
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se jongste statistiek toon dat daar in die afgelope maande ’n skerp toename in veediefstal was.
Vanaf 1 Julie vanjaar tot 30 September het veeboere R75 562 500 weens die diefstal van beeste verloor, terwyl R20 670 000 weens skaapdiefstal en R9 307 200 weens die diefstal van bokke verloor is.
In dié tyd is 16 133 beeste gesteel waarvan 6 058 teruggevind is. Die verlies was dus 10 075 beeste. Wat skape betref, is 21 941 gesteel waarvan 4 716 teruggevind is. Altesame 2 635 van die gesteelde bokke is teruggevind, maar 6 648 kon nie opgespoor word nie.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 4 Desember 2009.
27 November 2009