd onmiddellik reageer. Maar die manne wat jou op ‘n Saterdagmiddag bel van die gholfbaan af en vra jy moet veepos toe gaan vir ‘n kalwingsgeval nadat jy die werkers by hulle huise moes uitsnuffel kan gaan doppies blaas.

Wouter Schreuder skryf:

Vertel hulle dokter, veral die Probeerboere wat hul plase vanaf Randpark Rif-Gholfbaan wil bestuur.

Boervrou antwoord:

Die praktyd het ses veeartse. En 'n paar swart helpers. Net soos die veeartse diens doen oor 'n naweek kan daar 'n helper ook op diens wees. Ek verstaan heeltemal dat 'n veearts nie kan vashou nie want dan kan hy nie sy werk doen nie. Maar om ongeduldig te wees omdat 'n baie ouer persoon nie kans sien om 'n ram alleen vas te hou nie is ook nie in my oë reg nie. As die ram gespring het en van die bakkie afgeval het op wie sou die skade bereken word? Of sou ons al twee van die bakkie afval en ek breek my heup wat dan? Dit is die punt wat ek probeer stel.

Leon Kruger skryf:

Ek handhaaf my ou en afgesaagde standpunt dat mens niks met 'n skaap kan doen as jy hom nie kan hanteer nie. Die kere wat ek veeartsstudente sien vir praktiese opleiding dan druis ek dit ook by hulle in. En nie bloot hantering nie maar die regte hantering. Wat help dit om 'n gespanne en gestresde dier te ondersoek, want jy gaan mos 'n vals prentjie kry ten opsigte van hatklop, asemhaling en selfs temperatuur. Ek verkies om my skape en bokke self te hanteer met ondersoeke, (Johannes 10:14), want as hulle alreeds siek is wil ek hulle nie nog verder stres nie. Daarmee seg ek nie jy het nie reg opgetree nie, ek reken net dat daardie assistent nie die skaap so reg kon hanteer soos wat jy sou nie.

12 Oktober 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.34
+0.7%
Rand - Pond
21.05
+1.1%
Rand - Euro
18.15
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.60
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+0.8%
Goud
1,771.82
+0.2%
Silwer
22.19
-0.3%
Palladium
1,856.14
-1.1%
Platinum
991.00
-0.9%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,420
-0.2%
Alle aandele
74,557
-0.2%
Hulpbronne 10
73,980
-1.1%
Industriële 25
91,397
-0.1%
Finansiële 15
15,738
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Baie om te bied niemand om mee te deel.
Ek is n ongekompliseerd man wat net opsoek is na goeie geselskap en moonlike geluk in die toekoms dis al.
Son en see mens.
Eks stil en op my plek. Praat met diere darem nog nie met my self nie. Hou van berg klim en fiets ry. Visvang en rugby glad nie my ding nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot