
“Ons stel met trots bekend Landbouweekblad Vee, ’n spesiale publikasie deur Landbouweekblad wat eksklusief klem lê op alles wat die moderne vee- of wildboer moet weet: Van kraalbou en dieregesondheid tot die nuutste ontwikkelinge in genetika, asook plaasbesoeke aan Suid-Afrika se voorste veeboere. Veeboere kan nie bekostig om hierdie publikasie mis te loop nie!” aldus Chris Burgess, redakteur.
Dié boek vertel jou hoe om ’n kraal te bou, ’n bul te koop, verse weer beset te kry, skape reg te voer en hoem sonder grond te boer. Van die ander artikels in die boek is voorspellings oor wat die vleispryse gaan maak, slagters maak geld uit voorkwart, alles oor rooiwater en hoe om teen wurms selekteer.
Die boek kos slegs R35,00 en is nou te koop by uitgesoekte winkels. Bestel die boek: * Koop die boek op ons se webwerf by: www.winkel.landbou.com of klik hier. * Om ’n digitale weergawe te koop, gaan na www.mysubs.co.za/magazine/landbou-vee of klik hier. * Of kontak Johan Terblache by tel: 021 406 4962021 406 4962
Sien boek se voorblad hieronder.