AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

Veesiektes (12) Voorkom verliese met inenting

Die inenting van kleinvee kan siektes bekamp en groot verliese voorkom.

Om die beste waarde uit entstowwe te kry, moet dit reg toegedien word. Boere moet dus verstaan wat entstowwe is en weet hoe hulle werk.

Net soos mense, ontwikkel diere immuniteit teen mikro-organismes as hulle daaraan blootgestel word. Dit is die proses van natuurlike immunisering. Daar is egter risiko's verbonde aan natuurlike immunisering - die dier word siek, verloor kondisie, kan permanente skade opdoen of vrek van die siekte.

Entstowwe is ontwikkel om hierdie risiko's van natuurlike inenting te vermy. Die mikro-organismes in entstowwe is óf dood óf hulle is verander (verswak) sodat hulle nie meer die siekte kan veroorsaak nie. Entstowwe verwek 'n imuunrespons deur middel van teenliggaam-stimulasie of die verwekking van sellulêre komponente van die immuunstelsel. Daar sal 'n verskil in die effek van entstowwe op diere wees omdat die immuunstelsels van individuele diere verskil.

Inenting speel 'n belangrike rolby die bestryding van kleinveesiektes. Entstowwe sal egter net doeltreffend wees as 'n mens dit reg hanteer, indien jy die regte soort gebruik en as dit reg toegedien word.

Entstowwe bestaan uit biologiese materiaal en het net 'n beperkte leeftyd. Hanteer dit daarom met sorg. Die temperatuur waarteen entstowwe opgeberg word, is baie belangrik. Boere moet seker maak dat hulle altyd by 'n betroubare handelaar koop wat die entstowwe teen die regte temperatuur opberg. As die koöperasie entstof op die toonbank opberg, of 'n verkoopsagent dit sonder verkoeling agter op 'n bakkie vervoer, is die entstof nie geskik vir gebruik nie.

Ook op die plaas moet die boer die entstof teen die regte temperatuur opberg. Die meeste entstowwe word in 'n yskas (4 °C tot 8 °C) gehou. 'n Vrieskas is nie geskik nie en as die yskas per ongeluk vries, kan die entstof nie gebruik word nie. Wat bevriesing betref, is hartwater-entstof die enigste uitsondering, maar dit moet teen 'n baie laer temperatuur gehou word as dié van 'n gewone vrieskas. Dit moet dus op droë ys of in vloeibare stikstof gehou word (-40 °C). 'n Gewone vrieskas se temperatuur is -20 °C en is dus nie geskik daarvoor nie.

Wanneer die boer reg is om diere in te ent, moet die entstof in 'n koelsak geplaas word met yspakke. Dit hou die entstof koel en beskerm dit teen direkte sonlig.

Die voubiljet is 'n baie belangrike komponent van entstof. Lees dit deeglik sodat die regte voorbereiding en beplanning gedoen kan word vir die toediening van die entstof (as 'n mens byvoorbeeld die entstof moet verdun). 'n Ander deel van die voorbereiding is die sterilisasie van naalde en spuite deur dit vir minstens 15 minute lank te kook. Naalde en spuite sal nie gesteriliseer wees as daar net kookwater daaroor gegooi word nie. Boere moet ook onthou dat ontsmettingmiddels nie geskik is vir die sterilisasie van spuite en naalde nie.

Die gebruik van onsteriele naalde en spuite kan absesse by die inspuitplek en selfs bloedvergiftiging veroorsaak.

Sodra die voorbereidings getref is, moet die entstowwe opgebruik word. Moenie entstowwe waarvan daar reeds gebruik is, bêre nie. As 'n outomatiese spuit gebruik word, moet dit reg gekalibreer wees om die regte dosis toe te dien. By die toediening van 'n entstof moet die diere se ouderdom, die geslag en die stadium van dragtigheid in ag geneem word. Die regte manier en plek van toediening is baie belangrik. Inspuitings op die verkeerde plek kan knoppe en mankheid veroorsaak en die entstof ondoeltreffendheid maak.

As die boer een entstof met ander entstowwe of produkte (soos vitamiene) meng, sal dit die produkte nadelig beïnvloed en mag dit selfs toestande soos sponssiekte veroorsaak.

Generiese inentingsprogramme kan as 'n raamwerk vir 'n inentingsprogram gebruik word, maar om ekonomies te wees, moet dit aangepas word by die toestande op die spesifieke plaas. Elke boer moet bepaal watter siektes op sy plaas voorkom en dan 'n inentingsprogram met behulp van 'n plaaslike veearts opstel. Die veearts kan die boer help om die program aan te pas en te integreer met bestuurspraktyke op die plaas, soos dip, skeer en ontwurming.

Stel die program só op dat diere betyds ingeënt word vir die entstowwe om voldoende beskerming te gee as die siekterisiko hoog is. Dit is belangrik omdat die werking van die entstowwe se immuunreaksie tyd kos om plaas te vind. Die meeste entstowwe neem ten minste 14 dae om immuniteit te verwek. Boere moet in gedagte hou dat baie geïnaktiveerde (dooie) entstowwe aanvanklik twee keer toegedien moet word voordat volle immuniteit ontwikkel.

Met bloutong-entstof moet daar ten minste twee maande voor die somer ingeënt word. Dit is omdat boere hul diere drie keer agtereenvolgens hierteen moet inent, met 'n tussenpose van drie weke tussen inentings.

Die toediening van entstowwe nadat 'n siekte uitgebreek het, is problematies. Gewoonlik is dit te laat, want al lyk die diere gesond, kan hulle in die inkubasiestadium van die siekte wees. Die ergste scenario is dié van siektes soos sponssiekte en Slenkdalkoors wat tydens uitbrekings deur die spuit se naald van een dier na 'n ander oorgedra kan word.

Die ander belangrike konsep wat verstaan moet word, is dat entstowwe nie genesend is nie. Dit help dus nie om siek diere in te ent nie.

Omdat inenting 'n interaksie tussen die entstof en die dier is, sal dit nie in alle diere heeltemal doeltreffend wees nie. 'n Klein persentasie diere sal nie goed reageer op immunisering nie omdat hul immuunstelsels inherent ondoeltreffend is.

Die immuunstelsel word ook benadeel deur swak voeding, hoë parasietladings en die invloed van chroniese siektes. Sulke diere sal nie goed reageer op immunisering nie.

Selfs diere met 'n goeie immuniteit se weerstand kan soms oorweldig word as baie kieme teenwoordig is. Met siektes soos Brucella ovis wat bybalonsteking by ramme veroorsaak, moet boere erg besmette diere uit die kudde haal om die aantal besmetlike organismes te verminder.

'n Mens kan dit nie genoeg beklemtoon nie dat entstowwe bederfbaar is en 'n beperkte leeftyd het. Dit moet reg opgeberg word en nie ná die vervaldatum gebruik word nie.

Soos alle ander middels is entstowwe nie wondermiddels nie en moet hulle versigtig gebruik word. Hulle kan by 'n klein persentasie diere newe-effekte veroorsaak. Allergiese reaksies kan dan ontstaan by diere wat 'n vinnige skokreaksie ontwikkel. Gewoonlik sal diere herstel van dié reaksie, maar daar kan noodlottige gevalle wees.

Allergiese reaksies is 'n genetiese eienskap en sal dus meer algemeen by stoetdiere gesien word. Behandeling met antihistamien of kortisoon kan noodlottige gevalle voorkom.

Geïnaktiveerde entstowwe bevat chemikalieë (adjuvante) wat die immuunreaksie bevorder. Hulle kan 'n reaksie veroorsaak by die plek van inspuiting.

Naaldhigiëne is dus belangrik. Onhigiëniese praktyke kan knopvorming vererger en absesse veroorsaak. Entstowwe met olie-adjuvante (olie-bloednier/ensoötiese aborsie) moet streng volgens die aanbevelings toegedien word omdat die inspuitings pyn en ongemak kan veroorsaak.

Lewende entstowwe kan spesifieke newe-effekte hê, soos die bloutong-entstof wat misvormde lammers kan veroorsaak as dit in die eerste helfte van dragtigheid toegedien word. Daarenteen is dit heeltemal veilig indien die boer dit in die tweede helfte van dragtigheid toedien. Miltsiekte-entstof kan soms groot swelsels veroorsaak, veral by bokke, en moet dus nie in die nek toegedien word nie.

  • Navrae: Dr. Pamela Hunter, tel. 012 545 0004; e-pos: pamela.hunter@afrivet.co.za.

    Dr. Hunter is die tegniese bestuurder van Afrivet Business Management.

    Program vir skape en bokke

    Dit is moeilik om 'n vaste inentingsprogram vir alle boere te gee, omdat toestande van plaas tot plaas verskil. Raadpleeg plaaslike veeartse ten einde die program te verfyn. Die program wat hier volg, behoort dus net as 'n riglyn gebruik te word.

    Jong lammers:

    Op plase waar pasteurellose voorkom, kan boere lammers op 'n ouderdom van twee weke inent. Die inenting moet drie tot vier weke later herhaal word. As Corynebacterium ovis-absesse op die plaas voorkom, moet lammers terselfdertyd daarteen ingeënt word. In geval van 'n hartwater-inenting, moet die boer dit doen voor die lammers drie weke oud is.

    Speenlammers (vyf tot ses maande):

    Boere behoort speenlammers op alle plase teen bloednier en sponssiekte in te ent. Multikomponent-entstowwe wat tot 10 verskillende organismes bevat, is baie gerieflik. Die entstowwe moet met die eerste inenting twee keer toegedien word en daarna moet die diere 'n jaarlikse skraagdosis kry.

    In hierdie ouderdomsgroep kan die boer die bloutong-entstowwe A, B en C aan lammers gee, met 'n tussenpose van drie weke tussen inentings. 'n Miltsiekte-inenting kan saam (saam of terselfdertyd) met die Clostridium- of die bloutong-entstof gegee word. Net een inenting is nodig, met 'n jaarlikse skraagdosis daarna. Lamsiekte-inentings mag op sekere plase nodig wees.

    Op plase waar Brucella ovis 'n probleem is, moet net die ramlammers op vyf maande met 'n enkele dosis ingeënt word.

    Ooie voor dekking:

    Bloutong-inenting kan nege weke voor dekking begin word om genoeg tyd toe te laat vir drie inentings. As ensoötiese aborsie 'n probleem is, moet daar ses weke voor paring daarteen ingeënt word. Hierdie tydperk is ook ideaal om Slenkdalkoors-immunisering te doen.

    Dragtige ooie:

    Clostridium-entstowwe wat klem-in-die-kaak, bloedpens, bloednier en die sponssiekte-organismes bevat, is noodsaaklik om immuniteit vir lammers in die biesmelk te voorsien, asook om die ooie te beskerm teen siektes soos baarmoedersponssiekte. As bloutong-inenting nie voorparing afgehandel is nie, kan in die tweede helfte van dragtigheid daarteen ingeënt word.

    Waar pasteurellose 'n probleem is, kan ooie ingeënt word om lammers te beskerm. In intensiewe stelsels waar E. coli vrektes by pasgeborenes veroorsaak, kan ooie daarteen ingeënt word. Die inentings kan saam met dosering teen parasiete gedoen word.

    Dragtige ooie moet versigtig gehanteer word om aborsies te voorkom.

    Ramme:

    Ramme moet van speenouderdom af jaarliks inentings teen bloutong, Slenkdalkoors en 'n kombinasie van Clostridium-verwante siektes, asook inenting teen miltsiekte kry.

    Inentings teen Pasteurella en lamsiekte kan gedoen word as dit nodig is.

    Bokke: Die inentingsprogram vir skape kan as 'n riglyn vir bokke gebruik word. Bokke is nie vatbaar vir bloutong nie, so die entstof daarvoor kan uitgelaat word. Bokke kan hewig op die hartwater-entstof reageer. As daar teen hierdie siekte ingeënt word, moet dit met die samewerking van 'n veearts geskied.

    3 September 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.08
-0.2%
Rand - Pond
20.91
+0.9%
Rand - Euro
18.65
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.6%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,020.69
+0.9%
Palladium
1,651.58
-1.1%
Goud
1,912.75
-1.9%
Silwer
23.45
-2.2%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,629
-0.1%
Alle aandele
79,802
-0.0%
Hulpbronne 10
74,686
-0.6%
Industriële 25
102,624
+0.1%
Finansiële 15
16,551
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot